Slim vang (nie) sy eie baas

Liewe kind
Liewe kind
Luister asseblief wanneer Ek vra
My hart begeer vir jou om altyd by My te wees

In ‘n Hemelse Woning
Sal jy saam met woon
Saam met die vir wie jy is lief is
As hulle ook lief was vir My

Dood en sterf
Is nie permanent nie sê die Heer
Liewe kind Ek wil jou wys
Die vryheid wat jy in My sal vind!

Vry van alles
Wat jou terughou
Vry van die sonde
Wat jou so gou omring

Liewe kind vir jou het Ek gekom
Vir jou het Ek gely
Sodat Ek en jy
Vir altyd saam kon wees

Ek weet partykeer
Is dit moeilik om te verstaan
Dat Ek jou so baie liefhet
Maar liewe kind dit is waar

Om aan te hou glo
Voel dikwels baie vêr
Geloof
Staan dan nie ‘n kans

Liewe kind dis dan wanneer jy moet vashou
Wanneer jy voel
Asof jy en alles om jou gaan meegee
Dis veral dan wat jy moet vashou en nie moet opgee – dan veral

Geloof, liefde en hoop
Woon in My hart
Saam wil hulle ook in jou hart woon
Waarlik een met jou wees

Liewe kinders moenie doen
Wat die wêreld van julle vra nie
Doen eerder wat Ek van julle verwag
Daarin sal julle die Lewe vind en so dan vir altyd saam met My wees

Van die BLOED van My Seun
Totdat vergifnis in jou hart woon
Liewe kind kom en sien
En weet, Ek weet

Ek weet alles van jou
Tog bly Ek lief vir jou
Het jy al ooit daaroor gewonder?
Het jy al daaraan gedink?

Ek weet dit is net My Seun se bloed en offer
Wat jou kan bevry
Jou waarlik kan vrymaak
Van die afgryslike kloue wat om jou polse vou

Liewe kind kom!
Laat toe dat Ek jou vrymaak
Die kettings om jou enkels verbreek
Kyk die bloed loop al!

Liewe kind kom!
Kom asseblief!
Dood klop al aan jou deur
Verwag van jou om vir hom oop te maak

Het die vyand nog nie genoeg gesteel nie vra die Heer
Jou kinderlewe toe jou prille jeug
Nou vir My
Is dit nie genoeg?

Liewe kind ASSEBLIEF kom!
Ek wil jou binneste gesond maak
Ek wil hê jy moet sterk wees
Vir alles wat jy in hierdie lewe moet aanpak

‘n Lewe saam met My
Dit is al wat alles vir jou gaan verander sê die Heer
Als wat dit gaan beter maak
Al die moed wat jy benodig is in My

Julle glo nie dat Ek die beste weet
Ek kan sien
Liewe kind daar is niks wat jy vir My kan wegsteek nie
Ek kyk regdeur jou onthou

Die kere wat jy vra
Maar nie rerig bedoel wat jy sê
Die kere wat jy vra
Maar nie rerig omgee om My antwoord te hoor

Liewe kinders
Hoekom is dit so?
Hoekom?
Dis so moeilik vir My om te begryp

Dis asof julle nie glo
Dat Ek rerig omgee nie
Dis asof julle nie glo
Dat Ek rerig wil help nie

Julle hou aan dink
Almal anderste se raad
Is beter
As Myne

Liewe kind, liewe kind
Dink en glo!
Die sterfte van My Seun aan die Kruis van Golgota
Dit het My liefde vir altyd kom bewys!

Kom na My
Kom nader, Ek wil jou wys
Presies hoe baie Ek omgee
Dit begin by jou wat kies om My te begin deel maak

Maak My deel van jou lewe
Maak My deel van jou finansies
Jou geldelike probleme
Tiende betaal … dit is nou ‘n wyse begin

Liewe kind Ek wil hê jy moet weet
My antwoorde is anders as die wêreld s’n
My antwoord is die Bybel
En al die wyshede wat daarbinne woon

Ja liewe kind dit gaan moeilik wees in die begin
Om te stap in vertroue en gehoorsaamheid is nie altyd maklik nie
Maar het jy geweet Ek werk aan jou karakter
En die vrugte wat jy nou en tot in ewigheid sal kan pluk?

My wysheid is soveel beter as die wêreld s’n
Is daar iemand daarbuite wat wil hoor?
Is daar iemand wat omgee om te hoor?
Wie wil slim word? vra Hy

Nie slim soos in die wêreld se oë nie
Slim in My oë liewe kind
Dis die slim
Wat sy baas nooit nie sal kan vang

Liewe kind … Kom
Ek het jou nou al hoeveel kere nader genooi
Wanneer …
Wanneer gaan jy kom en omgee om te hoor?

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment