Weg van Wysheid & Lewe

U liefde verwarm my hart
Dit maak alles om my baie mooi
Ek hoop en wens so
Hierdie wêreld kan U sien vir wie U rerig is

‘n God van barmhartigheid en genade
‘n God van soveel liefde en ware omgee
In aansien en heerlikheid
Vat U beslis die kroon

Maak ons oë oop liewe Vader
Vir alles wat van U is
Vir U waarheid
Ons wil weet wat in U binneste lê

Help ons om te verstaan
Gee aan ons die genade
Om rerig te weet en te verstaan
Hoe lief U verlore mense het en waar U hulle wil gaan haal

So dikwels het ons so vêr afgedwaal
Van U hart en van U wil
Ons sal dit nie eers herken
Al klop dit aan ons deur

Vader ons wil U ken
Ons wil die dieptes van U hart vind en dit oordink
Ons wil weet presies watter liefde maak
Dat U soveel bemoeienis met ons het

Ek is so dankbaar
Vir die mense in hierdie wêreld
Wat in U voetspore volg
Die wie U liefde bly uitdeel

U liefde is die mooiste ding
Waarvoor hierdie wêreld ooit kon vra
In liefde, barmhartigheid en genade
Het U van die Hemel neergedaal

Om ons een met U te maak
Om ons weer te versoen
Ek wens so ek kon weet
Presies wat in U binneste lê

Suiwer liefde liewe kind
Suiwer liefde
Dit is wat jy
Daarbinne sal vind

Meer van U wil ek weet
Meer van U wil ek leer
Vader leer my asseblief deur U Gees
Wat belangrik vir my moet wees

Ek wil in U voetspore volg
Ek wil loop waar U gewandel het
Liefde, hoop, genade, vergifnis
Aan hierdie wêreld bly uitdeel

Die aanloklikhede van hierdie wêreld
Maak dit minder as niks vir my
So dikwels maak dit ons baie moeg
Sonde verniel, dit verkrag ons hart en siel

Hoekom is dit so moeilik om die effek van sonde te sien?
Te sien wat dit aan ons, ons families en lewens doen?
Vader ons kies die dinge van hierdie wêreld
So vinnig bo-oor U

Ons verstaan nie
U wil so graag hê ons moet kom
Dalk hoor ons die boodskap verkeerd
Dalk verstaan ons nie wat U bedoel

Vader help ons om hand in eie boesem te steek
Om te sien waar ons verkeerd doen
Dit te erken en te bely en dan
Saam met U daaraan te werk sodat ons dit kan laat staan

Vader help ons om te glo U is daar
Al wil die vyand
Ons van presies die teenoorgestelde
Probeer oortuig

Vader ek weet U is die Een wat leef en ons liefhet
Koning van die heelal
God oor alles en almal
U hou die hele wêreld in die holte van U hand

Sal enige iets ooit
Vir U te wonderbaar wees?
Nee is die antwoord
‘n Duisend maal oor

Wat Ek gister gedoen het
Wil Ek ook nog vandag doen sê die Heer
Ek wil hê jy moet kom
Alles in My hand oorgee en My vertrou

Liewe kind jy sal vind
Ek weet waarvan Ek praat
Ek weet wat jy nodig het
Al is daar soveel geraas rondom jou

Die wêreld sê doen dit sus
Ander sê weer doen dit so
Liewe kind kom na My
Op die Weg van Wysheid wil Ek jou lei

Nie net wanneer jy My nodig het nie
Nie net wanneer jy knie-diep in die sop beland nie
Liewe kind Ek wil jou altyd help
Elke dag wat jy bestaan

Kom na My, kom na My
Begin om te doen wat Ek van jou vra
As jy sou kom, as jy net wou begin
Sou jy sien Ek weet so wat die beste is vir jou

Ek het die berge en dale gemaak
Die see en alles daarin
Liewe kind asseblief sal jy kom
My begin vertrou met die nood wat in jou hart woon?

Ek kan alles beter maak … Het jy geweet?
Daar is niks en niemand, geen situasie
Wat Ek nie met My liefde kan aanraak en beter maak nie
Geen probleem wat Ek nie kan draai vir My eer nie

Liewe kind, liewe kind
Kom na My
Asseblief
Kom luister na My

Ek wil jou leer
Al die slimheid wat in My hart woon
Voordat hierdie wêreld geskep is
Het dit alreeds bestaan

Ek wil My wysheid met jou deel
Ek wil jou leer die Weg waarop jy moet gaan
Liewe kind dis die Weg van die Lewe
Wandel op Hom en vir ewig sal jy verseker saam met My wees.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment