Grootste Liefde

My lewe het Ek gegee
In die plek van joune sê die Heer
Sê My liewe kind
Watse liefde is dit?

Vandag vier julle Valentynsdag
Sê vir My kan die liefde van hierdie wêreld
Ooit vir ‘n oomblik vergelyk
Met die liefde wat Ek in My hart vir jou voel?

Daardie liefde
Is so ONEINDIG GROOT
Met My is dit Valentynsdag
Elke liewe dag van die jaar

Sal jy vandag asseblief vir ‘n oomblik aan My dink?
Sal jy dink aan die feit dat Ek jou so ongelooflik baie liefhet?
Sal jy dink aan die feit dat Ek wil hê jy moet vir altyd by My wees?
Sal jy dink aan die feit dat jy My hart en liefde in die holte van jou hand hou?

Liewe kind asseblief moet die liefde
Wat Ek in My hart vir jou voel NOOIT wegwys nie
Dit sal genoeg wees om My hart te breek
Dit sal maak dat Ek vir altyd in trane sal wil wees

Liewe kind asseblief sê vir My jy verstaan
Sê vir My jy weet waarvan Ek praat
Verstaan jy wat Ek bedoel?
Sal jy die GROOT LIEFDE waarvan Ek praat jou deel maak?

Sal jy ook met My jou diepste lief-geheimpies deel?
Sal jy … Liewe kind Ek verlang so om te hoor
Sagte woorde van omgee wil Ek so graag ook uit jou mond hoor … Sal jy liewe kind?
Sal jy ook met My deel dit waarvan net jy en jou geliefde weet?

Dit is hoe baie lief Ek jou het liewe kind
Meer as wat enige minnaar op hierdie aarde ooit vir Sy geliefde kan voel
Dit is wat Ek vir jou voel
Jy en jou liefde is alles vir My

Dit wen My hart elke keer
As jy in stille aanbidding voor My kom neerbuig
Met die sagste hart en mooiste liefde ooit
In My hart kom fluister ‘Vader, Jesus ek is lief vir U’

Dit ‘boul’ My om
Dit wen My hart elke keer
Dit is die mooiste woorde ooit
Wanneer My geliefde ook vir My sê ‘Ek bemin U’

Ek kan nie eers in woorde sê wat dit vir My beteken nie
Dit wen My hart
Dit wen My hart
Elke liewe keer!

Liewe kind Ek wil hê jy moet weet
Tot op die einde sal Ek met alles in My
Hand-en-tand vir ons liefde baklei
Ek sal seker maak dat ons vir altyd saam sal wees

Dankie liewe kind, dankie dat jy lief is vir My
Dankie dat jy My toelaat om in jou hart te woon
Dankie dat Ek vandag net soos elke ander dag
Jou liefde kan ervaar, kan hoor hoe lief jy is vir My

Jy sal altyd My Valentyn bly sê die Heer
Die een wat My hart gesteel het die eerste keer toe My oë joune vang
Toe het Ek geweet jy is Myne, die een wie My hart kon kry
Daar en dan het Ek My hart op jou verloor

Dankie My Bruid
Vir al die soete liefdeswoordtjies
Wat jy so gereeld in My oor kom fluister
Ek is so lief daarvoor, sien so uit om dit te hoor

Ek hoop jy weet
Hoe ongelooflik kosbaar
Jy en jou liefde
Vir My is

Vir altyd sal ons saam wees
Vir altyd en altyd en altyd
Niks sal ons ooit kan skei
Dit help nie eers die dood probeer

Dankie liefste Vader-God vir hierdie boodskap uit U hart
Dankie vir U liefde
Dankie vir U trou
U bly verseker vir altyd ook ons Valentyn

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment