Etiket: skaam+vir+God

  • Die lewe deur Jesus se oë

    Die lewe deur Jesus se oë

    U is liefde so mooi
    En my hart is so dankbaar daarvoor
    Niks-niks Abba-God
    Niks is daar wat U nie kan doen

    Dit bly vir my so mooi Abba
    So mooi
    Om U hand in werking
    Hier op planeet aarde te sien

    Dankie liefste Abba
    Dankie, dankie, dankie
    Dat U liefde bly uitdeel
    Selfs ook vir die wat U nie wil ken

    Hulle mis so uit
    So uit
    Sê Daddy-God se kind en U so gereeld
    Oe Pappa ek wens, ek wens hulle kon sien

    Ek wens hulle kon sien
    Hoe U in alles is
    Wat so baie mooi is
    Abba want U is so mooi

    My hart is verstom
    Rerig Daddy-God
    As ek so oor die aarde kyk
    En ek sien … dit is my God!

    Want Abba U is so mooi
    So so mooi
    Mense glo dit nie
    Hulle wil nie weet

    Dis so gereeld Daddy-God se kinders
    Dat Ek vir julle die mooiste liefdesverhale aarde toe stuur
    Dat julle kan glo en sien
    Dis wat Ek so graag saam met julle wil hê

    Oe kinders sê ons liefste Pappa
    Dit bly vir My so mooi
    Dit dra vir My soveel waarde
    Die van My kinders wat My eer in hulle aardse verhoudings

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Ek weet dat julle partykeer skaam kry
    Oor die waardes wat Ek julle vra om te dra

    Ek weet julle wonder
    Dikwels
    So gereeld
    Is dit nie bietjies te veel gevra

    Pappa-God se kinders
    Ek weet sê Pappa, Ek weet
    Julle staan dikwels uit
    Soos ‘n beer met ‘n seer tand

    Partykeer is dit so swaar
    Sê Daddy-God aan Sy kinders
    Om te bely, om te erken
    Ek is God se kind

    Ek weet sê Pappa-God
    Dat julle dit baie kere
    Nie eers wil erken
    Want julle kry so skaam, julle kry skaam vir My

    Ek weet sê Abba-God
    Seuns, dogters van My hart
    Dat julle dikwels wonder
    Kan ek ooit ‘n verskil maak?

    Pappa se kinders
    My liefste-liefste kinders
    Ek weet, Ek sien
    Julle lewe in ‘n wêreld baie donker

    Die dae is boos
    My liefste kinders
    So, so boos
    Ek weet dat julle dit ook sien

    Dis asof My liefste seuns en dogters
    Daar iets verkeerd
    Agter elke hoek en draai wag
    Mense is nie meer baie lief vir dit wat goed en mooi is

    Ek weet liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Julle word gereeld gekonfronteer met dinge wat nie van My is
    En dan wonder jy hoe nou gemaak?

    Oe kinders sê Abba
    Oe kinders
    Ek weet, gereeld dat Ek sien
    Dis swaar, moeilik en donker om jou lig vir My te skyn

    Ek weet
    Liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Dat die wêreld swaar kry onder Satan se beheer

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dis gereeld dat hy kyk
    Hoe kan ek hierdie wêreld nog vuiler maak?

    Ek weet
    Liefste kinders
    Ek weet sê Daddy-God
    Dat dit nie altyd maklik is

    Pappa se kinders
    Tog
    Tog wil Ek hê
    Dat julle iets sal weet

    Julle wat partykeer wonder
    Gee God om
    Gee Hy rerig om
    Oor hoe ek my lewe leef

    Oe Pappa se kinders, oe
    Ek doen so baie
    Want Ek weet
    Die verskil wat dit in mense se lewens kan maak

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Daar’s soveel dinge
    Soveel dinge wat Ek vir julle kan vertel

    Weet gerus My liefste kinders
    Seuns en dogters van God
    Dat julle waarde soveel dieper lê
    As wat die wêreld van jou sê en dink

    Dis gereeld sê Daddy
    Wat Ek julle daaraan wil herinner
    Dat Ek wil sê
    Kind saam met My kan jy

    Oe Pappa se kinders
    Sê Daddy-God
    Die waarde wat julle elkeen
    In My hart dra

    Ek wil net vandag vir julle kom vertel
    Liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Dat Ek weet wat julle nodig het

    Het julle geweet
    Liefste kinders
    Sê Abba-God
    Dat Ek julle elkeen se lewensstorie kan gebruik

    Ja liefste kinders
    Sê Abba-God
    Daar’s soveel potensiaal wat lê
    In jy wat jou storie vertel

    Oe Pappa-God se kinders
    Ek vra julle
    Kyk na My
    Nie die verkeerde een

    My liefste kinders sê Pappa-God
    Die verkeerde pad
    Die hoer van hierdie vuil wêreld
    Sy kyk dikwels hoeveel sy saam met haar kan neem

    Ja liefste kinders
    Sê Abba-God
    Die Bybel sê mos, Spreuke as Ek reg is
    Haar weë is paaie reguit na die dood

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Oor en oor wat Ek julle dan vertel
    Vermy haar weë kinders, moenie daarop gaan loop

    Oe Pappa-God se kinders
    Dit is vir My partykeer swaar
    Swaar as Ek sien
    Julle glo haar raad eerder as Myne

    Kinders Ek wil net vir julle sê
    En Ek wil so graag hê julle moet dit diep inneem
    Asseblief luister na My raad
    Veel eerder as na joune

    Ja sê Daddy-God
    Kinders
    Julle kies so verkeerd
    Ek wil hê julle moet dit begin weet

    Hoekom kinders
    Hoekom sê Pappa-God
    Is dit so swaar
    Om in My weë te loop

    Ek weet die wêreld is vol verkeerd
    Liefste kinders
    Ek weet sê Pappa
    Dat sy konstant wil verlei

    Tog sê Pappa-God
    My kinders
    Het julle altyd ‘n keuse
    Tussen reg of verkeerd

    Julle glo My liefste kinders
    Te gereeld
    Sê Pappa-God
    Dat Ek so verkeerd is in wat Ek vra

    Dis so maklik sê Daddy-God
    Wat julle dan sal begin sê
    Nee God is verkeerd
    Ek is eintlik reg

    Liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Rerig-erig Ek wil julle vra
    Moenie na Satan se leuens begin luister

    Dis hy alleen sê Daddy-God
    Wat sulke goeters in julle ore begin fluister
    Goeters van ek is reg
    God is verkeerd

    Liefste-liefste kinders
    Sê Abba-God
    Ek wil julle net vra om te weet
    Ek is nooit verkeerd

    Dis waar soveel-soveel mense
    Sê Daddy-God
    My verloor
    Dis waar hulle nie meer wil glo

    Want ja liefste kinders
    Sê Abba-God
    Baie min mense is bereid
    Om vir hulleself nee te sê

    Ja-nee liefste kinders
    Ja-nee
    Hierdie wêreld leer julle te gereeld
    Iets totaal en al verkeerd

    En dis wat Ek teen hierdie wêreld
    En haar manier van doen het sê Daddy
    Dit eer My nie sê Abba
    Sy soek net altyd haar eie manier

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Dit gebeur te gereeld
    Dat julle nie doen soos Ek vra

    Pappa se kinders
    Regtig-regtig
    Ek wil julle vra
    Begin om bietjie vir julself nee te sê

    Julle kan nie alles kry liefste kinders
    Wat julle altyd so graag wil hê
    Nee liefste kinders
    Als is nie goed vir jou

    Party van My kinders
    Sê Daddy-God
    Is regtig soos bedorwe brokkies
    Hulle is nooit tevrede met niks nie

    Oe Pappa-God se kinders
    Liefste-liefste kinders
    Julle kan nie so verkeerd maak
    Julle kan nie vir alles ‘n ja wil hê

    Oe Pappa se kinders
    Asseblief
    Luister vir My
    Dit is so verkeerd

    Julle wonder so gereeld
    Sê Daddy-God
    Hoe kan ek meer in wees by die wêreld
    Hoe kan ek soos sy loop, dink en praat

    God se kinders
    Asseblief luister vir Pappa
    Daar is nie veronderstel om ‘n begeerte in jou hart te wees
    Wat sê ek wil die wêreld eer

    Nee liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dis sulke gevaarlike terrein
    Maar hoe om daar uit te kom

    Julle moet My asseblief leer ken
    Sê Pappa-God
    Rerig-rerig leer ken
    So sal jy weet

    So sal jy weet en uitvind
    Liefste kind
    Wil ek graag soos die wêreld
    Of Christus in my wees

    Ek weet en Ek verstaan
    Sê Abba
    Julle is bang Ek byt julle
    Maar kinders dis nie so

    Ek wil veel-veel eerder vra
    Kom net nader aan My
    Beweeg nog bietjie nader
    En kinders dan sal julle sien

    Ek het so nodig sê Pappa-God
    Om af te breek
    Dit wat nie van My is
    Om jou rerig te wys

    Oe Abba-God se kinders
    Luister asseblief vir My
    Kom doen soos Ek vra
    Moenie meer skaam wees

    Kind Ek weet sê Daddy-God
    Ek weet
    Julle dink dis te swaar
    Julle dink dit kan nie wees

    Luister asseblief
    Sê Pappa-God
    Luister vir julle Pappa in die hemel
    Asseblief doen soos Ek vra

    Ek wil vir julle soveel blydskap en vrede bied
    Ek wil vir julle vertel
    Kinders, gereeld
    Dat Ek julle so baie liefhet

    Het julle geweet
    Liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dat dit nie iets is wat die wêreld se kinders ooit ervaar

    Nee liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Hulle is vêr van My
    Hulle ken nie My hartklop

    Weet julle hoe gereeld
    Liefste kinders
    Sien Ek die wêreld se vra
    Is daar nie meer?

    Liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Hulle vra so gereeld na My
    Hulle besef dit nog net nie

    Oe kinders sê Abba-God
    Hoekom smag en verlang julle so baie
    Na die wêreld se manier van dinge doen
    As dit julle so nie veel in die sak bring?

    Oe Pappa-God se kinders
    Oe Pappa-God se kinders
    Ek wil julle vra, veel eerder
    Asseblief vertrou My

    Die lewe is swaar
    My liefste kinders
    En sy leer partykeer sulke harde lesse
    Tog moet julle steeds weet

    Hulle begeer liefste kinders
    Die wêreld daarbuite
    Hulle begeer om te hê
    Wat in julle binneste leef

    Kinders sê Pappa
    Julle moet net anders wees
    Julle moet begin toelaat dat hulle jaloers raak
    Op dit wat Ek en jy het

    Ek verstaan sê Daddy-God
    Aan Sy kinders
    Ek verstaan
    Daar’s veel van julle wat dit nie waarlik waardeer

    Oe Pappa se kinders
    Oe
    Ek vra julle weer
    Leer My asseblief ken

    Ek dink dis rerig sê Abba-God
    Een van die grootste redes hoekom mense nog vir My skaam-kry
    Hulle weet of besef nie
    Ek is waarlik wonderlik

    Oe Pappa-God se kinders
    Oe asseblief
    Ek wil net vra, rerig
    Leer My ken

    Die wêreld is blind
    Liefste kinders
    Dit is hoekom sy nooit
    Sal saam-stem

    Ja-nee liefste kinders
    Asseblief
    Dis veel eerder dat Ek vra
    Kyk vir My

    Kyk vir My asseblief liefste kinders
    Sien dat die wêreld so leeg en dor is sonder My
    Die wêreld het nodig kinders
    So nodig om My te vind

    Julle kyk met die verkeerde oë
    Liefste kinders
    As julle kyk, sien en glo
    Dat die wêreld se mense so baie gelukkig is

    Kinders
    Sê Pappa
    Ek wonder of Ek julle net ‘n blikkie kon gee
    Van wat in hulle binnestes aangaan

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Leeg, leeg-getap is baie van die wêreld se mense
    Leeg-getap van dit wat waarlik saak-maak in die lewe

    Hulle gelag is al hol gery liefste kinders
    Hulle weet nie meer wat ware pret is
    Hulle is so verdwaal liefste kinders
    In dit wat die wêreld lekker noem

    Oe sê Pappa-God
    Oe
    Kinders julle is so verkeerd
    So verkeerd in julle aannames oor meer soos hulle te wil wees

    Kinders sê Daddy-God
    Kinders
    Ek wil julle vra om te weet
    Dat Ek veel beter as hulle en hulle lewens is

    Kinders sê Daddy-God
    As julle hulle sou vra
    En hulle dood-eerlik sou wees
    Sou julle hoor wat Ek sê is so waar

    Dis veel eerder
    My liefste kinders
    Dat die wêreld graag soos julle wil wees
    Hulle weet net nie hoe om daar uit te kom

    En kinders
    Dit is mos maar so
    Party mense moet eers hulle koppe vir jare bly stamp
    Voordat hulle verstand kry

    Vir hulle wil Ek net graag een ding sê
    Ek wil sê kom vind kinders
    Kom vind
    Julle is so, so verkeerd

    Maar sien sê Daddy-God
    Dit is waar die groot probleem lê
    Baie mense wat nie ooit sal erken
    Hulle is die verkeerde een

    Begin My net meer liefkry kinders
    Asseblief sê Pappa
    Asseblief
    Dit is wat Ek vra

    So sal julle oë meer oopgaan kinders
    So sal julle al hoe meer besef
    God is reg
    Ek was verkeerd

    Dis nie iets om oor skaam te kry
    Of sleg te voel
    Kind dis maar net ‘n waarheid
    Soos min

    Oe die liefde sê Abba
    Die liefde wat Ek vir elke mens het
    Ek wens almal kon dit sien
    Ek wens almal kon dit ondervind

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Asseblief
    Kom net nader aan My

    Ek wil julle meer vertel
    Soveel-soveel meer
    As waarvan julle
    Nou weet

    Om daar uit te kom kinders
    Moet julle vra
    Asseblief vra My
    Sodat Ek julle meer kan leer

    Kinders sê Daddy-God
    Kinders
    Dis vele kere oë-verblindery
    Hierdie konstante verkeerde pret wat die wêreld het

    Dis misleiding
    Liefste kinders
    Misleiding in die ergste graad
    Dis hoekom Ek altyd vra

    Wees waaksaam
    Moenie goeters miskyk
    Nee liefste kinders
    Wees bewus van wat om julle aangaan

    Kinders sê Pappa
    Kinders
    Dinge is nie altyd soos hulle lyk
    Julle moet begin dieper kyk

    Dieper kinders
    Dieper
    Sê Pappa-God
    Diep na waar die wortels lê

    Die mooiste vrugte
    Sê Daddy-God
    Hang aan die mooiste bome
    So ook met die verkeerdes

    Liefste kinders
    Sê Abba-God
    Ek vra julle gereeld
    Maar Ek wil rerig hê dat julle dit sal begin doen

    Begin trots raak
    Liefste kinders
    Op die feit dat julle is
    Kinders van Abba-God

    Ek vra gereeld
    Liefste kinders
    Ek vra gereeld
    Maar Pappa vra asseblief begin dit doen

    Begin ophou
    Om terug te kyk
    Begin ophou
    Om terug te verlang

    Kinders
    Dis ‘n ou lewe
    Dis vergete, dis verby
    Vandag saam met My is al wat tel

    Daar’s te veel
    Sê Abba
    Te veel van My kinders
    Wat terug verlang na hulle dae-voor-bekering

    Oe kinders sê Abba
    Liefste-liefste kind
    Pappa wil net vir jou vra
    Het jy My rerig al gevind?

    Want kind as jy al het
    Rerig
    Rerig-erig
    Sou jy nooit as te nimmer kon terug-verlang

    Nee liefste kind
    Nee
    Glad nie
    Ooit

    Dis wie Ek is kind
    Dis wie Ek vir jou wil wees
    Volheid sê Abba
    Soos wat daar nie nog is

    So om saam te vat kinders
    Sê Pappa
    Wil Ek vra
    Beweeg asseblief nog nader aan My

    Die lewe skyn kinders
    Die lewe skyn
    Deur die wie My waarlik liefhet
    Julle sal kan sien

    Oe Abba-God se kinders
    Vra Pappa meer en meer
    Asseblief gereeld
    Om net meer van Sy wonder-wees aan jou oop te breek

    So sal die mooiste waarhede
    Jou pad kom kruis
    So sal jy altyd weet
    God is die mooiste mooi

    Dan sal dit nie meer moeilik wees nie
    Kinders van God
    Om nooit-ooit-weer
    Vir God skaam te kry

    Oe nee want dan sal julle so mooi besef
    En groei in die wete
    Ek is God se kind
    Hy het my voor die grondlegging van die aarde gekies

    Om Sy kind te wees
    Watter groot voorreg is dit
    Ek het dit nie altyd besef
    Maar nou weet Ek dit

    Sien kinders van Pappa
    Dis maar al wat Hy ons leer
    Dis maar al wat Hy so graag wil hê ons moet weet
    Dat ons aan Hom behoort

    Oe die wonderlike wete
    Ons waarde word deur Hom bepaal
    Dit lê nie in die wêreld
    Of wat enige iemand anders vir ons sê

    En ek weet
    Ek besef sê Pappa-God se kind
    Dis nie altyd maklik om eenklaps te besef en daarvolgens te leef
    Maar dis dikwels ‘n groei-proses waarvoor ek diep dankbaar is

    Oe Pappa-God se kinders
    Asseblief
    Asseblief wil ek vir julle kom sê
    Moenie op God opgee

    Net omdat Hy nie soos die wêreld is en dink
    Beteken nie Hy is nie waardig
    Inteendeel sê Pappa-God
    Inteendeel

    Kom vind sê Pappa
    Kom vind asseblief
    Ek wil julle wys
    Ek wil julle so graag leer

    Begin uitsien
    Liefste kinders
    Begin uitsien
    Na dit wat Ek instoor vir jou hou!

    So groot
    So mooi
    Wonderlike ietsies
    Wat julle net saam met My kan opspoor

    Volgende keer
    Liefste kinders
    Sê Daddy-God
    As dit moeilik is om jou lig te laat skyn

    Dink net asseblief aan My
    Dink aan die feit dat Ek so waardig is
    Dink aan die feit dat Ek jou diep liefhet
    En dat Ek weer vir jou sou kom sterf sou Ek die kans kry

    Enige iets kind
    Enige enige iets
    Net sodat Ek jou weer
    In My liefdevolle arms kan toevou

    Oe kinders sê Pappa
    Oe kinders
    Dink daaraan
    Volgende keer as dit swaar is om My beginsels na te jaag

    Kinders sê Daddy
    Dink net daaraan
    Asseblief
    Dink dat niks vir Jesus te veel was

    Kinders sê Daddy-God
    Dis wanneer julle dit net weer in gedagte kry
    Dat julle sal besef
    En net weer nuwe moed kry vir aangaan

    Dis hoekom Ek altyd sê
    Sê Daddy-God
    Kyk na Christus, kyk na wat Hy moes verduur
    Tog het Hy nogsteeds gehoorsaamheid aan My gekies

    Kinders sê Daddy
    Kinders
    Ek eer altyd julle gehoorsaamheid
    Dit beteken so baie vir My

    Dankie dat julle My hart raaksien
    Kinders agter die boundaries wat Ek vir julle stel
    Dankie dat julle glo
    God het ‘n goeie rede

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa
    Ja julle weet nie altyd hoekom Ek iets vra
    Tog hou julle aan vertrou

    Daar moet ‘n goeie rede wees
    Sê Pappa
    Dit sê julle altyd
    God sal nie onnodig vra

    Wow kinders
    Wow sê Pappa
    Dis geloof
    Wat My waarlik eer

    Kom net nader kinders
    Asseblief
    Altyd-altyd nader aan My
    So kan Pappa julle aanhou leer

    Dat Ek nie ‘n verstokte ou-man is nie
    Maar ‘n man
    Wat tot duisende generasies van nou af
    Steeds so relevant gaan wees

    Ja-nee sê Pappa-God, ja-nee
    Asseblief
    Begin ophou om My Woord te verwar
    Begin ophou om met hom te speel

    Kinders sê Daddy-God
    Dis te gevaarlik
    Te gevaarlik wat julle baie kere doen
    Ons sit by, ons vat weg

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Asseblief moet dit nie meer doen
    Ek het julle in die Woord so mooi gevra

    Dis te gereeld
    Sê Pappa-God
    Dat mense te veel My Woord verander
    Omdat hulle wil hê dit moet hulle pas

    Dis gevaarlike grond
    Liefste kinders
    Asseblief Pappa vra
    Los dit uit

    My Woord is die waarheid
    Liefste kinders
    My Woord is die waarheid
    Asseblief moenie daarmee peuter nie

    Kinders Ek weet
    Sê Daddy-God
    Ek weet
    Dit gebeur te gereeld

    Wanneer mense nie meer wil glo
    Wat Ek glo
    Dan verander hulle My Woord
    Sê dit is verkeerde interpretasie

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Kan Ek julle vra
    Moet dit nie meer doen

    Julle is besig
    Met gevaarlike dinge kinders
    Julle is besig
    Om op die verkeerde pad te loop

    Ek wil julle veel eerder vra
    Wees gehoorsaam liefste kinders
    Aan wat Ek deur My Gees
    En Woord vir julle leer

    Te veel mense
    Sê Daddy-God
    Wat van die waarheid in My hart afdwaal
    Kinders omdat hulle waarheid nie soos Myne lyk

    Begin asseblief ophou
    Sê Daddy-God
    Om dit wat verkeerd is
    Reg te maak

    Oe kinders sê Daddy-God
    Asseblief glo My
    Dit wat verkeerd is in My oë
    Sal nooit reg wees

    Dis te veel kere
    Sê Daddy-God
    My kinders
    Dat julle van kansels af verkeerd praat

    Ek wil hê sê Daddy
    Elkeen van julle wat julleself predikers van die Woord noem
    Begin vra
    Hoe goed ken ek God se hart?

    Ja liefste kind
    Ja vra Pappa
    Begin dit vir julleself vra
    Is ons rerig in ALLES een?

    Oe kind
    Sê Pappa-God
    Diep binne sal jy die antwoord ken
    Diep binne sal jy weet

    Kom nader
    Liefste kinders
    Nader
    Nader aan My julle God

    Julle is wonderskoon
    Sê Daddy-God
    Rerig-rerig die wie My in soveel opregtheid liefhet
    Julle is so, so mooi vir My

    Dankie daarvoor
    Liefste kinders
    Dankie dat julle nie altyd aanhou
    Om verskonings vir die verkeerd te maak

    Oe nee
    Veel eerder kinders
    Sê Daddy-God
    Sien Ek hoe julle vra Pappa-God verander my

    Hoeveel van My kinders
    Vra Pappa-God
    Bid dit nog gereeld
    Wie van hulle vra nog Daddy nie my wil maar U s’n

    Sien kinders sê Pappa-God
    Daar is iets aan oorgee
    Daar is iets aan ten volle glo
    Dat My manier beter is

    Dis hoe Ek baie kere weet
    Sê Daddy-God
    Wie is waarlik opreg in hierdie bedoel
    God kom loop saam met my

    Loop voor Pappa
    Sê mense gereeld
    Totdat My voor-loop
    Anders is as wat hulle wou hê

    Oe kinders sê Pappa-God
    Dan moet julle sien
    Hoe vinnig klim van My kinders
    Weer in die bestuurders-sitplek

    Ja-nee sê Pappa-God
    Ek het ookal gesien
    Geleer
    Praat is baie goedkoop

    Mense sê so maklik iets
    Sê Pappa
    Sonder dat hulle dit waarlik bedoel
    Kinders dit maak seer

    Oe Pappa-God se kinders
    Asseblief
    Moet dit nie meer doen
    Hou julle leë beloftes eerder vir julleself

    Want so baie kere
    Sê Pappa-God
    Dink Ek ons is oppad iewers heen
    Net om weer teleurgestel te word

    Dit beteken vir My soveel meer
    Sê Pappa-God
    Wanneer mense se woord
    Hulle eer bly

    Op sulke mense kan mens staatmaak sê Daddy-God
    Is dit nie so?
    Oe kinders sê Pappa
    Dit is mooi

    Julle is ware-ware staatmakers
    Sê Daddy-God
    Die van julle op wie Ek kan staatmaak
    Selfs al kom klop moeilike tye aan die deur

    Dankbaar is Ek sê Daddy-God
    So so dankbaar
    Vir mense wat My bly liefhet
    Selfs al kom kuier swaar

    Oe kinders
    Dankie
    Dankie so baie dat julle nie
    In die tye geloof verloor

    Julle harte is vir My so mooi
    Sê Daddy-God
    Veral in die tye wat Ek kan sien
    Vasbyt sê hulle, ons gaan vasbyt!

    Oe dis so lieflik
    Sê Daddy-God
    So lieflik
    Die voete van hom wat die blye boodskap bring

    Kinders dankie sê Daddy-God
    Dankie dat julle aanhou daarmee
    Dankie dat daar in julle harte die begeerte woon
    Ons sal nie opgee

    Standvastige voete
    Wat die blye boodskap
    Bly bring
    Ek dink nie kind daar is iets mooier nie

    Dankie liefste kind
    Sê Pappa-God
    Dankie vir gevestigde standvastige geloof
    Dit beteken soveel vir My

    Dankie seun, dogter
    Dankie sê Pappa
    So baie dankie
    Pappa wil dit net graag vir jou sê

    Julle liefde vir My
    Deur donker water
    Deur vlak water
    Julle bly so getrou

    Dankie liefste seun, dogter
    Dankie dat Pappa kan dankie sê
    God se kinders
    Dit is julle beslis

    Partykeer maak die wêreld sê Daddy-God
    Die label van Christen-wees so goedkoop, so goedkoop
    Want baie kinders van die wêreld sê hulle is God se kinders
    Sonder om werklik ooit so te loop

    Pappa se kinders
    Ek wil net vra
    Wanneer julle dit sê
    Sal julle dit asseblief begin bedoel

    Julle praat te vinnig kinders
    Julle praat te vinnig
    Hier kom ons weer
    By die hol, leë woorde

    Julle weet al sê Daddy
    Hoe Ek daaroor voel
    So Ek gaan dit nie weer opbring
    Hopelik onthou julle wat het Ek daaroor gesê

    Ek ontmoet altyd sê Daddy
    Die wat na My bly vra
    Altyd sê Daddy
    Altyd-altyd

    Dit gebeur gereeld
    Sê Pappa-God vir Sy kinders
    Dat Ek wag
    Maar julle nooit opdaag

    Oe kinders sê Pappa
    Oe kinders
    Kan Ek net vra
    Begin My liewer kry

    As jou hart kind
    Nie van opgewondenheid klop
    As jy My Naam hoor
    Kind dan moet jy weet, jy kan nog nader beweeg

    Dis altyd vir My so lekker sê Pappa-God
    Kinders om julle naby aan My te hê
    Soos die intensiewe vorms sê
    Naby, nader, naaste 😉

    Oe kinders
    Dis waarlik hemel vir My
    Hemel-verby
    Om julle by My hartklop te hê

    Het julle geweet liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dis waar My bruid se oor rus
    Teen My bors

    Dis die beste plek
    Waar elkeen van My kinders kan wees
    Teen My bors
    Daar waar julle My hartklop kan hoor

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Dis daar
    Dis daar waar ons twee waarlik een is

    Kinders sê Pappa-God
    Ek wil julle vra om te onthou
    Hoeveel van My dissipels sê Daddy
    Het teen My bors kom lê

    Kinders sê Daddy-God
    My liefste kinders
    Selfs in My binnekring
    Was daar slegs een wat waarlik geweet het hoe My hart klop

    Kinders sê Daddy-God
    Sy Naam was Johannes
    Onthou julle hom
    Ek wil julle so graag meer van hom vertel

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Asseblief sal julle by hom gaan leer
    Hoe lyk ware intimiteit

    Hy het geweet
    Liefste kinders
    Hy het geweet
    Om My waarlik te ken moet hy My hartklop ken

    Oe kinders sê Pappa-God
    Dit is ware ken
    Ware-ware ken
    Is wanneer twee mense se hartkloppe een word

    Dit sê Pappa-God
    Is wat Ek bestem het
    Vir elke huwelik op aarde
    Tog is daar baie wat dit nie ken

    Dieper hartsgemeenskap
    Kinders wat omgee
    Kinders wat mekaar hoor
    Dis die oplossing vir heelwat probleem-huwelike op aarde

    Kinders sê Daddy-God
    Kinders
    Ek wil julle so graag leer
    Hoe om dieper hart-kommunikasie met jou man of vrou te bou

    Kinders sê Daddy-God
    Dis daai plek waar julle harte glad nie meer geheime vir mekaar hou
    Daai plek waar julle altyd alles deel
    Die seer en ook ware lekker

    Daar’s te veel van julle
    Sê Daddy-God
    Wat met skanse in julle harte
    Teenoor mekaar sit

    Pappa se kinders
    Asseblief
    Julle moenie meer so maak
    Veral nie as julle by ware intimiteit wil uitkom

    Oe Pappa-God se kinders
    Ek leer julle
    Ek weet
    So baie van julle is oop om te weet

    Dankie liefste kinders
    Dat Pappa julle vra kan sien
    Dis vir My so lekker
    As julle omgee om My antwoorde te hoor

    Liefste-liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Dis tyd dat julle daai skanse afbreek
    Wat tussen jou en jou man of vrou bestaan

    Julle moet mekaar se hartklop begin hoor
    Julle moet teen mekaar sê bors kan lê
    En sê
    Wat is dit wat daarbinne lê

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Ek wil julle leer
    Dieper intimiteit met jou man of vrou

    Dis vir My so hartseer
    Sê Pappa-God
    Wanneer Ek die maatstaf van wat ‘n huwelik kan wees neem
    En sien soveel huwelike wat vêrs te kort skiet

    Ek wil maar net sê
    Liefste seun en dogter
    Daar is soveel meer wonderlike plekke
    Wat jou aardse huwelik kan bereik

    Oe God se kinders
    Sê Pappa-God
    Kom leer van My
    Kom sien hoe wonderlik aardse huwelik kan wees

    Daar’s te min sê Pappa
    Wat dit al ontdek het
    Die ware mooi van huwelik
    Ek wil dit aan meer gee

    Kom liefste kinders
    Kom sê Pappa
    Net soos wat jy My moet ontdek
    Ook met jou man of vrou

    Moet nooit ophou nie kind
    Moet nooit ophou om vrae te vra
    Hoe voel jy hieroor liefie
    En daaroor?

    Oe kinders sê Daddy-God
    Dis so mooi, so mooi
    Wanneer huweliksmaats ontdek het
    Hoe om mekaar te hoor

    Daar’s min huwelike
    Sê Pappa-God
    So min
    Wat dit waarlik ken

    Oe Pappa se kinders
    Vertel My
    Smag julle nie ook daarna?
    Huwelik bedoel soos in Pappa se hart

    Ag Ek wou julle maar net kom wys
    Sê Pappa
    Net soos wat Ek en my bruid mekaar se harte ken
    Net so ook jy met jou man of vrou s’n

    Het jy dit al ontdek kind
    Weet jy hoe jou liefste Pappa-God
    Se hart klop
    Ken jy die Bruidegom se hart?

    Ek wil jou nader nooi kind
    Dieper, meer
    Kom lê
    Kom lê teen Pappa se hart

    Geen groter vreugde kind
    Sal jy ken
    As om My naby te hê
    Op ‘n plek waar Ek en jy ALLES met mekaar deel

    Oe dis so mooi
    Dis ware lekkerte
    Kom kind, kom ontdek My
    Asseblief soos wat Ek van jou vra

    Doen dit nou kind
    Doen dit gou
    Moenie terughou
    Kom gee als vir My

    Jou totale menswees kind
    Moet oop voor My
    Totaal ontbloot
    Dit is liefste kind waar die mooiste intimiteit lê

    Ek weet sê Daddy-God
    Dat dit scary is
    Vir baie mense om te doen
    Dis moeilik om reg te kry

    Ek verstaan sê Pappa
    Want nie almal is altyd ewe heel
    Maar kind Ek wil hê jy moet weet
    Dit is die mikpunt waarna ons toe werk

    Begin met klein treëtjies
    Sê Daddy-God
    Begin om elke dag dieper in jou man of vrou se hart te klim
    Met die vrae wat jy vra

    Kind sê Daddy-God
    Kort voor lank sal jy sien
    Jou man of vrou begin meer oopmaak
    Hulle wil net sien of jy waarlik omgee

    Kind begin klein
    Sê Pappa-God
    So klein
    In die begin

    Vat dit stadig
    Moenie als in een dag wil vermag
    Nee liefste kinders
    Die beste kom nog, hou dit in oog

    Gradually Pappa se kinders
    Dis hoe enige verhouding groei
    Stadig sê Pappa
    Totdat hy begin spoed optel

    Oe Pappa se kinders
    Sê Pappa-God
    Dis vir My lekker om die goed met julle te deel
    Lewe uit Jesus-se-oogpunt 😉

    Ons moet dit meer gereeld doen
    Sê Pappa
    Dis vir My vreeslik lekker
    Om saam met jou te wees

    Dankie dat jy opgedaag het kind
    Dankie vir die saamkyk
    Ons maak dan weer so
    Volgende keer op … Die lewe deur Jesus se oë

    Oe dis lekker sê Pappa se kind
    So lekker om talk show host te speel
    Dankie kinders van God dat julle opgedaag het
    Dankie Vader, Seun en Heilige Gees

    Pappa dis so lekker
    Altyd lekker om van U te hoor
    Volgende keer nooi ons U weer
    Ons sien uit, so baie om U weer by ons te hê

    Die Ere-gas van ons harte Pappa
    Dit is wie U is
    Voorwaar
    Ons kan net dankie sê vir U skitterende teenwoordigheid

    Om van U te leer
    Bly so groot aanwins vir ons
    Die lewe deur Jesus se oë
    Is dan weer later terug

    Tot dan
    Boetie, sussie
    Geniet ‘n wonderlike week verder
    Tot ons weer saam op die kassie kuier

    Amen.