Die lewe deur Jesus se oë

U is liefde so mooi
En my hart is so dankbaar daarvoor
Niks-niks Abba-God
Niks is daar wat U nie kan doen

Dit bly vir my so mooi Abba
So mooi
Om U hand in werking
Hier op planeet aarde te sien

Dankie liefste Abba
Dankie, dankie, dankie
Dat U liefde bly uitdeel
Selfs ook vir die wat U nie wil ken

Hulle mis so uit
So uit
Sê Daddy-God se kind en U so gereeld
Oe Pappa ek wens, ek wens hulle kon sien

Ek wens hulle kon sien
Hoe U in alles is
Wat so baie mooi is
Abba want U is so mooi

My hart is verstom
Rerig Daddy-God
As ek so oor die aarde kyk
En ek sien … dit is my God!

Want Abba U is so mooi
So so mooi
Mense glo dit nie
Hulle wil nie weet

Dis so gereeld Daddy-God se kinders
Dat Ek vir julle die mooiste liefdesverhale aarde toe stuur
Dat julle kan glo en sien
Dis wat Ek so graag saam met julle wil hê

Oe kinders sê ons liefste Pappa
Dit bly vir My so mooi
Dit dra vir My soveel waarde
Die van My kinders wat My eer in hulle aardse verhoudings

Oe kinders
Sê Daddy-God
Ek weet dat julle partykeer skaam kry
Oor die waardes wat Ek julle vra om te dra

Ek weet julle wonder
Dikwels
So gereeld
Is dit nie bietjies te veel gevra

Pappa-God se kinders
Ek weet sê Pappa, Ek weet
Julle staan dikwels uit
Soos ‘n beer met ‘n seer tand

Partykeer is dit so swaar
Sê Daddy-God aan Sy kinders
Om te bely, om te erken
Ek is God se kind

Ek weet sê Pappa-God
Dat julle dit baie kere
Nie eers wil erken
Want julle kry so skaam, julle kry skaam vir My

Ek weet sê Abba-God
Seuns, dogters van My hart
Dat julle dikwels wonder
Kan ek ooit ‘n verskil maak?

Pappa se kinders
My liefste-liefste kinders
Ek weet, Ek sien
Julle lewe in ‘n wêreld baie donker

Die dae is boos
My liefste kinders
So, so boos
Ek weet dat julle dit ook sien

Dis asof My liefste seuns en dogters
Daar iets verkeerd
Agter elke hoek en draai wag
Mense is nie meer baie lief vir dit wat goed en mooi is

Ek weet liefste kinders
Sê Daddy-God
Julle word gereeld gekonfronteer met dinge wat nie van My is
En dan wonder jy hoe nou gemaak?

Oe kinders sê Abba
Oe kinders
Ek weet, gereeld dat Ek sien
Dis swaar, moeilik en donker om jou lig vir My te skyn

Ek weet
Liefste kinders
Sê Daddy-God
Dat die wêreld swaar kry onder Satan se beheer

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Dis gereeld dat hy kyk
Hoe kan ek hierdie wêreld nog vuiler maak?

Ek weet
Liefste kinders
Ek weet sê Daddy-God
Dat dit nie altyd maklik is

Pappa se kinders
Tog
Tog wil Ek hê
Dat julle iets sal weet

Julle wat partykeer wonder
Gee God om
Gee Hy rerig om
Oor hoe ek my lewe leef

Oe Pappa se kinders, oe
Ek doen so baie
Want Ek weet
Die verskil wat dit in mense se lewens kan maak

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Daar’s soveel dinge
Soveel dinge wat Ek vir julle kan vertel

Weet gerus My liefste kinders
Seuns en dogters van God
Dat julle waarde soveel dieper lê
As wat die wêreld van jou sê en dink

Dis gereeld sê Daddy
Wat Ek julle daaraan wil herinner
Dat Ek wil sê
Kind saam met My kan jy

Oe Pappa se kinders
Sê Daddy-God
Die waarde wat julle elkeen
In My hart dra

Ek wil net vandag vir julle kom vertel
Liefste kinders
Sê Daddy-God
Dat Ek weet wat julle nodig het

Het julle geweet
Liefste kinders
Sê Abba-God
Dat Ek julle elkeen se lewensstorie kan gebruik

Ja liefste kinders
Sê Abba-God
Daar’s soveel potensiaal wat lê
In jy wat jou storie vertel

Oe Pappa-God se kinders
Ek vra julle
Kyk na My
Nie die verkeerde een

My liefste kinders sê Pappa-God
Die verkeerde pad
Die hoer van hierdie vuil wêreld
Sy kyk dikwels hoeveel sy saam met haar kan neem

Ja liefste kinders
Sê Abba-God
Die Bybel sê mos, Spreuke as Ek reg is
Haar weë is paaie reguit na die dood

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Oor en oor wat Ek julle dan vertel
Vermy haar weë kinders, moenie daarop gaan loop

Oe Pappa-God se kinders
Dit is vir My partykeer swaar
Swaar as Ek sien
Julle glo haar raad eerder as Myne

Kinders Ek wil net vir julle sê
En Ek wil so graag hê julle moet dit diep inneem
Asseblief luister na My raad
Veel eerder as na joune

Ja sê Daddy-God
Kinders
Julle kies so verkeerd
Ek wil hê julle moet dit begin weet

Hoekom kinders
Hoekom sê Pappa-God
Is dit so swaar
Om in My weë te loop

Ek weet die wêreld is vol verkeerd
Liefste kinders
Ek weet sê Pappa
Dat sy konstant wil verlei

Tog sê Pappa-God
My kinders
Het julle altyd ‘n keuse
Tussen reg of verkeerd

Julle glo My liefste kinders
Te gereeld
Sê Pappa-God
Dat Ek so verkeerd is in wat Ek vra

Dis so maklik sê Daddy-God
Wat julle dan sal begin sê
Nee God is verkeerd
Ek is eintlik reg

Liefste kinders
Sê Pappa-God
Rerig-erig Ek wil julle vra
Moenie na Satan se leuens begin luister

Dis hy alleen sê Daddy-God
Wat sulke goeters in julle ore begin fluister
Goeters van ek is reg
God is verkeerd

Liefste-liefste kinders
Sê Abba-God
Ek wil julle net vra om te weet
Ek is nooit verkeerd

Dis waar soveel-soveel mense
Sê Daddy-God
My verloor
Dis waar hulle nie meer wil glo

Want ja liefste kinders
Sê Abba-God
Baie min mense is bereid
Om vir hulleself nee te sê

Ja-nee liefste kinders
Ja-nee
Hierdie wêreld leer julle te gereeld
Iets totaal en al verkeerd

En dis wat Ek teen hierdie wêreld
En haar manier van doen het sê Daddy
Dit eer My nie sê Abba
Sy soek net altyd haar eie manier

Ja-nee liefste kinders
Sê Daddy-God
Dit gebeur te gereeld
Dat julle nie doen soos Ek vra

Pappa se kinders
Regtig-regtig
Ek wil julle vra
Begin om bietjie vir julself nee te sê

Julle kan nie alles kry liefste kinders
Wat julle altyd so graag wil hê
Nee liefste kinders
Als is nie goed vir jou

Party van My kinders
Sê Daddy-God
Is regtig soos bedorwe brokkies
Hulle is nooit tevrede met niks nie

Oe Pappa-God se kinders
Liefste-liefste kinders
Julle kan nie so verkeerd maak
Julle kan nie vir alles ‘n ja wil hê

Oe Pappa se kinders
Asseblief
Luister vir My
Dit is so verkeerd

Julle wonder so gereeld
Sê Daddy-God
Hoe kan ek meer in wees by die wêreld
Hoe kan ek soos sy loop, dink en praat

God se kinders
Asseblief luister vir Pappa
Daar is nie veronderstel om ‘n begeerte in jou hart te wees
Wat sê ek wil die wêreld eer

Nee liefste kinders
Sê Pappa-God
Dis sulke gevaarlike terrein
Maar hoe om daar uit te kom

Julle moet My asseblief leer ken
Sê Pappa-God
Rerig-rerig leer ken
So sal jy weet

So sal jy weet en uitvind
Liefste kind
Wil ek graag soos die wêreld
Of Christus in my wees

Ek weet en Ek verstaan
Sê Abba
Julle is bang Ek byt julle
Maar kinders dis nie so

Ek wil veel-veel eerder vra
Kom net nader aan My
Beweeg nog bietjie nader
En kinders dan sal julle sien

Ek het so nodig sê Pappa-God
Om af te breek
Dit wat nie van My is
Om jou rerig te wys

Oe Abba-God se kinders
Luister asseblief vir My
Kom doen soos Ek vra
Moenie meer skaam wees

Kind Ek weet sê Daddy-God
Ek weet
Julle dink dis te swaar
Julle dink dit kan nie wees

Luister asseblief
Sê Pappa-God
Luister vir julle Pappa in die hemel
Asseblief doen soos Ek vra

Ek wil vir julle soveel blydskap en vrede bied
Ek wil vir julle vertel
Kinders, gereeld
Dat Ek julle so baie liefhet

Het julle geweet
Liefste kinders
Sê Pappa-God
Dat dit nie iets is wat die wêreld se kinders ooit ervaar

Nee liefste kinders
Sê Pappa-God
Hulle is vêr van My
Hulle ken nie My hartklop

Weet julle hoe gereeld
Liefste kinders
Sien Ek die wêreld se vra
Is daar nie meer?

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Hulle vra so gereeld na My
Hulle besef dit nog net nie

Oe kinders sê Abba-God
Hoekom smag en verlang julle so baie
Na die wêreld se manier van dinge doen
As dit julle so nie veel in die sak bring?

Oe Pappa-God se kinders
Oe Pappa-God se kinders
Ek wil julle vra, veel eerder
Asseblief vertrou My

Die lewe is swaar
My liefste kinders
En sy leer partykeer sulke harde lesse
Tog moet julle steeds weet

Hulle begeer liefste kinders
Die wêreld daarbuite
Hulle begeer om te hê
Wat in julle binneste leef

Kinders sê Pappa
Julle moet net anders wees
Julle moet begin toelaat dat hulle jaloers raak
Op dit wat Ek en jy het

Ek verstaan sê Daddy-God
Aan Sy kinders
Ek verstaan
Daar’s veel van julle wat dit nie waarlik waardeer

Oe Pappa se kinders
Oe
Ek vra julle weer
Leer My asseblief ken

Ek dink dis rerig sê Abba-God
Een van die grootste redes hoekom mense nog vir My skaam-kry
Hulle weet of besef nie
Ek is waarlik wonderlik

Oe Pappa-God se kinders
Oe asseblief
Ek wil net vra, rerig
Leer My ken

Die wêreld is blind
Liefste kinders
Dit is hoekom sy nooit
Sal saam-stem

Ja-nee liefste kinders
Asseblief
Dis veel eerder dat Ek vra
Kyk vir My

Kyk vir My asseblief liefste kinders
Sien dat die wêreld so leeg en dor is sonder My
Die wêreld het nodig kinders
So nodig om My te vind

Julle kyk met die verkeerde oë
Liefste kinders
As julle kyk, sien en glo
Dat die wêreld se mense so baie gelukkig is

Kinders
Sê Pappa
Ek wonder of Ek julle net ‘n blikkie kon gee
Van wat in hulle binnestes aangaan

Oe kinders
Sê Pappa-God
Leeg, leeg-getap is baie van die wêreld se mense
Leeg-getap van dit wat waarlik saak-maak in die lewe

Hulle gelag is al hol gery liefste kinders
Hulle weet nie meer wat ware pret is
Hulle is so verdwaal liefste kinders
In dit wat die wêreld lekker noem

Oe sê Pappa-God
Oe
Kinders julle is so verkeerd
So verkeerd in julle aannames oor meer soos hulle te wil wees

Kinders sê Daddy-God
Kinders
Ek wil julle vra om te weet
Dat Ek veel beter as hulle en hulle lewens is

Kinders sê Daddy-God
As julle hulle sou vra
En hulle dood-eerlik sou wees
Sou julle hoor wat Ek sê is so waar

Dis veel eerder
My liefste kinders
Dat die wêreld graag soos julle wil wees
Hulle weet net nie hoe om daar uit te kom

En kinders
Dit is mos maar so
Party mense moet eers hulle koppe vir jare bly stamp
Voordat hulle verstand kry

Vir hulle wil Ek net graag een ding sê
Ek wil sê kom vind kinders
Kom vind
Julle is so, so verkeerd

Maar sien sê Daddy-God
Dit is waar die groot probleem lê
Baie mense wat nie ooit sal erken
Hulle is die verkeerde een

Begin My net meer liefkry kinders
Asseblief sê Pappa
Asseblief
Dit is wat Ek vra

So sal julle oë meer oopgaan kinders
So sal julle al hoe meer besef
God is reg
Ek was verkeerd

Dis nie iets om oor skaam te kry
Of sleg te voel
Kind dis maar net ‘n waarheid
Soos min

Oe die liefde sê Abba
Die liefde wat Ek vir elke mens het
Ek wens almal kon dit sien
Ek wens almal kon dit ondervind

Kinders sê Daddy-God
Asseblief
Asseblief
Kom net nader aan My

Ek wil julle meer vertel
Soveel-soveel meer
As waarvan julle
Nou weet

Om daar uit te kom kinders
Moet julle vra
Asseblief vra My
Sodat Ek julle meer kan leer

Kinders sê Daddy-God
Kinders
Dis vele kere oë-verblindery
Hierdie konstante verkeerde pret wat die wêreld het

Dis misleiding
Liefste kinders
Misleiding in die ergste graad
Dis hoekom Ek altyd vra

Wees waaksaam
Moenie goeters miskyk
Nee liefste kinders
Wees bewus van wat om julle aangaan

Kinders sê Pappa
Kinders
Dinge is nie altyd soos hulle lyk
Julle moet begin dieper kyk

Dieper kinders
Dieper
Sê Pappa-God
Diep na waar die wortels lê

Die mooiste vrugte
Sê Daddy-God
Hang aan die mooiste bome
So ook met die verkeerdes

Liefste kinders
Sê Abba-God
Ek vra julle gereeld
Maar Ek wil rerig hê dat julle dit sal begin doen

Begin trots raak
Liefste kinders
Op die feit dat julle is
Kinders van Abba-God

Ek vra gereeld
Liefste kinders
Ek vra gereeld
Maar Pappa vra asseblief begin dit doen

Begin ophou
Om terug te kyk
Begin ophou
Om terug te verlang

Kinders
Dis ‘n ou lewe
Dis vergete, dis verby
Vandag saam met My is al wat tel

Daar’s te veel
Sê Abba
Te veel van My kinders
Wat terug verlang na hulle dae-voor-bekering

Oe kinders sê Abba
Liefste-liefste kind
Pappa wil net vir jou vra
Het jy My rerig al gevind?

Want kind as jy al het
Rerig
Rerig-erig
Sou jy nooit as te nimmer kon terug-verlang

Nee liefste kind
Nee
Glad nie
Ooit

Dis wie Ek is kind
Dis wie Ek vir jou wil wees
Volheid sê Abba
Soos wat daar nie nog is

So om saam te vat kinders
Sê Pappa
Wil Ek vra
Beweeg asseblief nog nader aan My

Die lewe skyn kinders
Die lewe skyn
Deur die wie My waarlik liefhet
Julle sal kan sien

Oe Abba-God se kinders
Vra Pappa meer en meer
Asseblief gereeld
Om net meer van Sy wonder-wees aan jou oop te breek

So sal die mooiste waarhede
Jou pad kom kruis
So sal jy altyd weet
God is die mooiste mooi

Dan sal dit nie meer moeilik wees nie
Kinders van God
Om nooit-ooit-weer
Vir God skaam te kry

Oe nee want dan sal julle so mooi besef
En groei in die wete
Ek is God se kind
Hy het my voor die grondlegging van die aarde gekies

Om Sy kind te wees
Watter groot voorreg is dit
Ek het dit nie altyd besef
Maar nou weet Ek dit

Sien kinders van Pappa
Dis maar al wat Hy ons leer
Dis maar al wat Hy so graag wil hê ons moet weet
Dat ons aan Hom behoort

Oe die wonderlike wete
Ons waarde word deur Hom bepaal
Dit lê nie in die wêreld
Of wat enige iemand anders vir ons sê

En ek weet
Ek besef sê Pappa-God se kind
Dis nie altyd maklik om eenklaps te besef en daarvolgens te leef
Maar dis dikwels ‘n groei-proses waarvoor ek diep dankbaar is

Oe Pappa-God se kinders
Asseblief
Asseblief wil ek vir julle kom sê
Moenie op God opgee

Net omdat Hy nie soos die wêreld is en dink
Beteken nie Hy is nie waardig
Inteendeel sê Pappa-God
Inteendeel

Kom vind sê Pappa
Kom vind asseblief
Ek wil julle wys
Ek wil julle so graag leer

Begin uitsien
Liefste kinders
Begin uitsien
Na dit wat Ek instoor vir jou hou!

So groot
So mooi
Wonderlike ietsies
Wat julle net saam met My kan opspoor

Volgende keer
Liefste kinders
Sê Daddy-God
As dit moeilik is om jou lig te laat skyn

Dink net asseblief aan My
Dink aan die feit dat Ek so waardig is
Dink aan die feit dat Ek jou diep liefhet
En dat Ek weer vir jou sou kom sterf sou Ek die kans kry

Enige iets kind
Enige enige iets
Net sodat Ek jou weer
In My liefdevolle arms kan toevou

Oe kinders sê Pappa
Oe kinders
Dink daaraan
Volgende keer as dit swaar is om My beginsels na te jaag

Kinders sê Daddy
Dink net daaraan
Asseblief
Dink dat niks vir Jesus te veel was

Kinders sê Daddy-God
Dis wanneer julle dit net weer in gedagte kry
Dat julle sal besef
En net weer nuwe moed kry vir aangaan

Dis hoekom Ek altyd sê
Sê Daddy-God
Kyk na Christus, kyk na wat Hy moes verduur
Tog het Hy nogsteeds gehoorsaamheid aan My gekies

Kinders sê Daddy
Kinders
Ek eer altyd julle gehoorsaamheid
Dit beteken so baie vir My

Dankie dat julle My hart raaksien
Kinders agter die boundaries wat Ek vir julle stel
Dankie dat julle glo
God het ‘n goeie rede

Ja liefste kinders
Sê Pappa
Ja julle weet nie altyd hoekom Ek iets vra
Tog hou julle aan vertrou

Daar moet ‘n goeie rede wees
Sê Pappa
Dit sê julle altyd
God sal nie onnodig vra

Wow kinders
Wow sê Pappa
Dis geloof
Wat My waarlik eer

Kom net nader kinders
Asseblief
Altyd-altyd nader aan My
So kan Pappa julle aanhou leer

Dat Ek nie ‘n verstokte ou-man is nie
Maar ‘n man
Wat tot duisende generasies van nou af
Steeds so relevant gaan wees

Ja-nee sê Pappa-God, ja-nee
Asseblief
Begin ophou om My Woord te verwar
Begin ophou om met hom te speel

Kinders sê Daddy-God
Dis te gevaarlik
Te gevaarlik wat julle baie kere doen
Ons sit by, ons vat weg

Oe kinders
Sê Pappa-God
Asseblief moet dit nie meer doen
Ek het julle in die Woord so mooi gevra

Dis te gereeld
Sê Pappa-God
Dat mense te veel My Woord verander
Omdat hulle wil hê dit moet hulle pas

Dis gevaarlike grond
Liefste kinders
Asseblief Pappa vra
Los dit uit

My Woord is die waarheid
Liefste kinders
My Woord is die waarheid
Asseblief moenie daarmee peuter nie

Kinders Ek weet
Sê Daddy-God
Ek weet
Dit gebeur te gereeld

Wanneer mense nie meer wil glo
Wat Ek glo
Dan verander hulle My Woord
Sê dit is verkeerde interpretasie

Kinders sê Daddy-God
Asseblief
Kan Ek julle vra
Moet dit nie meer doen

Julle is besig
Met gevaarlike dinge kinders
Julle is besig
Om op die verkeerde pad te loop

Ek wil julle veel eerder vra
Wees gehoorsaam liefste kinders
Aan wat Ek deur My Gees
En Woord vir julle leer

Te veel mense
Sê Daddy-God
Wat van die waarheid in My hart afdwaal
Kinders omdat hulle waarheid nie soos Myne lyk

Begin asseblief ophou
Sê Daddy-God
Om dit wat verkeerd is
Reg te maak

Oe kinders sê Daddy-God
Asseblief glo My
Dit wat verkeerd is in My oë
Sal nooit reg wees

Dis te veel kere
Sê Daddy-God
My kinders
Dat julle van kansels af verkeerd praat

Ek wil hê sê Daddy
Elkeen van julle wat julleself predikers van die Woord noem
Begin vra
Hoe goed ken ek God se hart?

Ja liefste kind
Ja vra Pappa
Begin dit vir julleself vra
Is ons rerig in ALLES een?

Oe kind
Sê Pappa-God
Diep binne sal jy die antwoord ken
Diep binne sal jy weet

Kom nader
Liefste kinders
Nader
Nader aan My julle God

Julle is wonderskoon
Sê Daddy-God
Rerig-rerig die wie My in soveel opregtheid liefhet
Julle is so, so mooi vir My

Dankie daarvoor
Liefste kinders
Dankie dat julle nie altyd aanhou
Om verskonings vir die verkeerd te maak

Oe nee
Veel eerder kinders
Sê Daddy-God
Sien Ek hoe julle vra Pappa-God verander my

Hoeveel van My kinders
Vra Pappa-God
Bid dit nog gereeld
Wie van hulle vra nog Daddy nie my wil maar U s’n

Sien kinders sê Pappa-God
Daar is iets aan oorgee
Daar is iets aan ten volle glo
Dat My manier beter is

Dis hoe Ek baie kere weet
Sê Daddy-God
Wie is waarlik opreg in hierdie bedoel
God kom loop saam met my

Loop voor Pappa
Sê mense gereeld
Totdat My voor-loop
Anders is as wat hulle wou hê

Oe kinders sê Pappa-God
Dan moet julle sien
Hoe vinnig klim van My kinders
Weer in die bestuurders-sitplek

Ja-nee sê Pappa-God
Ek het ookal gesien
Geleer
Praat is baie goedkoop

Mense sê so maklik iets
Sê Pappa
Sonder dat hulle dit waarlik bedoel
Kinders dit maak seer

Oe Pappa-God se kinders
Asseblief
Moet dit nie meer doen
Hou julle leë beloftes eerder vir julleself

Want so baie kere
Sê Pappa-God
Dink Ek ons is oppad iewers heen
Net om weer teleurgestel te word

Dit beteken vir My soveel meer
Sê Pappa-God
Wanneer mense se woord
Hulle eer bly

Op sulke mense kan mens staatmaak sê Daddy-God
Is dit nie so?
Oe kinders sê Pappa
Dit is mooi

Julle is ware-ware staatmakers
Sê Daddy-God
Die van julle op wie Ek kan staatmaak
Selfs al kom klop moeilike tye aan die deur

Dankbaar is Ek sê Daddy-God
So so dankbaar
Vir mense wat My bly liefhet
Selfs al kom kuier swaar

Oe kinders
Dankie
Dankie so baie dat julle nie
In die tye geloof verloor

Julle harte is vir My so mooi
Sê Daddy-God
Veral in die tye wat Ek kan sien
Vasbyt sê hulle, ons gaan vasbyt!

Oe dis so lieflik
Sê Daddy-God
So lieflik
Die voete van hom wat die blye boodskap bring

Kinders dankie sê Daddy-God
Dankie dat julle aanhou daarmee
Dankie dat daar in julle harte die begeerte woon
Ons sal nie opgee

Standvastige voete
Wat die blye boodskap
Bly bring
Ek dink nie kind daar is iets mooier nie

Dankie liefste kind
Sê Pappa-God
Dankie vir gevestigde standvastige geloof
Dit beteken soveel vir My

Dankie seun, dogter
Dankie sê Pappa
So baie dankie
Pappa wil dit net graag vir jou sê

Julle liefde vir My
Deur donker water
Deur vlak water
Julle bly so getrou

Dankie liefste seun, dogter
Dankie dat Pappa kan dankie sê
God se kinders
Dit is julle beslis

Partykeer maak die wêreld sê Daddy-God
Die label van Christen-wees so goedkoop, so goedkoop
Want baie kinders van die wêreld sê hulle is God se kinders
Sonder om werklik ooit so te loop

Pappa se kinders
Ek wil net vra
Wanneer julle dit sê
Sal julle dit asseblief begin bedoel

Julle praat te vinnig kinders
Julle praat te vinnig
Hier kom ons weer
By die hol, leë woorde

Julle weet al sê Daddy
Hoe Ek daaroor voel
So Ek gaan dit nie weer opbring
Hopelik onthou julle wat het Ek daaroor gesê

Ek ontmoet altyd sê Daddy
Die wat na My bly vra
Altyd sê Daddy
Altyd-altyd

Dit gebeur gereeld
Sê Pappa-God vir Sy kinders
Dat Ek wag
Maar julle nooit opdaag

Oe kinders sê Pappa
Oe kinders
Kan Ek net vra
Begin My liewer kry

As jou hart kind
Nie van opgewondenheid klop
As jy My Naam hoor
Kind dan moet jy weet, jy kan nog nader beweeg

Dis altyd vir My so lekker sê Pappa-God
Kinders om julle naby aan My te hê
Soos die intensiewe vorms sê
Naby, nader, naaste 😉

Oe kinders
Dis waarlik hemel vir My
Hemel-verby
Om julle by My hartklop te hê

Het julle geweet liefste kinders
Sê Pappa-God
Dis waar My bruid se oor rus
Teen My bors

Dis die beste plek
Waar elkeen van My kinders kan wees
Teen My bors
Daar waar julle My hartklop kan hoor

Kinders
Sê Daddy-God
Dis daar
Dis daar waar ons twee waarlik een is

Kinders sê Pappa-God
Ek wil julle vra om te onthou
Hoeveel van My dissipels sê Daddy
Het teen My bors kom lê

Kinders sê Daddy-God
My liefste kinders
Selfs in My binnekring
Was daar slegs een wat waarlik geweet het hoe My hart klop

Kinders sê Daddy-God
Sy Naam was Johannes
Onthou julle hom
Ek wil julle so graag meer van hom vertel

Kinders sê Daddy-God
Asseblief
Asseblief sal julle by hom gaan leer
Hoe lyk ware intimiteit

Hy het geweet
Liefste kinders
Hy het geweet
Om My waarlik te ken moet hy My hartklop ken

Oe kinders sê Pappa-God
Dit is ware ken
Ware-ware ken
Is wanneer twee mense se hartkloppe een word

Dit sê Pappa-God
Is wat Ek bestem het
Vir elke huwelik op aarde
Tog is daar baie wat dit nie ken

Dieper hartsgemeenskap
Kinders wat omgee
Kinders wat mekaar hoor
Dis die oplossing vir heelwat probleem-huwelike op aarde

Kinders sê Daddy-God
Kinders
Ek wil julle so graag leer
Hoe om dieper hart-kommunikasie met jou man of vrou te bou

Kinders sê Daddy-God
Dis daai plek waar julle harte glad nie meer geheime vir mekaar hou
Daai plek waar julle altyd alles deel
Die seer en ook ware lekker

Daar’s te veel van julle
Sê Daddy-God
Wat met skanse in julle harte
Teenoor mekaar sit

Pappa se kinders
Asseblief
Julle moenie meer so maak
Veral nie as julle by ware intimiteit wil uitkom

Oe Pappa-God se kinders
Ek leer julle
Ek weet
So baie van julle is oop om te weet

Dankie liefste kinders
Dat Pappa julle vra kan sien
Dis vir My so lekker
As julle omgee om My antwoorde te hoor

Liefste-liefste kinders
Sê Daddy-God
Dis tyd dat julle daai skanse afbreek
Wat tussen jou en jou man of vrou bestaan

Julle moet mekaar se hartklop begin hoor
Julle moet teen mekaar sê bors kan lê
En sê
Wat is dit wat daarbinne lê

Oe kinders sê Pappa-God
Oe kinders
Ek wil julle leer
Dieper intimiteit met jou man of vrou

Dis vir My so hartseer
Sê Pappa-God
Wanneer Ek die maatstaf van wat ‘n huwelik kan wees neem
En sien soveel huwelike wat vêrs te kort skiet

Ek wil maar net sê
Liefste seun en dogter
Daar is soveel meer wonderlike plekke
Wat jou aardse huwelik kan bereik

Oe God se kinders
Sê Pappa-God
Kom leer van My
Kom sien hoe wonderlik aardse huwelik kan wees

Daar’s te min sê Pappa
Wat dit al ontdek het
Die ware mooi van huwelik
Ek wil dit aan meer gee

Kom liefste kinders
Kom sê Pappa
Net soos wat jy My moet ontdek
Ook met jou man of vrou

Moet nooit ophou nie kind
Moet nooit ophou om vrae te vra
Hoe voel jy hieroor liefie
En daaroor?

Oe kinders sê Daddy-God
Dis so mooi, so mooi
Wanneer huweliksmaats ontdek het
Hoe om mekaar te hoor

Daar’s min huwelike
Sê Pappa-God
So min
Wat dit waarlik ken

Oe Pappa se kinders
Vertel My
Smag julle nie ook daarna?
Huwelik bedoel soos in Pappa se hart

Ag Ek wou julle maar net kom wys
Sê Pappa
Net soos wat Ek en my bruid mekaar se harte ken
Net so ook jy met jou man of vrou s’n

Het jy dit al ontdek kind
Weet jy hoe jou liefste Pappa-God
Se hart klop
Ken jy die Bruidegom se hart?

Ek wil jou nader nooi kind
Dieper, meer
Kom lê
Kom lê teen Pappa se hart

Geen groter vreugde kind
Sal jy ken
As om My naby te hê
Op ‘n plek waar Ek en jy ALLES met mekaar deel

Oe dis so mooi
Dis ware lekkerte
Kom kind, kom ontdek My
Asseblief soos wat Ek van jou vra

Doen dit nou kind
Doen dit gou
Moenie terughou
Kom gee als vir My

Jou totale menswees kind
Moet oop voor My
Totaal ontbloot
Dit is liefste kind waar die mooiste intimiteit lê

Ek weet sê Daddy-God
Dat dit scary is
Vir baie mense om te doen
Dis moeilik om reg te kry

Ek verstaan sê Pappa
Want nie almal is altyd ewe heel
Maar kind Ek wil hê jy moet weet
Dit is die mikpunt waarna ons toe werk

Begin met klein treëtjies
Sê Daddy-God
Begin om elke dag dieper in jou man of vrou se hart te klim
Met die vrae wat jy vra

Kind sê Daddy-God
Kort voor lank sal jy sien
Jou man of vrou begin meer oopmaak
Hulle wil net sien of jy waarlik omgee

Kind begin klein
Sê Pappa-God
So klein
In die begin

Vat dit stadig
Moenie als in een dag wil vermag
Nee liefste kinders
Die beste kom nog, hou dit in oog

Gradually Pappa se kinders
Dis hoe enige verhouding groei
Stadig sê Pappa
Totdat hy begin spoed optel

Oe Pappa se kinders
Sê Pappa-God
Dis vir My lekker om die goed met julle te deel
Lewe uit Jesus-se-oogpunt 😉

Ons moet dit meer gereeld doen
Sê Pappa
Dis vir My vreeslik lekker
Om saam met jou te wees

Dankie dat jy opgedaag het kind
Dankie vir die saamkyk
Ons maak dan weer so
Volgende keer op … Die lewe deur Jesus se oë

Oe dis lekker sê Pappa se kind
So lekker om talk show host te speel
Dankie kinders van God dat julle opgedaag het
Dankie Vader, Seun en Heilige Gees

Pappa dis so lekker
Altyd lekker om van U te hoor
Volgende keer nooi ons U weer
Ons sien uit, so baie om U weer by ons te hê

Die Ere-gas van ons harte Pappa
Dit is wie U is
Voorwaar
Ons kan net dankie sê vir U skitterende teenwoordigheid

Om van U te leer
Bly so groot aanwins vir ons
Die lewe deur Jesus se oë
Is dan weer later terug

Tot dan
Boetie, sussie
Geniet ‘n wonderlike week verder
Tot ons weer saam op die kassie kuier

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment