Etiket: stiltetyd+intimiteit+God

  • Geniet jou Woord!

    Hierdie blog is ook op Finesse se Voelgoed Blogwerf … https://voelgoed.co.za/blogs/

    Bybel-lees … ‘n petalje van sy eie.

    Vir baie jare het ek glad nie Bybel gelees op my eie nie. Ek was een van daai na wie die predikant of pastoor verwys het as hy op ‘n Sondag gesê het … hulle Bybels gaar stof op gedurende die week.

    Ter verdediging en so effe tong-in-die-kies … ek het hom darem nou en dan afgestof want ek was gereeld in die kerk en dan het my Bybel saamgegaan.

    Hoekom het ek nooit nie eintlik Bybel gelees? Want dit was moeilik om te verstaan. En die lus het ontbreek. Dit was vervelig en het glad nie instantly opwinding in my hart ontketen nie. Ek wou nie aanhou met iets wat nie veel pret was nie. Daar was beter dinge om te doen so ja dit was dit.

    Kom ons vlieg vinnig vorentoe – net soos fast forward net die Afrikaanse weergawe. 😉

    Jare later, nadat ek Jesus (prys die Here) in verhouding ontdek het, sit ek so by Hom en Hy gesels bietjie met my. Ek hoor hoe Hy met my en Sy kinders praat oor Bybel-lees en ons wat dikwels so vinnig opgee daarmee of nie eens eintlik probeer nie. Hy sê toe: “Julle sal verbaas staan oor hoe Ek my Woord vir julle sal begin oopbreek as Ek sien dat julle daarmee aanhou. Dis hoe Ek julle harte toets. Dis hoe Ek weet dat julle rerig wil.”

    Sjoeeeee dis hammer-op-die-kop-slaan-stories daai. Die Here ken ons te goed! Tjop-tjop het Hy die simptome perfek gediagnoseer en sommer Sy hemelse medisyne kom uitdeel. Ek was in verwondering!

    Net nog ietsie voor ek gaan, Hy het ook bygevoeg: “Julle bekommer te veel oor wat julle nie verstaan in die Bybel nie. Werk met wat julle wel verstaan.” Want sien daar’s vlakke van openbaring en Hy weet presies watter areas in ons lewens eers aangeraak en deurwerk moet word voor Hy ons verder vat.

    Hoop dit haal tonne swaarte van julle rûe af soos julle Berg Bybel uitklim! ♥

  • Pad na die Kruis

    Pad na die Kruis

    Liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Aan die wat bly verdwaal
    Hom net nie kan vind

    (meer…)

  • God-afsprakies

    Die vrede van Bo
    Maak my hart so sag
    Dis so mooi
    Ek wens ek kon meer mense vertel

    (meer…)

  • Halleluja’s

    Die halleluja’s in die hemel
    Is net so mooi
    Hulle sing oor my Pappa
    Want Hy is beeldskoon

    (meer…)