God-afsprakies

Die vrede van Bo
Maak my hart so sag
Dis so mooi
Ek wens ek kon meer mense vertel

Ek wens ek kon vir hulle sê
Kinders van God
Kinders van die wêreld
Weet julle waarop julle uitmis?

Genade van Bo
Het my hand kom vat
Die dag toe ek vir Jesus ja sê
Die dag toe ek Hom innooi

Wil julle nie ook
Dieselfde kom doen
Wil julle nie kom uitvind
Wat dit is waarop julle uitmis

Daar is skatte van Bo
Wat ons Hemelse Vader met ons wil deel
Hy wil so graag
As ons net wou stilraak

Ja daar is baie dinge
Sê Abba-Vader
Waarop My kinders uitmis
As hulle nie ja sê vir tyd saam met My

Pappa se kinders
Sal julle asseblief leer
Sal julle asseblief verstaan
Ek My kinders wag vir julle

So baie kere sê Pappa
Wat Ek vir julle wag om op te daag
Maar dit gebeur nie gereeld
Amper nooit

Pappa se kinders
Asseblief
Sal julle op My julle Hemelse Koning begin wag
Net soos met iemand wat jy graag beter wil leer ken

Asseblief liefste kinders
Pappa se kinders
Sal julle begin opdaag
Die kere wat Ek wag?

Kinders dis so gereeld
Sê Pappa
So gereeld wat Ek bly sê
Kinders kom asseblief nou

Kinders vra Pappa
Sien julle
Dis so gereeld wat Ek fluister
Kinders wat van nou?

So baie kere sê Pappa
So baie kere
Word Ek die hand gewys deur My kinders
Nee Vader asseblief nie nou

Pappa se kinders
Asseblief
Verstaan julle nie
Ons moet konneksie behou

Dit gebeur gereeld
Sê ons Abba-God
So gereeld
Dat mense My vermy oor wat hulle dink Ek gaan vir hulle sê

Pappa se kinders
Asseblief My kinders
Hoekom is julle bang vir wat die beste Pappa ooit
Vir julle sal sê?

Pappa se kinders, asseblief
Ek vra julle eerder
Kom net nader aan My
Bly naby aan My

Kinders van My hart
Dit is waar julle sal bly leer
En besef
Ek is nie soos hierdie wêreld vir julle sê

As julle rerig wou weet
Vra Abba
Waarop julle uitmis
Moet julle nader kom aan My

Kinders julle word so
Belieg
Bedrieg
Deur wat die wêreld en vyand van My bly sê

Pappa se kinders, My kinders
Dis waar die probleem lê
Ek julle God kry so min kans
Om geheime van waarheid in julle ore te fluister

Pappa se kinders
Die van die wêreld ook
Asseblief luister na My
Julle leen julle ore vir die verkeerde gefluister

Hoekom liefste kinders
Is dit so
Hoekom bly julle so vêr van My
Hoekom laat julle toe dat die afstand groter raak

Liefste kinders
Asseblief
Pappa wil julle vra
Kom net nader aan My

Soveel genade sê Pappa
Soveel waarheid wat op julle wag
Sal julle asseblief toelaat dat die vrede van stil-raak by My
Om julle harte vou

Kinders van Abba-Vader
My kinders
Julle sou dit dadelik begin ervaar
As julle My net kans wou gee

Pappa se kinders
My liefste kinders
Weet dit asseblief
Die beste raad ooit klop nou aan jou deur

Kinders asseblief
Julle moet verstaan
Ek gee julle kans
Om in hierdie wêreld te triomfeer

Hoekom, hoekom vra Pappa
Hou julle aan nee sê
Vir oorwinning
Om in julle lewens te seëvier

Pappa se kinders
Als wat Ek weet julle nodig het vir hierdie lewe
Kan Ek vir julle gee
As julle net sou stilraak en vra

Kinders genesing diep
Hoop diep, vertroue diep
Al hierdie goetertjies groei so mooi
Wanneer julle vra na tyd saam met My

Pappa se kinders
My kinders
Alles, alles wat julle nodig het
Lê opgesluit in tyd saam met My

Dis die waarheid
Liefste kinders
Moenie meer nee sê
Daarvoor

Dieper en meer
Wil Ek altyd gee
Maar daar is so min
Wat uit die vlak waters wil vaar

Kinders asseblief
Nee
Moet dit nie meer doen
Dit is wat Pappa vra

Verheug jouself in My
Vra Pappa-God
En Ek sal vir jou gee
Die begeertes van jou hart

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment