Etiket: tye+van+wag

  • Tyd van perfeksie

    Tyd van perfeksie

    Kind van Abba-God
    Moet nooit opgee
    Dit is goue raad
    Nie altyd maklik om reg te kry

    Ja kind van God
    Sê Abba se kind
    Ek weet hoe dit is
    As swaar aan jou deur kom klop

    Ek weet sê Pappa-God se kind
    Hoe dit is en hoe dit voel
    Om met ‘n belofte van God
    In jou hart rond te loop

    ‘n Hartsbelofte
    Waarvan die vleeslike realiteit sê
    Nee wat gee maar op
    Dit gaan nooit gebeur

    Ek weet hoe dit is
    Liefste kind van Abba-God
    Om te voel
    Asof jy net in ongeloof vas kyk

    Ek weet kinders van Abba-God
    Hoe dit is sê Abba se kind
    As moed-verloor so naby lê
    As jy rerig begin voel dalk moet ek dit oorweeg

    Tog weet ek ook
    Liefste kind van Abba
    Boetie en sussie van my
    Hoe dit voel as God self die stuurman van Sy belofte in jou hart is

    Ek weet kind van Abba-God
    Hoe dit voel
    As die Here sê
    Nee liefste kind jy kan, jy moenie opgee

    Jy weet liefste kind van Abba
    Daai fluisterstem
    Wat vir jou sê
    Kom ons probeer net weer

    Liefste kind van Abba-God
    Sê Daddy se kind
    Ek weet hoe dit voel
    As God self Sy belofte in jou hart bewaar

    Ja liefste kinders van Abba
    Sê God se kind
    Ek weet hoe dit is
    Want ek ervaar dit al vir soveel jare

    Die kere wat ek sê
    Nee nie meer
    Die kere wat ek uiter
    Daddy hoeveel meer?

    Ek ken die swaar
    Ek ken die seer
    Van uitstel
    Daai wonder van gaan dit ooit gebeur?

    Ek wonder maar net
    Sê Abba se kind
    Ken jy dit dalk ook?
    Het jy raad daarvoor?

    ‘n Goddelike geduld
    Het in my hart begin groei
    ‘n Geduld wat begin sê het
    Kind wag net op God se tyd

    Sy tyd is so perfek
    So perfek vir elkeen van Sy kinders
    Sy hart en karakter so suiwer
    Ons kan Hom waarlik vertrou

    Sien sê Daddy se kind
    Ek weet nie van jou
    Maar vir my was dit nie
    Die maklikste om te leer

    Oe nee, oe nee
    In die begin het ek so geskop en gestoei
    Daddy ek wil dit nie so hê
    Hoekom moes dit so wees?

    Oe deur die baie jare van wag
    Vir my belofte om waar te raak
    Het ek dit al soveel kere gevra
    Het ek rerig al baie daaroor gewonder

    Maar kind van God sê Daddy se kind
    Ek wil net vir jou sê
    Skop en boks help niks
    Nie as jy bo alles in God se wil wil bly

    Want sien sê Pappa se kind
    So deur die jare
    Het ‘n diep aanvaarding
    In my hart begin wortel skiet

    God weet wat Hy doen
    Ek moet net vertrou
    Sien Daddy-God se kinders
    Vandag wag ek steeds vir Daddy-God se volle plan om te ontvou

    So deur die jare sê Pappa se kind
    Het ek al flitse ontvang
    ‘n Ietsie hier en ‘n ietsie daar
    Oor wat die toekoms inhou

    Ek dink Pappa-God het dit gedoen
    Om my te help nie moed-opgee
    Ek dink Hy het daarmee
    Hoop in my hart kom inbou

    Vir baie jare sê Daddy-God se kind
    Wag ek al
    Vir my belofte van God
    Om sy vervulling te ontvang

    Wanneer vra ek baie
    Wanneer Pappa
    Wanneer?
    Dis nou as ek nie vir Abba-God bly kyk

    Soveel kere het ek al fokus verloor
    God se kind gebeur dit dalk ook met jou?
    Dat die belofte groter raak as jou God
    En dan al is wat jy raaksien

    Oe ja ek weet sê Abba-God se kind
    Hoe dit is
    Hoe dit voel
    Ek was al baie daar

    Die kere wat ons so ‘n hoop en verwagting bou
    Op ons belofte wat moet waar raak
    Dat ons vergeet
    Om ons oë op God te hou

    En sien Daddy se kinders
    Dit kon ek al vind
    Dit is waar ons moed-verloor met ons belofte
    Dis waar ons begin dink aan opgee

    Pappa se kinders
    Ons moet dit nie meer doen
    Ons moet versigtig wees
    Dat ons nie vir twyfel en vrees so ‘n deur oopmaak

    Oe Pappa se kinders
    Ek wou maar net vir julle sê
    Kom ons wees en bly sterk in God
    Veral in daai tyd van wag vir dit om te gebeur

    God se beloftes
    Kan nooit ooit groter wees vir ons
    As God self
    Nee Hy is die mooiste een

    So kind van Abba-God
    Kan ek jou net vandag bemoedig
    Vat dit van ‘n sussie in Jesus
    God is vir ons

    Ja veral in die tye
    Wat dit so moeilik is om te glo
    Veral in die kere
    Wat die realiteit van ons situasie iets anders van ons vra

    Kinders van Abba-God
    Dit is wat geloof behaag
    Ja kinders van Abba-God
    Wat Sy Woord glo

    Oe dit bly
    Die mooiste mooi vir geloof
    As ons glo
    Dit wat ons nie met die oog kan sien

    Tog bly dit die swaarste swaar
    Vir geloof
    As ons nie glo
    Dit wat ons nog nie kan sien

    Sien Abba-God se kinders
    Daddy vra een ding van ons
    Bly vertrou My Woord is waar
    Selfs as soveel ander iets anders van jou vra

    Deur die jare
    Kinders van Abba
    Moes ek dit op die harde manier leer
    Die manier wat maak dat mens dit nie kan vergeet

    Ek wil jou dus maar net aanmoedig
    Liefste boetie en sussie
    Bly vertrou
    God weet wat Hy doen

    Sy tyd is gewoonlik nie ons s’n nie
    Maar dit is die beste tyd
    Dis een van die dinge wat ek moes leer
    Dat Daddy ALTYD van beter weet

    So deur die jare
    Het die besef ook al gegroei
    God is by my en Hy gee altyd om
    Maak nie saak of die wêreld se dinge ook so sê

    So dankbaar is ek tog
    Sê Abba-God se kind
    Vir elke goue les
    Wat ek al saam met Daddy kon leer

    Al was dit beslis nie maklik
    Weet Ek nou
    God is by my
    Om My nooit ooit te verlaat

    Sy liefde is so groot
    En deur die jare
    Het ek dit beslis
    Op dieper en mooier maniere gesmaak

    En sien kind van Abba-God
    Dit maak die wag die moeite werd
    Nie omdat ek noodwendig daarvan hou of dit verkies
    Maar omdat ek al kon sien waarvoor God dit draai

    Die mooiste lesse
    Sê Abba-God se kind
    Is in die wag-periodes van die lewe te leer
    Dit het ek al gevind

    Dis hoekom baie kere
    As ek voel ek wil begin boks en skop vra
    Daddy help my asseblief hierdeur
    Help my om op U tyd te wag

    Want sien Abba se tyd is altyd
    ‘n Tyd van perfeksie
    ‘n Tyd waar jy niks
    Hoef by te voeg of weg te laat

    En sien
    Dis vir daai tyd wat ek wag
    Ek wou jou maar net aanmoedig
    Kom wag saam met my

    Daar’s baie kinders van Abba-God
    Met beloftes van Bo in hulle harte
    Moenie opgee op hulle nie kinders van Abba
    Hou vas aan hulle elkeen

    Dis hoe hulle gebeur
    Dis hoe hulle vervulling ontvang
    Ons wat aanhou glo
    Ons wat nie een keer op hulle opgee

    Kinders van Abba
    Sê Daddy se kind
    Ek vra julle dus
    Glo julle dis die moeite werd?

    Hou dan aan boetie, sussies
    Om vir jou belofte
    Te bly intree
    Ja baklei vir hom met die wapens wat Jesus gee

    Staan op hom kind van God
    Bely dit is waar, dit is so en dit gaan gebeur
    Spreek lewe en nie dood
    En voor jy weet het jou perfekte tyd aangebreek

    Nooit ooit sal ek sê sê Abba-God se kind
    Dat dit maklik is
    Tog glo ek met elke stukkie in my
    Dit is die moeite werd

    Oor en oor en oor en oor
    Dit is wat ek glo
    Ek gaan sê
    Die dag wanneer God se dag van vervulling vir my aanbreek

    Tot dan
    Kinders van Abba
    Kom ons hou aan
    Kom ons hou aan om te glo

    Geloof eer God altyd
    En ons gaan so die vrugte smaak wat glo-God inhou
    Ja so selfs al kom die werklikheid se leuens
    Sal ek steeds in geloof vashou

    Want ek weet en ek glo
    Met alles in my
    Van dag een af
    Het God aan my belofte gebou

    Ja van dag een af
    Toe ek nog nie lekker geweet het
    Is dit God
    Of verbeel ek my?

    Nee Daddy se kinders
    Nee jy sal weet
    ‘n Belofte wat God plant
    Hy sit baie diep

    Geen mens kan hom daaruit help
    Geen mens kan hom wegvat
    Nee net ons wat ons rug
    Op God en Sy wil vir ons draai

    Moet dit dan asseblief nie doen nie
    Kinders van Abba
    Dis die moeite werd
    Om op ‘n belofte van God te wag

    My hart gaan dit nog proe
    My lewe gaan dit nog smaak
    Ek profeteer en spreek dit oor my lewe
    Die dag as God se tyd-van-belofte vir my aanbreek

    Tot dan
    Liefste kinders van Abba
    Moet ons aanhou om die pad van geloof
    Saam met God te loop

    Ons moenie ophou vertrou
    Ons moet aanhou glo
    Die kere wat dit moeilik raak
    Bly bid en kyk na Bo

    Dis hoe ons deurtrek
    Kinders van Abba-God
    Dis hoe ons sterk word in geloof
    Dis hoe geloof die mooiste vrugte in ons lewens voortbring

    Hou aan glo
    Kind van God
    Hou net aan glo
    Die donker dae kom, maar die mooies ook weer

    Elke seisoen is nodig
    Kind van God
    Om die mooiste eienskappe in ons lewens in te bou
    Kom ons sê nie nee dankie daarvoor

    As ons kon sien
    As ons net wou begin glo
    God kan selfs die verkeerd gebruik
    Om mooi in ons lewens te bou

    Dis hoekom kinders van Abba
    Daar altyd vir die uitgeworpenes
    Verkeerdes en die sonder hoop
    Hoop sal wees

    Ja-nee
    Niemand is te vêr van God
    Niemand, niemand
    Nooit nie

    Altyd-altyd is daar hoop
    Vir ‘n nuwe begin
    Vir nuwe glo
    Vir die wat nie opgee

    Kinders van Abba-God
    Kom
    Kom glo asseblief
    Dat God vir jou is

    Deur die donkerste nagte
    Sal hierdie woorde hoop aan jou hart gee
    Veral as jy dit glo
    Veral as jy vashou aan hulle

    Kom kind van Abba
    Kom
    Jy wat vashou aan ‘n belofte van God
    Kom ons druk deur

    Deur saam met God
    Tot ons die oorwinning smaak
    Is dit nou ‘n belofte van God uit Sy Woord
    Of een wat Hy kom bêre het in die dieptes van jou hart

    Hou aan glo
    Hou aan glo
    Moenie kind van God
    Asseblief, ooit op een opgee

    Amen.