Loof die Here
Glorie aan Hom alleen
Die Een wat op die Ewige Troon sit
Nou en veraltyd
Etiket: gedigte+poësie
-
Veraltyd
-
Vanuit die Hart
Oorgee van die hart
Dit is waarna ons Vader verlang
Kinders wat Hom liefhet, dien en glo
Hy hulle enigste bestaan -
Harte wat wil
Ons Koning is so mooi
Hy het die mooiste hart ooit
Hoe bid ek julle kon dit sien
Ook julle kon dit vind -
Druppels van Liefde
Mooiste mooi druppels
Val op die aarde neer
Hulle benat die aarde
Hulle sit vrede en blydskap in my hart -
Kommunikasie met God
Die slotte in en om my hart
Het U kom vervang met U Ewige Hoop
Liewe Heer, Abba Vader, Koning van die Heelal
Ek loof en prys U Naam daarvoor
