Kommunikasie met God

Die slotte in en om my hart
Het U kom vervang met U Ewige Hoop
Liewe Heer, Abba Vader, Koning van die Heelal
Ek loof en prys U Naam daarvoor

Abba U is so waardig
Alle lof, prys en eer wil ek U Naam toebring
Ek wil U lof besing
Van nou af tot in alle ewigheid

U is die Groot Koning
Die Koning van die Heelal
Hoog verhewe sal U vir altyd
Oor alles en almal uittroon

Niemand is daar soos U
Ons God
Skepper van die Heelal
Gewer van alles wat mooi is in my hart

Koning Jesus
Vader-God
U Naam wil ek besing
Van nou af tot in ewigheid

Nader en nader
Wil ek aan U hart groei o Heer
Ek wil nie hê dat enige iets my ooit van stryk moet bring
Daarom wil ek sê ek gee aan U volle beheer

U kan alles kry o Heer
My hart
My wese
Wie ek is diep binne-in

Dis U wie ek bemin
Koning Jesus
U is die prins wat vir altyd
My hart se troon bewoon

Koning Jesus, Pappa-God
U is alles vir my
Ek wil hê U moet dit weet
U is o Vader alles maar alles vir my

Om U te ken
Om U hart te voel
Om U stem te hoor
Dit is, Alles vir my

Ek gee U my hart o Heer
Elke dag wil ek net meer en meer oorgee
Wie kan gee wat U kan gee?
Wie anders kan hierdie vlam van passie vir U in my hart aansteek

Abba ek wil niks met hierdie wêreld
En sy vuil werke te doen hê
Abba ek wil as U kind – U bruid
U aangesig bo alles om my liewer hê

My hart smag na intimiteit met U
Meer en meer
O Heer
Wil U dit asseblief aan my gee

Wil U alles verwyder
Wat skeiding tussen ons bring
Ek wil vra Abba
Vir ‘n OOP DEUR tussen my en U

Oop, vrye, diep kommunikasie met U
Dit is waarna ek verlang
Abba ek vra en bid
Sal U dit asseblief ook aan elkeen van U ander kinders gee

Abba maak U en U weë
Al wat belangrik is in ons harte
Abba mag ons weier om ooit boedel oor te gee
Mag ons altyd weet dis U wat ons harte wil bewoon

Abba ons harte kan nie skoon
En leeg bly van sonde sonder U
Abba ons het U nodig
Elke dag so nodig om vir ons die pad aan te dui

Meer en meer Koning Jesus
Abba God wil ek U kinders nader nooi
Om net soos ek
U hart te kom verken

Abba dis nie net ek wat U stem kan hoor
U wil dit aan elkeen van U kinders skenk
Liewe kinders sal julle My glo
Ek wil dit so graag ook aan julle gee

Verdiep jouself My kind
In My weë
In My aangesig
En jy sal vind Ek klop altyd aan jou deur

Liefste kinders
Ek wil altyd-altyd meer aan julle gee
Liefste kinders daar is altyd so min wat daarna kom vra
Wat bereid is om te kom

Sê My liefste kind
Is dit hierdie keer dalk jy?
Jy wat kies en sê
Hierdie keer gaan ek my God glo

Kommunikasie met My
Is vir elkeen van My kinders bedoel
Nie ‘n uitgesoekte paar
Vir almal sê ons Pappa-God

Pappa-God kan ons U liewer hê?
Kan ons U meer bemin?
Abba ek wil vra kom doen dit asseblief
In my eie hart

Dat U Naam en U lof besing
Vir altyd die lied op my lippe sal wees
Pappa-God ons loof, eer en prys U Naam
U is waardig van nou af tot in alle ewigheid

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Kommunikasie met God”

Leave a comment