Etiket: glo+soos+’n+kind

  • Blye versekering

    Aan die begin van my verhouding-bou met God het ek regtig gewonder of Hy my sien, of Hy omgee dat ek elke dag tyd uitkerf om saam met Hom te spandeer. Wou Hy regtig hê ek, gewone ek, moet Hom, die Koning van die Heelal, beter leer ken?

    Hy het so verskriklik vêr gevoel en ek so klein soos ‘n miertjie teen Sy grootheid. Was Hy werklik aangeraak deur my en my nader-tot-God-treë? Ja, nou ken ek Hom en Sy Woord veel beter maar daardie jare was ek nat agter die ore, ‘n ware groentjie in die geloof of ‘n pad saam met Jesus bewandel.

    Dalk kan jy jouself vandag met my destydse penarie vereenselwig. Dalk maak dit vir jou ‘n bietjie sin. Dalk sit jy ook vandag op dieselfde denkbeeldige stoel waarop ek daai tyd gesit het. Jy wonder gaan tyd maak vir God waarlik vrugte afwerp?

    ‘n Mens wonder daaroor né want daar is geen flikkerende vuurwerke wat in ekstase begin rondspring of engele wat ‘n koninklike rooi tapyt in verwelkoming voor jou uitrol soos jy die deur vir Stiltetyd agter jou toemaak nie. Wel, blinkoog bekyk hulle die okkasie seker beslis … ons is net nie fisies van hulle bewus. 😉

    Vandag wil ek jou kom bemoedig met dié woorde. Glo. Dit is regtig ‘n saak van geloof. Om tot God te nader. Hou aan en moenie stop. Kort voor lank sal jy smaak die ongelooflike ontmoetings van God se treë soos Hy ook tot jou begin nader. Nes die versie in die Bybel sê:

    Nader tot God en Hy sal tot julle nader.

    Jakobus 4:8

    Sien, dis my storie. My presiese storie. Ek het Hom begin soek, deur Sy groot wonderlike genade alleen, en het ek gevind! Wow, sjoe, jô … ek kan vir jou beloof. Te veel stories daarbuite bevestig ook presies wat ek nou hier met julle deel. Sou my woord nie genoeg vir jou wees. 😉 (Gaan Youtube CBN Testimonies)

    Ek weet boetie en sussie dis dikwels so, so moeilik om deur te druk, om te glo totdat jy ervaar maar ek wil hê jy moet vandag hoor, met die diepste plekkie van jou hart se ore … God sien. Hy sien, sien, sien jou soeke na Hom en Hy sal jou beloon.

    Moenie opgee nie. As jy partymaal faal as gevolg van watter rede ookal. Weet en onthou … God vergewe en Hy wil jou so graag naby, teenaan Hom en Sy praghart hê. Ek wens jy kon sien wat ek vandag weet, span jou geloofsoë in toe … Jesus self wat jou aancheer … “Kom kind, kom, nog ‘n entjie nader, kom, kom kyk wat is vir jou voorberei. Jy kan, jy kan!” met die grootste afwagting op Sy gelaat.

    As jy ‘n dag mis, as jy tien dae mis … om by Jesus uit te kom. Klim net weer op die ‘fiets van verhouding-bou’ en trap aan. Hou aan, hou aan, hou aan. Dit is die woorde wat suksesvolle vrugte afwerp in enige area van hierdie lewe. So sal dit ook vir jou wees met die treë wat jy opreg in Sy rigting bly gee.

    Ja ek het al baie vir myself gesê … “Letitia as jy net vroeër met God verhouding begin bou het” … tog is ek so dankbaar dat ek dit kon ontdek en dat dit nie eers veel later in my lewe my beskore was nie. Ek het nie woorde om te verwoord die mooi wat Hy al in my hart kom plant het nie. Wel laat ek dit so stel, daar is te veel en hulle is almal basies sinonieme van hemelse vreugde.

    Aaahh wel, hier is ons nou weer aan die einde van ‘n kuber briefie. Ek stuur vir julle liefde. Onthou, jy hoef dit nooit weer te bevraagteken …

    GOD SIEN.

    Ons gesels weer, waardeer julle! ♥

    Wat sê jy?

    Is die bogenoemde iets wat vir jou ‘n uitdaging is of was? Motiveer hierdie briefie jou om aan te hou treë nader aan God gee? Altyd lekker om julle harte te hoor! 🙂

  • Spierbou sake

    Spierbou sake

    Geloof sê Daddy
    Is al wat nodig is
    Om die onmoontlike
    In jou lewe te laat gebeur

    Solank as wat julle glo
    Sê Daddy
    Solank kinders van God
    Kan Ek dit doen

    Oor en oor
    Sê Daddy-God
    Sê Ek dit in My Woord
    Glo kind, glo soos ‘n kind

    Dit gebeur partykeer
    Sê Daddy
    Dat mense so min vertroue en geloof in My het
    Dat Ek waarlik amper niks kan uitrig

    Ek probeer so gereeld
    Sê Daddy
    Om My kinders se geloof te laat toeneem
    Maar jong dis swaar

    Soveel van My kinders
    Sê Daddy-God
    Wat soos ‘n steeksdonkie skop
    Die kere wat Ek hulle die dieper dinge van die Gees wil leer

    Soveel diepte sê Abba
    Soveel rykdom
    Wat in My lê
    Kind hoekom sê jy nee daarvoor?

    Julle moet dit asseblief nie meer doen nie
    Kinders van Abba
    Asseblief
    Laat My toe om julle te leer

    Die mooiste Gees-geskenke
    Sê Abba
    Lê voor jou deur
    Kind wanneer gaan jy hulle begin oopmaak?

    Julle vertrou My te min sê Abba
    Julle is te veel kere
    Vol te veel verskonings
    Asseblief moenie meer so maak

    Liefste kinders
    Sê Abba-Vader
    Daar is diep vlakke van geloof
    Waarheen Ek julle wil neem

    Kinders sê Pappa-God
    Ek wil so graag hê
    Julle moet My met die klein
    Maar ook die groot in julle lewens vertrou

    Kinders asseblief vra Pappa
    Begin My dieper ken
    Begin My dieper liefkry
    Kinders asseblief

    Daar’s intimiteit
    Sê Daddy-God
    Dieper intimiteit
    Wat Ek so graag tussen ons harte wil bou

    Oe Pappa se kinders
    Oe
    Hoekom sê julle nee daarvoor
    Wys My konstant die deur

    Pappa se kinders
    Asseblief vertrou My
    Vertrou My as Ek vir julle sê
    Julle is besig om uit te mis

    Soveel sê Abba
    Soveel
    Ek wens dit was nie meer so
    Ek wens rerig julle wou meer hê

    Meer van My sê Abba
    Meer van My
    My alles kinders
    Dis wat vir julle lê en wag

    Hoe, hoe kan julle nee sê
    Hoe kan julle bly nee sê
    Julle is so verkeerd
    Wanneer julle dit doen

    Pappa se kinders
    Kinders van die wêreld
    Kan Ek julle vra
    Laat toe dat julle geloof spiere groei

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa
    Baie van julle swoeg en sweet in aardse gimnasiums
    Sonder om ooit te dink hoe vertoon my geloofspiere

    Hulle is maar yl kinders
    Baie, baie yl
    Ek weet nie eers
    Of julle die kleinste gewiggie daarmee sal kan optel

    Oe Pappa se kinders
    Ek wil julle vra
    Mans en vrouens
    Kom neem ‘n bietjie deel aan geloof se wys-lyf kompetisie

    Ek wil julle vra kinders
    Rerig-erig
    Begin ‘n bietjie om julleself te oefen
    Sodat julle op so ‘n kompetisie goed sal lyk

    Pappa se kinders
    Kinders van die wêreld
    Kan Ek vra rerig
    Begin op so kompetisie goed lyk

    Ja kinders asseblief
    Begin om julle spiere af te show
    Vir die skares mense
    Wat vir julle kyk

    Begin om hulle oe’s en aah’s in te neem
    Kinders
    Soos julle hulle toelaat om te sien
    Die spiere wat julle al in die Gees kon bou

    Ek wil julle op daai plek kry kinders
    Waar julle die proteïen-shakes
    En resepte van My Woord
    Sal begin volg

    Ja liefste kinders
    Asseblief
    Vra Pappa
    Asseblief

    Daar is geen beter aanvulling kind
    Wat jy ooit nodig sal hê
    Om vir hierdie lewe en sy gewigte
    In te neem

    Ek wil hê ons moet die probleme van die lewe
    Begin stoot My kinders
    Soos julle dit noem
    Ek wil hê julle spiere moet begin skeur sodat daar groteres kan begin vorm

    Oe My kinders
    Sê Pappa
    Hoekom, hoekom kinders van die wêreld
    Wil julle aanhou om in die Gees so yl te vertoon

    Ek wens mense wou begin verder kyk
    Sê Pappa
    Ek wens hulle wou begin om saam met My
    Oefensessies in te werk

    Kinders sê Daddy
    Die wêreld leer julle so verkeerd
    As hulle julle leer
    Om net in die vlees sterk en gesond te vertoon

    Julle moet nooit uit oog verloor
    Liefste kinders
    Hoe lyk die armspiere wat jy in die Gees bou
    Sal jy ooit ‘n armdruk teen Satan en sy demone wen?

    Oe julle is verkeerd
    Liefste kinders sê Pappa
    Julle maak verkeerd
    As julle net na die wêreld se raad van gesond en sterk-wees luister

    Julle is besig om verkeerd te maak
    Liefste kinders
    So verkeerd
    Pappa is besig om julle te leer

    Ek sê nie kinders
    Begin opgee die tyd wat jy by die gimnasium spandeer
    Ek sê begin asseblief
    Om saam met My ook oefensessies in te werk

    Ek wens net julle kon sien
    Sê Abba-God
    Die ure en ure wat julle by die gym spandeer
    Dat dit nie veel sterk-word-in-God inspuitings inhou

    Oe ja kinders
    Sê Abba-God
    Ek weet, Ek weet
    Julle weet

    Begin My deel-maak liefste kinders
    Sê Pappa
    Van die tyd wat jy by die gym spandeer
    Maar ook elders

    Asseblief Pappa se kinders
    Asseblief
    Begin dit doen
    Begin probeer

    Oe Pappa se kinders
    Die beste spiere kan ons saam bou
    Ek sal jou wys
    Ek weet net hoe

    Ek wil hê jy moet in die Gees kind
    Breëbors begin loop
    Ek wil hê jy moet in die Gees begin weet
    Saam met My kan jy aardse probleme stormloop

    Ja liefste kinders
    Asseblief sê Pappa
    Ek wil hê hulle moet teen jou fris sterk bors vaskyk en sê
    Oe gaats nou het ons probleme

    Ja liefste kinders sê Pappa-God
    Daar’s te veel van julle wat in gyms oefen
    Maar sodra probleme aan jou aardse deur kom klop
    Dan weet jy nie hoe gemaak

    Begin net asseblief liefste kinders
    Om My wysheid en insig
    ‘n Hoër plek van prioriteit
    In julle lewens te gee

    Asseblief kinders
    Asseblief
    Begin om sterker te word in My
    Begin jou Jesus-spiere wys

    Kom kinders
    Kom sê Abba
    Ek weet julle kan dit doen
    Ek weet julle kan way sterk word in My

    En mense sal dit sien kinders
    Hulle sal julle spiere in My begin bewonder
    Hulle sal julle aanstaar
    Hulle sal sê ons soek dit ook

    Kom kinders
    Kom sê Pappa
    Kom word sterk in My
    Begin ‘n body-builder in Gees raak

    Begin om na My Raad te luister
    Kinders asseblief
    Ek wil hê julle moet weet
    Julle kan geen beter Gym-Instrukteur as Ek vir die gym van die lewe hê

    Kinders Ek is so gekonfyt
    In die probleme van die lewe
    So gekonfyt
    Daar is nie ‘n trick in die boek wat Ek jou nie kan leer

    Oe kinders sê Pappa-God
    Ek praat nou nie van kort-pad vat
    Dit is mos wat steroïede
    En verbode middels julle leer

    Nee liefste kinders
    Pappa-God praat
    Van die natuurlike
    Gesonde manier van spierbou

    Ja-nee kinders
    Kom probeer dit veel eerder
    Die newe-effekte van verkeerd spierbou
    Is nie rerig iets wat jy in jou lewe wil plek gee

    Die effekte is dodelik kinders
    Dodelik vir julle gees en vlees
    Wanneer julle kies om julleself met gif in te spuit
    Iets wat op die long-run net skade vir julle liggaam inhou

    Kinders sê Daddy
    Dis soos rook en drink, dwelms-gebruik
    Begin om dit nie te doen
    Is dit nie wat enige goeie gym-instrukteur julle leer

    Begin om na julle liggame te kyk
    Begin om dit te waardeer
    Begin om reg te eet
    Kinders is dit nie wat hulle julle leer

    Hoekom sê Daddy
    Kinders
    Gee ons goeie instrukteurs meer om oor julle lywe
    As wat julle doen

    Ek wil rerig vra
    Asseblief kinders
    Moenie aanhou om julle aardse tentwonings af te breek
    As dit soveel waarde dra

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dit dra in hulleself ‘n hemelse skat
    ‘n Ewige siel wat Ek hoop vir altyd by My sal wees

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Asseblief
    Begin om julleself na waarde te waardeer

    Dis maar My vra
    Sê Daddy-God
    Begin om na julleself te kyk
    Begin om hemel-spiere te bou

    Ja kinders
    Ja
    Sê Pappa-God
    Asseblief begin so maak

    Geen nadele sal My raad vir jou inhou
    Net die lewe en als wat mooi is
    Dit is mos
    Wat Johannes 10:10 vir julle vertel

    Pappa se kinders, kinders van die wêreld
    Glo My asseblief
    Begin om goud te wen
    In die kompetisies van geloof-spierbou

    Dis nie so moeilik nie kinders
    Net soos met aardse spierbou en fiks word
    Vra dit net
    Bly doelgerig, bly getrou met elke oefensessie

    Dis hoekom Ek kinders van die wêreld
    Altyd vra
    Kinders daag op in stiltetyd
    Begin om op My te wag

    Kinders
    Julle maak dit baie dikwels
    Baie meer gekompliseerd
    As wat dit nodig is om te wees

    Dis eenvoudig liefste kind, so eenvoudig
    Begin net om Bybel te lees, stap 1
    Stap 2 sou wees om My te vra om jou te help om dit uit te leef
    Oorwinning is wat stap 3 vir jou inhou en dan herhaal

    Oe Pappa se kinders
    Oe Pappa se kinders
    Ek vra julle
    Begin asseblief om saam met My jou Jesus-spiere te bou

    Julle almal het dit kinders
    Julle het rerig net eintlik nodig
    Om hulle te begin oefen
    En hulle sterk te kry

    Kort voor lank sal julle nie eers meer
    Die stretches voel nie
    Dan sal julle weet en besef
    Ek is reg vir die volgende vlak

    Ja kinders, ja
    Daar is heelwat vlakke van sterk-word-in-My
    Elke vlak gaan jou spiere toets
    Elke vlak gaan jou ‘n dag of twee spierpyn gee

    Maar dis mos maar
    Hoe mens weet en voel
    Jou spiere is gewerk
    Die gym is besig om sy werk goed te doen

    Sien kind dis eenvoudig sê Pappa
    Veel eenvoudiger as wat mense dink
    Ek dink dis net die duiwel wat wil hê
    Julle moet aanhou glo dat My oefeninge vir julle onoorkombaar is

    Kinders sê Daddy
    Dis mos wat party van julle
    Dikwels vir julleself vertel
    Dis te moeilik, ek kan dit nie regkry

    Wat sê die gym-instrukteur dan vir julle?
    Kinders is dit nie…
    Probeer net weer
    Jy sal dit spoedig regkry

    Kind sê Daddy, kind
    Glo dit nou vir ‘n slag
    Want dis waar
    Aanhouer wen altyd

    Doen iets totdat jy dit regkry
    Kind is dit nie so
    Ja kind sê Pappa, ja
    Dit is so, Ek wil jou aanmoedig

    Hou asseblief aan
    Om jou geestelike spiere te bou
    Hou aan kind, hou aan
    Totdat jy die kroon van die lewe ontvang

    Nou dit is ‘n prys om te wen
    Sê Daddy-God
    Daar is geen prys soos hy
    Dit is waarna ons mik

    Ja liefste kind
    Om die hemelse prys te behaal
    Dis hoekom Ek vra
    Kom ons hou daai gees-spiere fiks en gesond

    Daar is ‘n paar battles kind
    Wat ons in die geveg van die lewe gaan moet ore aansit
    Maar saam kan ons dit doen kind
    Saam kan ons dit doen

    Ek’s aan jou kant kind
    En tot die einde sal Ek jou ondersteun
    Dis mos waar goeie instrukteurs is
    Aan jou sy

    Kind Ek wil ook net sê
    Vir julle wat altyd so gereed en vinnig is
    Om saam met My ‘n sterk-word-sessie in te werk
    Dankie daarvoor

    Dankie dat julle die waarde daarvan besef
    Die waarde wat dit vir julle inhou
    Dat julle aanhou selfs al is dit nie lekker
    Want julle wil die eindresulate sien

    Dis mos maar altyd lekker
    Sê Pappa
    Wanneer die spiere begin wys en jy kan sien
    Die opoffering betaal af

    Kinders dankie
    Dankie dat julle nie opgee
    Dat julle aanhou
    Julle is die beste spierbou kandidate waarvoor mens kan vra

    My hart swel van trots
    Oor al die medaljes wat julle inryg
    Net soos julle aardse instrukteurs sê
    Harde werk word beloon!

    Dis lekker wanneer mens erkenning ontvang vir pligsgetroue werk
    Dit is so kinders
    Ek weet
    Julle geniet dit net so

    Dis soos die Olimpiese Wenners kinders
    Jare lank het hulle hoeveel dae gekla
    Wou hulle opgee maar wanneer hulle op daai podiums staan
    Is als die moeite werd!!!

    Oor en oor sê hulle dan
    Oor en oor is dit die moeite werd
    Al die reg eet, al die min slaap
    Al die harde werk, al die doelgerig bly

    Oe kinders sê Abba
    Dis My hart vir julle
    Ek wil hê julle moet eendag by die grootste kompetisie
    Rond kan dans en sê als was die moeite werd

    Net deurdruk kinders, net deurdruk
    Julle moet julle spiere
    Net toelaat om spier te bou
    So dankbaar, so dankbaar gaan julle wees!

    ‘n Hemelse Prys
    Word in vooruitsig gehou
    Dit moet julle in oog hou
    Met die begeerte ek gaan wen

    Dis wat Olimpiese Spelers
    Laat aanhou kinders
    Daai begeerte wat sê
    Ek gaan om te wen!

    Help mos nie mens gaan met ‘n ander ingesteldheid nie né kinders
    Nee wat
    Dis dan
    Dis dan wat ‘n mens te maklik moed opgee

    Nee kinders
    Maak dit op in julle harte
    Ek gaan aanhou
    Maak nie saak wat

    Dis so ingesteldheid kind
    Dis so ingestelheid waarvan Ek praat
    So ingesteldheid sien resultate
    En dis mos wat julle so graag wil hê!

    Hou aan kind, hou aan
    Soos ‘n goue gym-ganger
    Hulle hou aan met hulle oefensessies
    Wind, son of stormweer

    Net aanhou kind
    Maak nie saak wat gebeur
    Hard werk, hard werk
    Tot die einde toe

    Amen.

    Mag ek sê, ek LIEF dié? Die Here is net so wys, en die praktiese toepassing, aah man lieflik. Hoop dit seën ook julle harte met soveel sonskyn! Hoor graag van jou! Letitia x

  • Ateïs-kind

    My hart is verstom
    Hierdie wêreld
    Ken nie my Pappa nie
    Julle het nie ‘n clue

    (meer…)

  • Goue woorde

    Gee My al die lof
    En eer van julle harte
    Laat My binnekom
    Dit is wat Abba sê

    (meer…)