Etiket: inspirasie+bemoediging

  • Soek Jesus die jaar met ‘n volkome hart

    Liewe vriende,

    My nuwejaars-seënwens aan julle elkeen. Ek wil dit graag met julle deel, al is dit al Februarie! 😋

    Vroeër die jaar lees ek hierdie woorde van Paulus aan die Korinte en sien ewe skielik duidelik ‘n strategie van die duiwel. Dit is die vyand van my en jou se verhouding met God.

    “Ek is tog bang dat julle gedagtes weggevoer sal word van julle opregte en suiwer toewyding aan Christus, net soos die slang Eva met sy listigheid verlei het.”

    Wat val Satan aan, konstant, in elke gelowige se lewe?

    Ons heelhartige, opregte, suiwer toewyding aan God.

    Hoe doen hy dit?  Deur listigheid en bedrog, baie subtiel en slinks.

    Hy probeer altyd om ons toewyding te verminder deur onder andere baie aantreklike aanloklikhede te stuur wat ongelooflik moeilik is om te weier. En hy sê nie vir ons nie, ons is besig om te divert wanneer ons vir hulle ja sê.

    Dit herinner my aan ‘n storie wat julle dalk al gehoor het. Dit vertel van ‘n persoon wat reguit geloop het maar na ‘n rukkie het hy koers verander. Dit was effe, soos ek meen ‘n millimeter dalk maar toe hy eers die koers kies en begin stap en al hoe verder aanhou daarmee het dit hom naderhand op ‘n 90 grade of meer punt weg van sy punt waar hy sou opeindig gebring. Dis wat begin gebeur as ons toelaat dat ander dinge die aandag begin kry wat Abba toekom. Dit steel ons devotion aan Hom, dit maak dit halfhartig, afgewater, tweedehands en dis nie wat ons wil hê moet gebeur.

    Daar is ‘n battle te baklei kind van God, in elkeen van ons se lewens. Ons kan God nie met halfhartige harte dien nie. Nie as ons regtig by die wonder van wie Hy is en wat ons in verhouding met Hom kan smaak wil uitkom nie. Wees bewus.

    Dis maar tot wat ek my en jou vandag wil aanspoor … WHOLEHEARTED DEVOTION aan Pappa-God. Die heel-jaar deur.

    Mag 2020 julle beste jaar nog saam met God wees. Mag Jesus regtig Koning in ons lewens wees.

    Baie liefde!

    Letitia

    #HerstelFokus #HouFokus #GodEerste #WeesBewusVanDitWatAandagSteel
    #aanloklikhede #BegeerlikhedeVanDieVlees #JesusIsDieLekkersteLekker #OnsIsGemaakVirDieEwige #IetsInOnsElkeenSmagNaMeer #DieTydelikeVervulNieNaastenbyDieselfdeHulleKanNie

  • Voorgee boomerang verhouding

    Wees jouself. Iets wat soms moeilik is om reg te kry wanneer jy in die heilige teenwoordigheid van die asembenewende God sit. Dis nou as jy my eerlike opinie en ervaring se terugvoer vra. Om heeltemal oop te maak en God te vertrou met wat in die binnestes van jou hart aangaan is uitdagend. Wat as daar iets is waarvoor jy moet bely? 😉

    Tog is ek so dankbaar dat Abba daar is, dat Hy wel wil hê ek moet na Hom kom en dat Sy hart so sag en verwelkomend wink. Altyd. Ek dink partykeer gaan ons te vinnig oor dié tipe waarhede want hulle raak cliche‘s van te-veel-hoor en dan maak ons hulle nie ons eie nie. As ons het sou ons mos nie geslote boeke vir God bly nie?

    Deur die jare het ek beslis geleer, wees net jouself Letitia, al is dit soms scary, al kry jy dit nie altyd heel gemaklik reg nie. Hou net aan. Wees jou eerlike ontblote self met Pappa want Hy geniet dit ek glo. Dis wat ek ervaar as ek sien Sy oog wat knipoog en Hy sê: “My liefste kind, jy is op die regte pad, hou net aan, dis hoe ons verhouding sterker groei.”

    Kom ons wees nie skaam liefste kind van God om Hom toe te laat in die diepste kamers van ons hart nie. Ja dis ‘n proses, ‘n lieflike reis maar jong as ons commit om te groei en om treetjie vir treetjie te bly groei gaan ons by die mooiste pieke van liefdesverhouding met Abba aandoen en dit maak die pad tot daar oor en oor die moeite werd.

    Hou aan! Deel jou hart met Abba! Al is dit net vandag om aan Hom te erken … Daddy daai persoon het my die hoenders ingemaak of ek kan nie, ek kan nie sonder U, liefde vir die wêreld wys nie. Hy is so, so ‘n goeie Pappa. Amen? Amen!!

    #VeralWanneerDieVersoekingGrootIsOmBesteVoetjieTeBlyVoorsit #LaatSakDieSkanse #LaatGodToeOmJOUTeSien #SoveelLiefdeIsHy

    Jy kan die blog ook hier https://voelgoed.co.za/voorgee-boomerang-verhouding/ lees!

  • ‘n Struikelblok oppad na Stiltetyd

    Hierdie blog is ook op https://voelgoed.co.za/blogs/ gepubliseer.

    Soos ek terugkyk op my pad saam met die Here onthou ek hoeveel kere ek ongemaklik was om vir God te gaan kuier omdat ek skaam gekry en sleg gevoel het. Ek sou na my eie prestasies kyk, byvoorbeeld hoe ek die vorige dag opgetree het, hoeveel dinge ek reg of verkeerd gedoen het. Soos ‘n skaal julle weet myself mooi opweeg en dikwels is ek te lig bevind.

    Dit het my vrymoedigheid gesteel en ek het regtig nie gedink dat God tevrede of beindruk sou wees met my nie. Sien ek het so half ‘n pakslae of teregwysing van Sy kant verwag. Maar wat ek deur die jare meer besef en geleer het is dat daar ‘n probleem was met die opname van my. Sien want wanneer ons so optree kom ons eintlik in onsself voor God en nie ten volle in of deur Jesus en Sy perfekte oorwinning behaal aan die Kruis van Golgota nie.

    Onbewustelik en baie subtiel maar tog presies net so en dit liewe kind van God belemmer nogals dieper groei saam met God. Kan ek jou herinner … God weet presies hoe feilbaar en sondig ons vlees is. Dit verras Hom geensins soos vir ons nie. Al wat Hy vra is dat ons sal aanhou kom na Hom. Want sien dis Sy lieflike teenwoordigheid wat ons op die mooiste maniere bly transformeer om Jesus te reflekteer.

    Weet vandag … God kyk nie na ons en ons prestasies wanneer ons vir Hom gaan kuier nie. Hy kyk na die opregtheid in ons harte en hoe ons deur die oë van die Golgota-prys vertoon. As jy sukkel hiermee, hier is ‘n stukkie goue raad. Bid die volgende voor jy Stiltetyd begin en glo dit met ‘n volkome hart:

    “Hemelse Vader ek kom deur Jesus Christus se bloed en naam alleen. Baie dankie vir wie ek is in Hom. Goed genoeg vir U. So baie welkom in U teenwoordigheid. Nou en altyd. Amen.”

  • Hoe lyk jou Stiltetyd-plantjie?

    Hoe lyk jou Stiltetyd-plantjie?

    Liewe vriende,

    Voordat jy verder wonder laat ek verduidelik.

    Ek’s onlangs besig om ‘n oog te hou by familie se huis terwyl hulle op ‘n wegbreek is en daar is pragtige blommekinders om te versorg.

    Soos ek besig is om ‘n plant wat elke dag moet water kry, sodat hy sterk en mooi kan bly, benat … tref iets my. Veronderstel jou Stiltetyd is so ‘n plantjie. Daagliks het hy liefde en aandag nodig anders sal hy uitdroog, begin swaar trek of uiteindelik dood gaan.

    Daar’s te veel van ons wat die sorg van ons plantjies nalaat, wat nie besef of weet die integrale deel wat dit vorm of behoort te vorm in die lewe van elke Christen wat in verhouding met God wil leef.

    Elke dag se stil-sit-en-word-by-Hom. Dis waar Christenskap waarlik lekker raak.  

    Jy begin dalk benoude hartkloppings kry en dink ek ken dit nie. Jy begin wonder … hoe gaan ek dit oorleef om vir ‘n paar minute elke dag stoksielalleen te wees saam met God?

    Prontuit wil ek vir jou sê … jy gaan piekfyn wees. Dit is moontlik. Regtig. Vat dit van iemand wat al daar was en nie gesterf het nie. Byna maar darem. Nee kyk, nou terg ek heerlik maar die beginsel waarheid bly dieselfde.

    Geen kind van God kan sonder wortels en voeding hom of haarself eintlik ‘n Christen bly noem as hulle nie daagliks die nutriente wat nodig is om te oorleef en te floreer inneem nie.

    En dit is wat daaglikse Stiltetyd in die lewe van elke Christen deponeer. Koninklike konneksie. Bomenslike vrede en vermoë. Rus en rigting van Bo.

    Daar is soveel waarde wat sit-by-God inhou maar hiermee wil ek vandag veral een bo alle ander uitsonder.

    As jy intimiteit met God wil ondervind. As jy honger is vir die dieper dinge van God. As jy wil uitkom by dit wat Abba vir ons voorberei het op aarde. Dan wil ek net sê … maak elke-dag-kuier-saam-met-God ‘n not-negotiable. Jou hele lewe deur.

    Hierdie blog is ‘n rukkie terug ook op Finesse se Voelgoedwerf gepubliseer. Het julle al vir hierdie platform gaan kuier? Dis vol inspirasie vir die vrou. Hulle dek die volgende kategorieë: Geloof, Huwelik, Ouerskap, Self, Gesondheid. Gaan loer gerus in! Hier volg die skakel: https://voelgoed.co.za/blogs/

    Baie liefde, geniet die res van julle week.

    Letitia

    Jesus sê in Johannes 10:10 Hy het gekom sodat ons die LEWE in oorvloed
    kan ondervind. Dis hoe dit deurvloei na ons boetie en sussie,
    wanneer ons konneksie met die hemel (Abba) hou!

  • Nee dankie

    Word bly harte
    Word bly harte
    Julle wat in die Koning glo
    ‘n Huis het Hy vir julle voorberei

    (meer…)