Etiket: intimiteit+met+God

  • Nou ook op Youtube & Facebook LIVES!

    Nou ook op Youtube & Facebook LIVES!

    Hallo liewe vriende,

    Ons lewe in uitdagende tye en ek besef, weet … dit kan soms moeilik raak om hoop en geloof te behou as die golwe van die lewe teen die rotse van ons geloofshuise slaan. Kan ek julle oë saam met myne vir ‘n oomblik laat terugflits na die Kruis? Die Kruis waar Oorwinning vir altyd deel gemaak is van elke kind van God se lewe. Die krag om te oorkom omdat Jesus self saam met elkeen van ons in ons lewensboot is. Ons sal nie sink nie boetie en sussie want Jesus is die fondasie op wie ons huise gebou is. Genade beloof … die golwe kan maar kom, die lewensstorms kan woed, in Hom is en sal ons altyd oorwinnaars bly.

    Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

    Romeine 8:37-39

    Jesus ons sê vir U so baie dankie daarvoor. Wanneer die golwe hoog raak, wanneer julle seker is julle begin sink … Asseblief! Asseblief onthou, ons Lewensredder loop op water! Kry net vir Jesus in fokus, hou Hom daar, hou Hom in oog! Soos Petrus sal Hy ons help om saam met Hom op water (dit is die uitdagendste situasies van hierdie lewe) te loop.

    Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”

    2 Korinthiërs 4:17-18

    Ek dink aan elkeen wat seer het, wat swaar trek. Laat weet my asseblief in die kommentaar boksie as daar iets is waarvoor ek saam met jou kan bid.

    Baie dankie dat julle hier is, dis vir my so ‘n voorreg en lekkerte om julle te hê! Dit gesê en met die “Protection of Personal Information (POPI) Act” of te wel POPIA wat onlangs in werking getree het in gedagte wil ek julle die geleentheid gee om julle intekening te kanselleer sou julle dit verkies. Volg net die unsubscribe skakels in die e-pos of op die blog self. As julle wil aanhou om e-posse van Anker van Hoop te ontvang hoef julle niks te doen nie, julle sal op die verspreidingslys bly.

    Dan vir die GROOT NUUS! Dit mag dalk redelike ou nuus wees dat ek ‘n passie in my hart het om julle en enige ander belangstellendes te help om by God se praghart en die eindelose skatte daarbinne uit te kom 😉 maar die nuus dat Anker van Hoop nou sy eie Toerus-Stasie het op Youtube en LIVE Vrae & Antwoorde Sessies op Facebook begin het is splinternuut! Video is ‘n definitiewe platform waarheen ek ervaar Abba ons meer en ook in lei so ek wil net gehoorsaam wees. Dit is nuwe grond vir Anker van Hoop maar saam met Abba dolwe ons hulle om. Ons gaan saam met Hom oes! Gaan volg ons asseblief op ons Youtube Kanaal “INTIEM met GOD” en kuier elke Dinsdag aand vanaf 19:00 tot 20:00 saam met my op ons Facebook bladsy wanneer ons interaktiewe toerus-sessies gebeur. Sal jy my asseblief help om ons reik te groei deur jou sfeer die nuus mee te deel? Mag die naam van Jesus verheerlik word, nog meer, op aarde net soos in die hemel. Amen!

    Hiermee het ons dan aan die einde gekom van ‘n lywige stukkie brief. Dankie dat julle hom gelees het. Dit was vir my so aangenaam of weer bietjie met julle te gesels. Vertel my gerus in die kommentaar blokkie hoe dit met julle gaan. Ek sal graag wil weet, julle harte en hallo’s aanhoor.

    Liefde vriende, in Jesus, tot ons weer gesels!

    Letitia

    Ek wil hê julle moet weet…
    Julle ondersteuning word so waardeer! Al is dit net deur die blogs te lees en/of die woord te versprei. Tog wil ek vra, gebede is nodig en altyd welkom. Dekking in die gees en vir God se plan om te bly geskied. Ook finansiële ondersteuning as enige stukkie van die bediening julle harte vul met hoop of help om nader aan Abba te beweeg. Veral rotsvaste maandelikse vennote. Dit stel my instaat om hierdie werk te doen en dit help ons aanbieding en impak groei! Dankie vir julle vriendelike oorweging. Ek spreek oor julle seën!

  • Saam is ons sterker

    Liewe vriend en vriendin,

    Seën Anker van Hoop jou?

    Dan wil ek vra dat jy asseblief sal oorweeg om my hande sterk te maak in hierdie pad saam Vader. Hierdie bediening en platform wil so graag Sy roeping en plan vir ons vervul. Om dit te doen benodig ek mense wat finansieël Sy missie ondersteun. Ek weet … Abba wil doen … soveel meer!

    Ons hart by Anker van Hoop:
    1) Inspireer mense om intimiteit met God te vind en rus hulle toe om dit te kweek.
    2) Deel die goud van Sy hart en karakter met almal.
    3) Kleur die wêreld prakties met God se liefde en omgee.

    As dit iets is waarmee jou hart vereenselwig, asseblief ondersteun ons. Dit sal vir my so baie beteken.

    Liefde, Letitia.
    👇
    Ons bank besonderhede:
    Rekening naam: Anker van Hoop
    Bank: Capitec
    Rekening nommer: 1507489631
    Takkode: 470010
    👇
    Fillipense 4:17
    Efesiërs 4:12
    Galasiërs 6:6
    👇
    Hoe ons begin het::
    https://ankervanhoop.com/meer/about/
    https://kingofkingsblog.com/grid/about-the-vessel/
    👇
    #AlsWatEkOpDieOomblikDoenIsGratisEnVerniet #DankieDatJyOmgeeOmGodSeKoninkrykTeGroei #GoeieGrondOmInTeSaai #DisOnsDonateursEnGodSeGenadeWatDieBedieningMoontlikMaak
    #DankieDatEkJulleDieGeleentheidKanGeeOmNSeënTeWeesEnOmSeënTeOntvang #Sedert2013InVoltydseBediening #PadVanGeloof #gehoorsaamheid
    👇
    Het jy geweet?
    – Baie van die gelowiges toerus gebeur ook op ons Facebook bladsy.
    – Ek het baie onlangs nadat ek ‘n armte raak gesien het in Afrikaanse Geestelike Inspirasie ook ‘n Instagram rekening geskep. Volg brokkies vanuit my en Abba se verhouding daar & vertel die Instagrammers in jou lewe!

    Alleen is ons sterk … saam is ons sterker.
  • Voorgee boomerang verhouding

    Wees jouself. Iets wat soms moeilik is om reg te kry wanneer jy in die heilige teenwoordigheid van die asembenewende God sit. Dis nou as jy my eerlike opinie en ervaring se terugvoer vra. Om heeltemal oop te maak en God te vertrou met wat in die binnestes van jou hart aangaan is uitdagend. Wat as daar iets is waarvoor jy moet bely? 😉

    Tog is ek so dankbaar dat Abba daar is, dat Hy wel wil hê ek moet na Hom kom en dat Sy hart so sag en verwelkomend wink. Altyd. Ek dink partykeer gaan ons te vinnig oor dié tipe waarhede want hulle raak cliche‘s van te-veel-hoor en dan maak ons hulle nie ons eie nie. As ons het sou ons mos nie geslote boeke vir God bly nie?

    Deur die jare het ek beslis geleer, wees net jouself Letitia, al is dit soms scary, al kry jy dit nie altyd heel gemaklik reg nie. Hou net aan. Wees jou eerlike ontblote self met Pappa want Hy geniet dit ek glo. Dis wat ek ervaar as ek sien Sy oog wat knipoog en Hy sê: “My liefste kind, jy is op die regte pad, hou net aan, dis hoe ons verhouding sterker groei.”

    Kom ons wees nie skaam liefste kind van God om Hom toe te laat in die diepste kamers van ons hart nie. Ja dis ‘n proses, ‘n lieflike reis maar jong as ons commit om te groei en om treetjie vir treetjie te bly groei gaan ons by die mooiste pieke van liefdesverhouding met Abba aandoen en dit maak die pad tot daar oor en oor die moeite werd.

    Hou aan! Deel jou hart met Abba! Al is dit net vandag om aan Hom te erken … Daddy daai persoon het my die hoenders ingemaak of ek kan nie, ek kan nie sonder U, liefde vir die wêreld wys nie. Hy is so, so ‘n goeie Pappa. Amen? Amen!!

    #VeralWanneerDieVersoekingGrootIsOmBesteVoetjieTeBlyVoorsit #LaatSakDieSkanse #LaatGodToeOmJOUTeSien #SoveelLiefdeIsHy

    Jy kan die blog ook hier https://voelgoed.co.za/voorgee-boomerang-verhouding/ lees!

  • Hoe lyk jou Stiltetyd-plantjie?

    Hoe lyk jou Stiltetyd-plantjie?

    Liewe vriende,

    Voordat jy verder wonder laat ek verduidelik.

    Ek’s onlangs besig om ‘n oog te hou by familie se huis terwyl hulle op ‘n wegbreek is en daar is pragtige blommekinders om te versorg.

    Soos ek besig is om ‘n plant wat elke dag moet water kry, sodat hy sterk en mooi kan bly, benat … tref iets my. Veronderstel jou Stiltetyd is so ‘n plantjie. Daagliks het hy liefde en aandag nodig anders sal hy uitdroog, begin swaar trek of uiteindelik dood gaan.

    Daar’s te veel van ons wat die sorg van ons plantjies nalaat, wat nie besef of weet die integrale deel wat dit vorm of behoort te vorm in die lewe van elke Christen wat in verhouding met God wil leef.

    Elke dag se stil-sit-en-word-by-Hom. Dis waar Christenskap waarlik lekker raak.  

    Jy begin dalk benoude hartkloppings kry en dink ek ken dit nie. Jy begin wonder … hoe gaan ek dit oorleef om vir ‘n paar minute elke dag stoksielalleen te wees saam met God?

    Prontuit wil ek vir jou sê … jy gaan piekfyn wees. Dit is moontlik. Regtig. Vat dit van iemand wat al daar was en nie gesterf het nie. Byna maar darem. Nee kyk, nou terg ek heerlik maar die beginsel waarheid bly dieselfde.

    Geen kind van God kan sonder wortels en voeding hom of haarself eintlik ‘n Christen bly noem as hulle nie daagliks die nutriente wat nodig is om te oorleef en te floreer inneem nie.

    En dit is wat daaglikse Stiltetyd in die lewe van elke Christen deponeer. Koninklike konneksie. Bomenslike vrede en vermoë. Rus en rigting van Bo.

    Daar is soveel waarde wat sit-by-God inhou maar hiermee wil ek vandag veral een bo alle ander uitsonder.

    As jy intimiteit met God wil ondervind. As jy honger is vir die dieper dinge van God. As jy wil uitkom by dit wat Abba vir ons voorberei het op aarde. Dan wil ek net sê … maak elke-dag-kuier-saam-met-God ‘n not-negotiable. Jou hele lewe deur.

    Hierdie blog is ‘n rukkie terug ook op Finesse se Voelgoedwerf gepubliseer. Het julle al vir hierdie platform gaan kuier? Dis vol inspirasie vir die vrou. Hulle dek die volgende kategorieë: Geloof, Huwelik, Ouerskap, Self, Gesondheid. Gaan loer gerus in! Hier volg die skakel: https://voelgoed.co.za/blogs/

    Baie liefde, geniet die res van julle week.

    Letitia

    Jesus sê in Johannes 10:10 Hy het gekom sodat ons die LEWE in oorvloed
    kan ondervind. Dis hoe dit deurvloei na ons boetie en sussie,
    wanneer ons konneksie met die hemel (Abba) hou!

  • Ons krag & verfris stasie

    Boetie en sussie,

    Gaan vul jy elke dag op wat die wêreld daagliks tap? Hoor wat sê die Woord van ons Pappa-God …

    Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

    jesaja 40 vers 31

    As jy die lewe van oorvloed wil leef wat Jesus gesterf het om vir ons elkeen te gee is dit essentieel om te doen. Wag op Hom. Tyd saam met Hom.

    Die wêreld en sy gejaag-na-wind laat leemtes wat net tyd saam met Jesus werklik na behore en so bekoorlik kan vol maak.

    Vrede, stilte, rustigheid … als waarna jou hart eintlik smag, dit rus in Hom.

    Gaan vind dit liewe kind van God. Maak en hou sit-by-Hom ‘n daaglikse doelwit.

    Jy sal nooit nie spyt kan wees.

    Liefde,

    Letitia

    #DisWatOnsSustain #ItHelpsUsToSurviveAndThrive #daagliks #stiltetyd  #FonteinVanVerfrissing #LewendeWater #DieBybelSêDisVerniet #GaanKoop #GaanDrink #VerhoudingBou #IntimiteitMetGod #BehouKonneksie
    #DisWaarJouKragLê #WeesTeenwoordigInSyTeenwoordigheid

    Gesels gerus saam:

    Hoe verryk of verarm Stilte-tyd jou lewe? Wat beteken dit vir jou? 🙂

    Jeremia 17:7-8
    Jeremia 2:13
    Psalms 36:10