Boetie en sussie,
Gaan vul jy elke dag op wat die wêreld daagliks tap? Hoor wat sê die Woord van ons Pappa-God …
Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
jesaja 40 vers 31
As jy die lewe van oorvloed wil leef wat Jesus gesterf het om vir ons elkeen te gee is dit essentieel om te doen. Wag op Hom. Tyd saam met Hom.
Die wêreld en sy gejaag-na-wind laat leemtes wat net tyd saam met Jesus werklik na behore en so bekoorlik kan vol maak.
Vrede, stilte, rustigheid … als waarna jou hart eintlik smag, dit rus in Hom.
Gaan vind dit liewe kind van God. Maak en hou sit-by-Hom ‘n daaglikse doelwit.
Jy sal nooit nie spyt kan wees.
Liefde,
Letitia
#DisWatOnsSustain #ItHelpsUsToSurviveAndThrive #daagliks #stiltetyd #FonteinVanVerfrissing #LewendeWater #DieBybelSêDisVerniet #GaanKoop #GaanDrink #VerhoudingBou #IntimiteitMetGod #BehouKonneksie
#DisWaarJouKragLê #WeesTeenwoordigInSyTeenwoordigheid
Gesels gerus saam:
Hoe verryk of verarm Stilte-tyd jou lewe? Wat beteken dit vir jou? 🙂
Dankie!
Plesier! Lekker om van jou te hoor! Is daar nie enige iets wat jy wil deel oor jou ervaring met Stiltetyd nie? 🙂