Etiket: stilte+tyd

  • Hoe lyk jou Stiltetyd-plantjie?

    Hoe lyk jou Stiltetyd-plantjie?

    Liewe vriende,

    Voordat jy verder wonder laat ek verduidelik.

    Ek’s onlangs besig om ‘n oog te hou by familie se huis terwyl hulle op ‘n wegbreek is en daar is pragtige blommekinders om te versorg.

    Soos ek besig is om ‘n plant wat elke dag moet water kry, sodat hy sterk en mooi kan bly, benat … tref iets my. Veronderstel jou Stiltetyd is so ‘n plantjie. Daagliks het hy liefde en aandag nodig anders sal hy uitdroog, begin swaar trek of uiteindelik dood gaan.

    Daar’s te veel van ons wat die sorg van ons plantjies nalaat, wat nie besef of weet die integrale deel wat dit vorm of behoort te vorm in die lewe van elke Christen wat in verhouding met God wil leef.

    Elke dag se stil-sit-en-word-by-Hom. Dis waar Christenskap waarlik lekker raak.  

    Jy begin dalk benoude hartkloppings kry en dink ek ken dit nie. Jy begin wonder … hoe gaan ek dit oorleef om vir ‘n paar minute elke dag stoksielalleen te wees saam met God?

    Prontuit wil ek vir jou sê … jy gaan piekfyn wees. Dit is moontlik. Regtig. Vat dit van iemand wat al daar was en nie gesterf het nie. Byna maar darem. Nee kyk, nou terg ek heerlik maar die beginsel waarheid bly dieselfde.

    Geen kind van God kan sonder wortels en voeding hom of haarself eintlik ‘n Christen bly noem as hulle nie daagliks die nutriente wat nodig is om te oorleef en te floreer inneem nie.

    En dit is wat daaglikse Stiltetyd in die lewe van elke Christen deponeer. Koninklike konneksie. Bomenslike vrede en vermoë. Rus en rigting van Bo.

    Daar is soveel waarde wat sit-by-God inhou maar hiermee wil ek vandag veral een bo alle ander uitsonder.

    As jy intimiteit met God wil ondervind. As jy honger is vir die dieper dinge van God. As jy wil uitkom by dit wat Abba vir ons voorberei het op aarde. Dan wil ek net sê … maak elke-dag-kuier-saam-met-God ‘n not-negotiable. Jou hele lewe deur.

    Hierdie blog is ‘n rukkie terug ook op Finesse se Voelgoedwerf gepubliseer. Het julle al vir hierdie platform gaan kuier? Dis vol inspirasie vir die vrou. Hulle dek die volgende kategorieë: Geloof, Huwelik, Ouerskap, Self, Gesondheid. Gaan loer gerus in! Hier volg die skakel: https://voelgoed.co.za/blogs/

    Baie liefde, geniet die res van julle week.

    Letitia

    Jesus sê in Johannes 10:10 Hy het gekom sodat ons die LEWE in oorvloed
    kan ondervind. Dis hoe dit deurvloei na ons boetie en sussie,
    wanneer ons konneksie met die hemel (Abba) hou!

  • Ons krag & verfris stasie

    Boetie en sussie,

    Gaan vul jy elke dag op wat die wêreld daagliks tap? Hoor wat sê die Woord van ons Pappa-God …

    Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

    jesaja 40 vers 31

    As jy die lewe van oorvloed wil leef wat Jesus gesterf het om vir ons elkeen te gee is dit essentieel om te doen. Wag op Hom. Tyd saam met Hom.

    Die wêreld en sy gejaag-na-wind laat leemtes wat net tyd saam met Jesus werklik na behore en so bekoorlik kan vol maak.

    Vrede, stilte, rustigheid … als waarna jou hart eintlik smag, dit rus in Hom.

    Gaan vind dit liewe kind van God. Maak en hou sit-by-Hom ‘n daaglikse doelwit.

    Jy sal nooit nie spyt kan wees.

    Liefde,

    Letitia

    #DisWatOnsSustain #ItHelpsUsToSurviveAndThrive #daagliks #stiltetyd  #FonteinVanVerfrissing #LewendeWater #DieBybelSêDisVerniet #GaanKoop #GaanDrink #VerhoudingBou #IntimiteitMetGod #BehouKonneksie
    #DisWaarJouKragLê #WeesTeenwoordigInSyTeenwoordigheid

    Gesels gerus saam:

    Hoe verryk of verarm Stilte-tyd jou lewe? Wat beteken dit vir jou? 🙂

    Jeremia 17:7-8
    Jeremia 2:13
    Psalms 36:10
  • Hemelse brood

    Die wat wag op My
    Nuwe krag sal hulle kry
    Krag wat hulle sal deurdra
    Krag wat nuwe hoop aan hulle gee

    (meer…)
  • Fonteine van Lewe

    Alle lof en eer
    Alle aanbidding
    Wil ek bring
    Aan die Een wat ewig is

    (meer…)

  • Tyd saam met My

    Hou julle oë asseblief op My
    Liewe wêreld
    En nie die storms
    Wat julle omring

    (meer…)