God eerste

In ‘n wêreld waar soveel dinge konstant vir ons aandag kompeteer kan dit nogals uitdagend wees om God heel eerste te hou. Ons fokus word so dikwels weggewink, of is dit net ek? 🙂

Vandag wil ek my en jou kom herinner. Ons gaan en kan net nooit verloor as ons God in daardie heelboonste plekkie hou.

Die Woord beloof in Mattheus 6 vers 33:

“Soek eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”

1953 vertaling

Als word in perspektief gebring en in balans gehou wanneer ons dit doen. Dit mag dalk nie altyd maklik wees nie maar dit is moontlik.

Kom ons wees bewus waaraan ons tyd bestee. Hoe weeg tyd saam met God op in vergelyking daarmee? Whatsapp, Facebook, Instagram, Youtube, speletjies, musiek, films, reekse, oefen, vermaak, dien by die kerk of jou gemeenskap, ‘n geliefde, familie, vriende, welsyn-werk, stokperdjies … oe toggie, die lys is eindeloos.

Hou God eerste vriende, eerste.

Dis nie dat die ander goed noodwendig sleg is nie maar wanneer hierdie goeters begin inbraak maak op die tyd en aandag wat veronderstel is om aan God te behoort dan raak dit ‘n probleem.

Als wat LEWE is vloei voort uit Jesus nommer 1 hou. Johannes 10 vers 10.

Sal God vertroue vind in die woorde wat Hy hierbo sê … Hou My eerste en die res sal bygevoeg word?

God is so trots en Hy sê voorwaar dankie aan al Sy kinders wat altyd seker maak dat die skaal van tyd en belangrik in Sy guns bly lê. As jou skaal oorhel na dinge meer belangrik as God wil ek net vra wees bereid om te besin, dinge in heroorweging te neem en te sê: “Nee wag, hier kort ‘n bietjie verandering.”

Dit pla God as ander dinge vir ons belangriker is as Hy. Dit moet ons ook hinder. ‘n Hart wat altyd opreg vra: “Help my U die belangrikste hou.” Dit eer Hom. Kom ons hê so ‘n hart.

Dit als omdat ons so graag wil uitkom by die land van melk en heuning wat Abba vir ons voorberei het in verhouding met Hom.

Ek sien vanoggend ‘n prentjie wat sê dis nie dat ons nie tyd het nie, dis dat dit nie belangrik genoeg vir ons is nie. Ek dink daar’s nogal waarheid daaraan. Hart-in-lyn-bring-woorde. Dis ‘n goeie ding, al voel dit nie so. Glo my! 😉

Baie liefde,

Letitia

#WatIsDieBelangrikste #HouDieSkaalAanGodSeKant #LeweInOorvloed #WanneerJyValStaanNetWeerOp

Praktiese wenke:

So nou dink ek, as ek moet praktiese wenke gee van hoe ek Abba eer as die belangrikste in my lewe … wat sal ek sê? Wel vir my lyk dit soos luister wanneer Hy vra. Dit lyk soos Sy raad volg eerder as myne. Dit lyk soos Sy wil vra met my keuses. Dit lyk soos my eie ek afsterf en groei in Jesus. Dit lyk soos elke dag tyd met Hom spandeer. Dit lyk soos lofprysing en aanbidding. Dit lyk soos Hom liewer kry. Dit lyk soos Bybel-lees sodat ek Hom beter kan leer ken. Dit lyk soos Sy koninkryk bou en nie my eie nie. Dit lyk soos vriendelik-wees en respek wys teenoor almal. Dit lyk soos Hom toelaat om my lief te hê. Dit lyk soos opstaan wanneer ek val en aanhou weer-en-weer. Watse praktiese wenke kan jy met ons deel? Hoe maak en hou jy Jesus die hoogste prioriteit in jou lewe? Lewer gerus kommentaar. Sal lief om van jou te hoor! ♥

God se volheid is Efesiërs 3:20, gaan lees en raak opgewonde! Dis Jesus heelbo! x

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

4 thoughts on “God eerste”

  1. Elise Terblanche Knoesen

    Hi Letitia
    Jy praat so waar. As GOD nie ons senter van ons lewe is nie dan moet ons dit maar los. Ons moet dood wees vir hierdie wêreld en net lewe vir JESUS…. JESUS is ons Rots. HY moet ons Beminde van ons hart wees.

    Jou stuk wat jy geskryf het is pragtig en so waar. Liefde en groete vir jou🙌🏻

    1. Ek sien die kommentaar van jou eers nou. Sjoe weet nie hoe ek dit gemis het. Groot jammer! Wil net sê ek waardeer jou inset, dis waar, jou woorde. Mag ons rerig in als vir Jesus leef. Ek is baie dankbaar dat die woorde vir jou tot seën was. Ons eer Abba!

Leave a comment