Gebroke harte
Wat die wêreld vollê
Dit maak My hart seer
Ek wonder of julle dit weet
Etiket: stukkende+hart
-
Hopie se hoop
Kinders keer terug na My
Sê Daddy-God
Gebroke en stukkend
Is julle nou al vir vele jare -

Mooiste Mosaïek
Soos gebreekte glas
By ‘n mens se voete
Op die vloer bly lê
So lyk baie mense se toekomsdrome vir hulleJa hulle het net geen lus
Om mee met die lewe aan te gaan
Als lê aan skerwe
Dit is hoe hulle dinkPappa wil vandag aan julle
Gebroke kinders van die wêreld
Hoop kom gee
Hoop dat daar ‘n God is wat baie omgeeDit gebeur te gereeld
Sê Daddy-God
My kinders dat julle opgee
Sonder dat julle My kom probeerDaddy se kinders
Hoekom, hoekom bly julle wegloop
Hoe hou julle aan om toe te laat
Dat die wêreld julle so seermaakKinders sê Daddy
Asseblief
Ek weet daar’s seer in julle harte
Maar kinders asseblief julle moet begin wys raakJulle moet asseblief begin
Om wys te raak met julle besluite
Julle moet begin om My in elkeen te ken
Sodat Ek julle paaie gelyk kan begin maakKinders sê Daddy
Asseblief
Begin om My wysheid te leer
Begin om by My te kom stilsitKinders daar is soveel wonderlike dinge
Wat Ek vir julle instoor hou
Wonderlike dinge
Sal julle glo?Dit gebeur te gereeld
Kinders van die wêreld
Kinders van My
Dat julle opgeeKinders dis nie nodig sê Daddy
Dat julle tussen daardie versplinterde stukkies van julle lewe bly sit
Nee kinders sê Daddy
Julle moet begin om daardie stukkies saam met My op te telKinders sê Daddy
Ek kan die mooiste mosaïek-werk
Met daardie stukkende stukkies van jou lewe maak
Ek kan, as jy dit als vir My sou geeJa sê Daddy-God
Die stukkies sal nie eers mee gebreek vertoon
Want al wat sou wys
Is die volmaakte eenheid wat hulle vorm!Oe kinders
Sê Daddy-God
Dit is My hart vir elkeen van julle
Om te herstel, om heel te maakElke mens op aarde
Sit maar met ‘n ietsie seer
Dis onmoontlik om op aarde te wees
Sonder dat jy al ooit ‘n ietsie seer ervaar hetKinders maar vandag wil Ek net sê
Daddy gee om
Ek sien julle seer
En Ek wil graag geneesEk wil hê vra Daddy
Kinders dat julle My sal toelaat
Om daardie gebroke stukkies van julle lewe saam met julle op te tel
En dat julle My sal toelaat om daarmee te werkKinders Ek weet sê Daddy
Hoe lyk die geheel
Ek weet waar elke stukkie die beste sal werk
Sal jy My asseblief daarmee vertrouKinders Ek weet sê Daddy
Julle sit tussen hierdie stukkende
Glasskerwe van julle lewe en dink
Hoe op dees aarde gaan ek nou maak?Die duiwel probeer julle oortuig
Hy bly sê
Dit is nuttelose gemors
Jy kan maar jou lewe weggooiKinders dis nie so sê Daddy
Dis nie so
Dis nie net ‘n nuttelose gemors
Dit het die potensiaal om die mooiste toekoms te bouKinders asseblief
Sê Daddy
Moenie opgee, moenie bang-wees
Ek sal altyd by julle weesEk gee altyd so baie om
Sê Daddy
So baie
Dis hoekom Ek vra vertrou MyKinders asseblief
Laat gaan van die hopeloosheid in julle harte
Kom gee dit vir My
Kom kyk wat Ek daarmee kan maakKinders het julle al gesien
Sê Daddy-God
Die gebreekte stukkies glas van ‘n mosaïek-werk
Dit lyk asof als presies pas, asof dit is hoe dit moet weesKinders
Dis presies wat Ek doen
Dis presies hoe dit kan wees
As jy dit als vir My bringJa kom sê net
Sê Daddy-God vir Sy kind
Daddy ek het hulp nodig
Ek kan dit nie meer alleen doenAsseblief kind kom vra net
Kom sê net
Daddy help my asseblief bou
Help my bou die mooiste stuk mosaïek-werkKind dit is wat Ek vir jou wil gee
Dit is wat Ek vir jou wil doen
Sal jy My toelaat om vir die gebreekte stukkies van jou lewe
Weer hoop te geeKind dis maar al sê Daddy-God
Waarvan ‘n stuk mosaïek-werk getuig
Dat selfs die mees nuttelose stukke glas
Die vermoë het om mooi te vertoonKinders dis hoekom Ek vra
Gee als vir My
Als wat jy dink
Kan net nooit weer mooi lykKind dit kan sê Daddy-God
Kind dit gaan
Asseblief laat My toe
Om met daai stukkies te werkEk gee so baie om kind
En Ek wil jou vra
Rerig om te weet
Ek sal nie ooit opgee op jouKind
Ek glo nog in jou
Ek glo in die toekoms wat ons saam kan hê
Dit is hoekom Ek vraBegin asseblief vandag
Om My meer te vertrou
Kind dis al wat Ek nodig het
Om jou by die mooiste mooi’s uit te bringKind sê Daddy
Dit is so
Dit gebeur gereeld dat mense
Tussen daai gebreekte stukke glas moed opgeeJa sê Daddy
Hulle glo net nie
Dinge kan vir my beter lyk
Nee al wat hulle hoor is, dit help nie eens jy probeerKind sê Daddy
As julle net kon sien
As julle net in oog kon hou
Hoe baie groot Ek is!Kinders sê Daddy
My grootheid is baie groter as wat julle dink
Daar is niks-niks
Wat Ek nie kan doenKind asseblief
Voordat jy toelaat dat Satan
Jou te diep in daardie gat van vergetelheid laat insak
Kyk na MyKyk na My sê Daddy
Kind begin om My in oog te kry
Asseblief
En hou My daarMoet My nie uit oog laat gaan kind
Dis hoe julle hoop verloor
Dis hoe Satan sy voet in die deur kry
Deur julle wat nie meer gloNee liefste kind
Sê Daddy
Jy kan dit doen saam met My
Ons kan dit saam doenOe kinders
Sê Daddy-God
My genade is so groot
Daar is niemand wat dit nie sal gaan haalBegin net glo kind
Begin glo daar is hoop vir daardie stukkende stukkies rondom jou
Kind as Ek dit saam met jou sou begin optel
Jy sou dit skaars kon glo!Kinders, kinders
Sê Daddy
Die wonderlike dinge wat Ek vir julle kan wys
As julle als vir My sou geeAsseblief kind
Laat My toe om die mooiste toekoms
Uit jou stukkende verlede te bou
Dis wat Ek kan doen kind, as jy sou gloEk glo so baie in julle kinders
Ek glo so baie in julle
Ek weet ons kan dit doen
Jy moet net sê jaJy moet net sê ja Daddy
U kan my maar kom help
Om met hierdie stukkende stukkies van my lewe
Weer sin te maakKind nooit hoef jy te weet
Hoe Ek dit regkry
Nooit hoef jy te verstaan
Al wat Ek vra is glo en bring als vir MyDaar’s baie gebroke stukkies lewe
Wat op hierdie aarde rondlê
Party mense het My al toegelaat om aan hulle s’n te bou
En oe die stories wat hulle vertelKind Ek wil ook van jou lewe
‘n Storie van hoop maak
Waarmee ander mense hoop sal vind
Om My ook te vertrouSal jy asseblief naderkom
Kind sal jy kom hoor
Ek gee om vir jou
En dat Ek so mooi plan vir jou lewe hetKind dis hoekom Ek God genoem word
Want Ek kan alles doen
Niks is te groot of klein vir My
En Ek gee waarlik omJa selfs vir jou sê Daddy
Selfs en veral vir jou
Die een met die stukkendste verlede
Die een wat dink daar is nie ‘n kat se kansKind daar is sê Daddy
As jy sou glo
Sou jy sien
Die onmoontlike kan Ek in jou lewe vermagAl wat Ek altyd nodig het
Sê Daddy
Is geloof
Geloof wat glo God kanKind Ek kan
Glo My
My Seun se Kruis
Het dit in Golgota bewysDaar is niks-niks sê Daddy
Wat Ek nie kan doen
Verlore dooie situasies is My spesialiteit
Net soos die storie van Lasarus vertelJy sit hier en jy dink
Kind Ek kan sien!
Hy’s vier dae laat
My situasie stink al!Kind sê Daddy
As Ek net geloof kon kry
Sou Ek jou wys
Vier dae laat is niks vir MyIs dit nou veertig of vier dae laat
Kind Ek gee rerig nie om
Dooie situasies kan maar gaan slaap
As Ek naby isWie Ek is, is om lewe te bring
Om dooies op te wek
Om gevangenes vry te laat
Sal Ek die geloof vind?Dit gebeur te gereeld sê Daddy-God
Daar’s te veel situasies op aarde
Waar mense nie die hoop in My vind
Voordat hulle opgeeKinders asseblief sê Daddy
Aan almal wat seer het, stukkend is
Aan almal wat selfmoord oorweeg
Asseblief moet dit nie doenKinders dis nie die antwoord nie
Sê Daddy
Dis nie die antwoord nie
Glo MyKinders dis net die stukkende
Stukkies van jou lewe
Wat op die vloer lê en sê
Gee op, op my!Nee kind, nee
Dis nie die oplossing nie
Daddy wil jou vra
Sit jou geloof in MySit jou geloof in dit wat Ek
In en deur jou lewe hier op aarde kan doen
Kinders dis groot, dis mooi
Begin om daai stukkies saam met My op te tel!Ek sal nooit opgee op jou
Sê die Here
Kind al wat Ek vra
Is doen jy asseblief ook dieselfdeDaar’s ‘n mooi toekoms wat wag
Kind Ek wens jy kon sien
Dis soos die mooiste mosaïek-werk
Waarop die son skynKinders dis soos My liefde
Dit maak als warm en mooi
Dis blink kind
Die toekoms wat op jou wag!Moet net nie opgee kind
Moet net nie opgee op jouself
Dis wat Ek nodig het
Dit en jou geloof om jou daar uit te bringAmen.
“All the broken pieces of your life are nothing more than a beautiful mosaic of your future” ~ Retah McPherson
-
Briefie van seer
Voel jou hart stukkend
En hy is baie seer
Dan wil ek net sê
Moenie moed verloor -
Perfekte Liefde
Soveel mense daarbuite
Wat nie gesond is in My liefde vir hulle
Wat nog nie My liefde in al Sy volheid
En mooiheid ervaar of ondervind het nie
(meer…) -
Genade, Liefde & Hoop
Partykeer lê seer so diep
Lankal het ek daarvan vergeet
Toe kom herinner U my
My kind dit is nog daar!
(meer…)
