Perfekte Liefde

Soveel mense daarbuite
Wat nie gesond is in My liefde vir hulle
Wat nog nie My liefde in al Sy volheid
En mooiheid ervaar of ondervind het nie

Dit bring soveel struikelblokke mee
Dit maak dat hulle ander dinge
Altyd bo My glo
Dit maak dat hulle nie kan hoor

Liewe kind Ek wil hê jy moet vol word
In My liefde vir jou
Ek wil hê jy moet dit
In die diepste ‘jou’ weet

Liewe kind dit hou aan om probleme tussen ons te skep
Julle hang die leringe van mense aan
Omdat daar diep in julle hart versugtinge is
Wat net Ek in My groot liefde kan vul

Liewe kind geen kop-kennis kan gee wat Ek gee
Of jou hart in diepte en met genesing aanraak
Liewe kind dit is net My arms van Liefde
En jy wat My toelaat om hulle om jou te vou

Liewe kind Ek wil so graag
Ek wil jou so graag ‘n bietjie meer van My liefde vir jou vertel
Liewe kind My liefde sien nie jou foute of swakhede nie
Dit sien jou hart wat aanhou probeer en weier om op te gee

Liewe kind het jy geweet
Ek sal nooit as te nimmer op jou opgee
Ek sal aanhou hoop
Dat jy sal glo

Liewe kind daar is geen veroordeling
In My liefde vir jou
Dit is so oneindig groot
Wanneer gaan jy My ook so bemin?

Ek wil hê liewe kind
Dat ons twee in die mooiste liefdesverhouding moet staan
Een waar Ek en jy omgee
Om van mekaar te hoor

Ek wil nie hê jy moet bang wees vir My nie
Liewe kind
Ek wil hê jy moet kom en ook liewer word vir My
Wanneer, wanneer sal dit wees vra die Heer

Ek wil die hard-wees in jou hart
Sag maak met My liefde
Ek wil alles wat stukkend is in jou heel
Ek wil weer NUWE HOOP aan jou gee!

Liewe kind Ek wil My alles vir jou gee!
Ek wil My alles met jou deel
Wanneer, wanneer liewe kind gaan jy kom
En omgee om van My te hoor?

As jy My hart van liefde vir jou kon sien
Sou jy sien
Daar is geen rede om te vrees
Of vir My bang te wees

Liewe kind moenie twyfel nie
Moenie aarsel nie
Kom soos jy is
Begin net om oor te gee

Begin om meer gereeld aan My te dink
Asseblief moenie bly wegskarrel nie vra die Heer
Liewe kind Ek sal jou nooit seermaak nie
Ek beloof

Liewe kind asseblief kom net
Ek weet en Ek kan sien
Jy is so bitter-bang vir seerkry
Of om iemand weer te begin vertrou

Soos ‘n kind kruip jy weg onder ‘n bed
Te bang om uit te kom
Te bang jy kry weer seer
Jy weier om jou hart oop te maak

Liewe kind asseblief, asseblief luister
Na die woorde wat Ek spreek
Ek kan jou gedagtes lees
Ek sien alles wat in jou kop ronddans

Dis tyd dat ons die vrees in jou hart
Vervang met geloof en vertroue in My
Liewe kind Ek wil die bang-wees in jou hart
Wegvat

Dis tyd dat ons als nuut maak
Dis tyd vir jou om My in te nooi
In jou hartseer in
In jou pyn en in jou verlede

Liewe kind kom asseblief
Gekniel sit Ek voor die bed waaronder jy wegkruip
Ek nooi jou nader
Ek kyk na jou met soveel liefde in My oë

Liewe kind Ek verstaan die pyn
Van die verlede
Ek sien die hartseer
Wat agter daardie mooi glimlag van jou lê

Jy kan dit nie vir My wegsteek nie
Ek wil dit als vir jou beter maak sê die Heer
Liewe kind sal jy asseblief begin om My te vertrou met die seer in jou hart?
Met dit wat in jou geskiedenis lê?

Ek is die Een wat Sy Enigste Seun opgeoffer het vir jou
Ek is die Een wat jou oneindig baie liefhet
Sal jy, sal jy jou hart oopmaak
My begin vertrou?

Ek is nie soos al die ander mense wat jou seergemaak het nie sê Hy
Nou nog doen hulle dit
Ek is anders
Ek is die Heer

My Naam is Liefde
Nie nimmereindige Pyn
Ek weet van al die seer wat jy wegsteek
Ook wat die planne van die vyand vir jou lewe inhou

Daarom vra Ek liewe kind
Ek vra met ALLES in MY
Kom liewe kind, kom asseblief
Asseblief maak oop jou hart

Hoor jy die egtheid waarmee Ek vra?
Besef jy hoe ernstig Ek is hieroor?
Liewe kind Ek wil
Ek wil so graag alles in jou lewe vir jou beter maak

Liewe kind dis tyd dat jy al die seer van die verlede
En dit wat jou aangedoen is
Voor My Troon van Genade kom neerlê
Dis tyd, dis tyd

Liewe kind ons sal saam daardeur
Ek wil nie hê jy moet vir ‘n oomblik twyfel
Vat My hand en weet
Nooit sal Ek joune los

Dit help nie jy weier volstrek om ooit weer daaraan te dink
Liewe kind dit maak die seer in jou nie gesond nie
Al wat dit sal doen
Is die groot liefde waarmee Ek jou bemin

Liewe kind Ek wil jou so graag gesond maak
Van die diepe seer in jou hart
Dit het lelike letsels gelaat
Al wil jy dit nie erken of in die oë kyk

Liewe kind weghardloop daarvan help nie
Jy stel die onafwendbare net onnodig uit
As jy nie kom en kom genees
Gaan die duiwel aanhou om jou pyn teen jou te gebruik

Is jy nie al moeg daarvoor nie vra die Heer
Die leegheid binne jou?
Liewe kind Ek wil jou hart so graag vul
Met My liefde, vrede en ewige hoop

Maar dan moet jy
Kom, kom, kom
My begin vertrou om hierdie pad
Saam met jou te loop.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment