Die sleg in jou lewe wil Ek draai vir goed
Alles
Alles kan
As jy net bereid is om te kom
Liewe kind dis tyd dat jy al die see van die verlede
Die opgekropte emosies
Die seer, die pyn
Alles voor My bring
Moet dit nie meer wegsteek nie
Bring dit als na My vra Vader
Nie na die een wat jou seergemaak het nie
Bring dit na My, Ek is die Enigste Een wat alles kan beter maak
Die seer en gebrokenheid in jou wese
Wil Ek vervang met Ewige Hoop
Ek wil dit vervang met My Lewe
Ek wil dit nuut maak met die bloed van My Seun
Halleluja! Prys die Heer!
So sing die engele elke dag voor Sy Troon
Saam met hulle wil Ek neerbuig
En alle eer aan My KONING JESUS bring
Verhewe
Verhewe in majesteit is Sy Troon
My hart wil sing
Van Sy liefde so oneindig groot vir hierdie mensdom
Elke dag, elke dag hou Hy aan met uitreik
Sê my kan julle dit sien?
Hy is oral-oor
In jou, in my en in elke een wat Hom sal toelaat
Hy is orals liewe vriend
Orals, orals
Kyk net om jou heen
En vra Hom om jou oë te begin oopmaak
Die wat wil, hulle sal My sien sê Vader
As hulle rerig wil, as hulle rerig soek
Vind sal hulle My beslis
Dit is net gewis
Liewe kind maak oop jou oë
Maak oop jou oë
Kyk om jou heen
Ek is orals, Ek is orals om jou heen
Liewe Vader U is so oneindig groot
U is so oneindig goed
Om te dink dat die Koning van die heelal
Tyd maak om om te gee oor jou en my
Liewe kind dis waaroor alles gaan
Jy en My
In verhouding
Elke dag tot die dood ons skei
Ek wil hê jy moet kom
Liewe kind Ek wil hê jy moet kom hoor
Ek wil hê jy moet kom uitvind
Waaroor alles vir My gaan
Dit gaan oor liefde liewe kind
Liefde! Liefde so oneindig groot
Ek wil hê dat jy die liefde wat Ek so onbeperk oor jou uitstort
Ek wil hê dat jy dit vir die mense om jou moet uitdeel
Liewe kind Ek vra
Is jy bereid
Is jy bereid om die kruik te wees
Waardeur Ek My liefde vir hierdie wêreld wil wys?
Liewe kind dis waaroor alles gaan
Liefde!
Liefde!
Liefde!
Liefde in oorvloed
Word elke dag oor julle uitgegiet
Liewe kind hoe kan dit onmoontlik wees
Om ook dieselfde liefde aan almal rondom jou te wys?
Ja liewe kind, ja
Ook vir die een wat jy dink dit die minste verdien
Ook vir die een wat nie soos jy lyk
Vir almal, vir almal
Dis hoekom Ek gekom het sê die Heer
Om My liefde uit te deel, vir ALMAL
Vir elke liewe mens op hierdie aarde,
Vir elkeen wie bereid is om te kom!
Liewe kind moet die evangelie
En goeie nuus van Jesus Christus nie vir jouself hou nie
Deel dit uit
Deel dit uit met almal rondom jou
Liewe kind Ek smag
Ek smag om deur jou vir hierdie wêreld te wys
Hoe ‘n kind van God
Waarlik moet lyk
Liewe kind sal jy
Sal jy My toelaat
Om alles vir jou te wees?
Sal jy toelaat dat daar net geen ander bo My in jou lewe is?
Liewe kind nie eers jou kinders nie
Niemand mag en kan bo My wees
Liewe kind het jy al gelees
Soek eers die Koninkryk van God en dan sal jy al die res vind?
Ook redding vir jou kinders
Redding vir jou man
Dit lê ALS in My liewe kind
Dit lê ALS in My
Daarom vra Ek jou liewe kind
Maak My nommer 1 in jou lewe
Maak My jou alles en dan sal jy ervaar
Hoe alles anders in jou lewe minder aan jou begin raak
Moenie toelaat dat jou kinders
Jou werk, jou man
Jou verantwoordelike
Jou wegtrek van My
Liewe kind Ek sal alles vir jou beter maak
Alles
Jou tyd sal Ek meer maak
Jy sal vind hoeveel meer jy gedoen kry
Net omdat jy besluit het
Eerste plek behoort aan My
Niemand anderste kan die plek van My Koning
In my hart kry
Liewe kind jy sal begin besef
Dat alles in hierdie lewe
Die moeite werd is
Omdat Ek deel is daarvan
Jy sal vind dat die bron en put
Van alle vreugde
Binne-in My hart van liefde
Vir jou lê
My alles, My alles
Dit is wat Ek aan jou wil gee
Maar dan moet jy kom
Jy moet bereid wees om alles oor te gee
Jou hart, jou lewe
Jou manier van dink
Jou waarheid
Hulle alles moet voor My die knieë buig
Liewe kind daar wag oorvloed op jou
Oorvloed soos wat jy nie ken
Of ooit op ‘n ander plek sal ervaar
Liewe kind asseblief jy moet kom
Jy moet kom en jy moet bereid wees
Om te glo
Met alles in jou
Alles, alles in jou moet aan My behoort
Jou DNA
Jou verlede, hede
Jou planne vir die toekoms
Hulle almal, hulle almal moet voor My Troon van Heerskappy kom buig
Liewe kind Ek wil alles vir jou nuut maak
Ek wil jou weer in alles wat mooi is laat glo
Maar dan liewe kind moet jy kom
Jy moet bereid wees om dinge op My manier te doen
My manier is lewe sê Vader
Lewe soos jy op geen ander plek
Ooit of weer sal vind
Ewigheid, ewigheid lê in My
Liewe kind weet jy verseker
Waar jy die ewigheid gaan deurbring?
Want liewe kind Ek sê vir jou
Die ewigheid lê beslis en wag vir elkeen wat die Doods-Jordaan betree
Liewe kind Ek wil daar vir jou wag
Ek wil hê dat wanneer jy daar kom
Dit vir ons ‘n blye wedersiens sal wees
Dat jy dan sal ervaar en beleef
Hoe elke liewe woord wat Ek nou vir jou sê
En wat jy in My Woord lees, dat dit die waarheid is
Sien liewe kind Ek het jou al gesê
Elke liewe woord wat uit My mond uitgaan, dit kan jy maar glo
Ek kan nie teruggaan op My Woord nie sê die Heer
Dit is nie Wie Ek is nie
Dit wat Ek beloof
Dit sal Ek doen so spreek die Heer
Liewe kind Ek wil hê
Dis tyd dat jy dit glo
Met alles in jou
Met alles
Maak nie saak hoe die dinge in hierdie wêreld vir jou lyk nie
Maak nie saak hoe donker dinge raak nie
Liewe kind EK IS die God wat voorsien
Jehovah El Shaddai, die God van oorvloed
Halleluja! Amen!
Liewe kind al hoe My beloftes ooit in vervulling gaan kom
Is as julle dit glo
As julle daarop vasstaan
As julle aanhou om dit te bely
As Ek in My Woord sê
Ek sal voorsien
Dan sal Ek
So sê die Heer
Ek soek ‘n weermag van gelowiges
Wat geen demoniese mag van Satan ooit kan oorwin
Ek is opsoek na ‘n weermag van God wat sê
Op ELKE LIEWE WOORD van My God sal Ek bly staan
Maak nie saak hoe hierdie wêreld en die dinge in hierdie wêreld vir julle lyk nie
Ek is opsoek na ‘n vreeslose generasie
‘n Generasie wat onbeskaamd aan die nasies van die aarde en die hemele sal verklaar
‘Vyand ons WEET, ons WEET wie ons God is!’
Hy is Koning van die Heelal
Hy is die Begin en Hy is die Einde
Hy is Geneesheer van elke siekte en stukkie stukkend
Hy is die Heer! Hy is! Halleluja! Amen!
Liewe kind hierdie lou-wees waarmee julle My dien
Hierdie lou-wees wat julle in julle harte toelaat
Liewe kinders dit gaan nie werk nie
Julle verloor moed en gee in met die 1ste tree!
Liewe kinders, liewe kinders
Ek soek julle onbeskaamd
Vreesloos
Vol van geloof!
Ek is opsoek na mense
Wat nie terugtrek in die aangesig van aanvalle nie
Ek is opsoek na kinders
Bereid, bereid om hulle alles neer te lê en waarlik vir My te leef!
Liewe kind dit is tyd
Die tyd is nou
Om met vrymoedigheid voor My Troon te kom
En te sê ‘Vader-God word ALLES vir My’
Ek wil jou sterk hê sê die Heer
Sterk in Geloof
Ek het nodig dat My kinders weet Ek sal vir hulle deurkom
Solank as wat hulle bly glo
Liewe kind, liewe kind
Moenie toelaat dat jou geloof verflou en wegwaai
Met die 1ste wind van moeilikheid wat jou pad kom kruis
Jy moet sterk wees! Sterk in My!
Dis tyd vir MANNE van EER om op te staan
Vrouens van GELOOF
Met ‘n determinasie en uithouvermoë
Wat hierdie wêreld skud
Dit is tyd dat julle elke liewe woord in julle Bybels glo
Elke liewe woord moet julle eie word
Dit is julle behoud
Dit is julle LEWE
Seun, dogter, liefste kind van God
Kyk verder, kyk verby die probleme en aanslae in hierdie wêreld
Kyk en sien My wat aan die regterhand van God staan
Liefste kind Ek wag vir jou, Ek beloof, eendag gaan ons weer EEN wees
Een in Gees, Een in waarheid
Liefste kind jy moet aanhou vashou
Moenie opgee nie
Word sterk vra Ek van jou
Wanneer jou bene afgemat en moeg raak
Wanneer jy jou arms nie meer kan oplig om My te loof en prys
Onthou dan dis Ek wat die vermoeide nuwe krag gee
En alles weer nuut maak
Ek sal vir jou die krag en vermoë gee om aan te hou
Solank as wat jy jou oë op My bly hou
Moenie toelaat dat hierdie wêreld jou oë van My afhaal nie
Nee liewe kind, nee, hou aan om jou oë op My te hou
Met geloof en vertroue moet jy verby alles wat jy met jou natuurlike oë kan sien kyk
Jy moet My sien
Die Almagtige
Die Een wat elke mens op aarde vrymaak
Vry van enige iets wat jou gebonde hou
Vry van enige iets wat sy arms om jou wil vou
Ek is so lief vir jou liewe kind
Ek is so lief vir jou
Kom na My toe liewe kind
Kom na My toe
Ek is so lief vir jou
Saam gaan ons hierdie reis voltooi
Hand in hand, daarop kan jy staatmaak
My liefde vir jou is ewigdurend groot
Ek Ek beloof jou liewe kind
Eendag, eendag gaan ons weer volkome EEN en SAAM wees
Halleluja, Amen!
Jou geloof word net getoets liewe kind
Staan sterk
Staan sterk
En weet, Ek is, EK IS die Enigste Een.
Amen.
Hi Letitia
Hierdie boodskap van jou van vandag, val weer presies in my gees in! Jy het dit net so mooi kom verwoord wat presies in my gees ook lewe. Kan ek dit uitstuur as deel van ons volgende nuusbrief en vir mense na jou verwys? Watter adres kan ek van jou gee, sodat mense jou kan kontak om moontlik ook in te skryf op Anker van Hoop? Ek het vandag net weer beleef toe ek ‘n goeie Christen se sms lees, hoe Vader vir my sê: My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis. Hy sê Sy kinders ken Hom nie, vir wie Hy is nie!!!! My hart het eintlik gepyn toe ek Vader se hartklop voel. Hy het ons SO lief, Hy het soveel van Sy kant af gedoen vir ons as mense sodat ons lewe en oorvloed kan hê, maar ons as mense laat toe dat die vyand kom steel, slag en verwoes deur ons verkeerde keuses en gebrek aan kennis en dan blameer ons vir Vader God ook nog daarvoor? Vandat ons vir die seminaar in RSA begin voorberei het, het Vader soveel van Homself kom openbaar aan ons. Vir ons kom wys oor hoe Hy oor dinge voel! Liewe Letitia, dis dieselfde boodskap wat Hy deur jou gereelde stukkies met ons deel! Dis AMAZING! Joune is net baie mooi verwoord!
BAIE dankie! Baie lief vir jou! Louise en die 2 manne