Partykeer lê seer so diep
Lankal het ek daarvan vergeet
Toe kom herinner U my
My kind dit is nog daar!
Partykeer maak seer so seer
Diep bêre en daarvan vergeet
Lyk soos die enigste
Oop deur
So dikwels is daar nie tyd
Om deur al hierdie goeters te werk
Die lewe snel verby
Elkeen besig met sy eie werk
Moenie probeer om jou seer weg te steek
Erken dit maak seer
Ek wil jou vertroos
Jou styf teen My bors vashou
Later jare ontdek jy
Dit het my inderdaad amper gehad!
U genade-hand het my bly dra
Elke keer het U my kom haal
My kind kom na My
Vertrou My
Maak oop jou hart, vra gerus
Vader asseblief genees my
Anders bly dit ‘n struikelblok
Iets wat die vyand voor jou bring
En seker maak jy struikel oor
Elke keer
Kom na My
Gee dit als vir My
Die seer van die verlede
My kind dit moet uit
Voor My genade-troon
Moet hulle kom en buig
Genade aan my kind
Wil Ek weer bewys
Gebroke was jou hart vir jare
Sopas het Ek jou weer kom wys
My hart vir jou is Liefde
Wat die seer van hierdie wêreld wil genees.