Die halleluja’s in die hemel
Is net so mooi
Hulle sing oor my Pappa
Want Hy is beeldskoon
Kategorie: Liefde so groot
-
Halleluja’s
-
Vergewe jouself
U liefde so sag
Vou om my hart
Pappa U is so so mooi
Ek kan dit nie verstaan -
Hemelse wysheid
Wat gaan in jou wêreld aan
Vra Pappa-God
Kind Ek wonder of jy weet
Dis iets wat Ek graag wil hê My kinders moet My ook partykeer vra -
Tyd saam God
Woorde sag
Kom klop aan my hart
Hulle vertel vir my
Dat U my baie diep liefhet -
Mooiste glimlag
Geloof-groot
Woon in my hart
Abba-God het dit daar gesit
Ek weet wie Hy is -
Gebede vir gebreektes
Geloof-groot
Geloof-groot
Dit is God se Naam
Dit is wat Hy van ons Sy kinders vra -
God se huis
Liefde sag
Pappa sag
Dit is wie U is Pappa
So sag -

Seën Anker van Hoop jou?
Liewe boetie en sussie,
Pad van geloof
Anker van Hoop is ‘n vol-donateur-ondersteunende bediening. Letitia het in Januarie van 2013 in gehoorsaamheid aan Vader se roepstem uitgetree en saam met Hom hierdie pad van geloof begin stap. Die bediening is deur God begin en glo dat God hulle ook tot op die einde sal bly dra deur die volvoering van Sy plan en roeping vir Anker van Hoop.
Gemeenskap van gelowiges
Ons glo dat die Here groot dinge instoor hou vir hierdie bediening maar ook dat die Here opsoek is na mense wat saam met Hom in vennootskap sal gaan om Sy werk in en deur hierdie bediening tot volle verwesenliking te bring. Hierdie is ‘n beroep op julle die gemeenskap van gelowiges om saam met Pappa te arbei in wat Hy deur Anker van Hoop hier op aarde wil doen.
Jesus maak gesond
‘n Visie van die hemel is besig om elke dag meer en meer te groei in die hart van hierdie bediening en ons is bereid om saam met Abba te werk om hierdie visie op aarde gestalte te laat kry. Ons glo dat Vader ons roep om harte en lewens gesond te maak deur die liefde van Jesus te wees, aan die wat dit so nodig het maar ook aan die wat nog nie in God glo nie.
Liefde in aksie
Ons wil deur die genade van die Here ook prakties en regtig betrokke raak by die seer van hierdie wêreld deur letterlik die hande en voete van Jesus te
wees waar die Here vir ons die deure oopmaak. Ons glo dat saam met God
alle dinge moontlik is en dat ons saam met Hom groot verskil hier op aarde
kan maak.Bron van voorsiening
Die lewenskostes van Letitia en ook om hierdie bediening op die been te hou
is ‘n saak van uiterste geloof, ‘n saak waarvan net die Here die volle omvang
ken. Ons vertrou op ons Hemelse Vader vir elke sent wat hierdie bediening
ontvang. Ons glo ook dat saam met ons Hemelse Vader ons nooit hoef te
vrees nie want Sy liefde vir ons elkeen is so volmaak en Hy is bo alles ons
Bron van Voorsiening. Dit glo en weet ons hier by Anker van Hoop.Moeilike tye leer die mooiste lesse
Die begin-jare van hierdie reis het ongelooflike lesse ingehou, lesse wat
moeilik was om te leer. Lesse waar ons moes leer op wie ons waarlik moet
vertrou. Lesse wat nie maklik was nie maar lesse wat so nodig is vir die pad
wat voorlê. Hierdie dinge deel ons nie met julle om julle te vermaak of om
julle simpatie te verkry nie. Ons moes op die harde manier leer, omdraai is
nie ‘n opsie nie selfs al lyk dinge ook hoe moeilik.God baan die weg
Letitia weet waarvoor God haar geroep het, sy weet dat sy in die senter van
Abba se wil is en dat Hy wel die pad vorentoe sal baan net soos Hy nog altyd
het. Ons glo wel dat Hy hierdie geleentheid skep en vir julle vra om deel te
raak van die werk wat Hy hier op aarde deur Anker van Hoop gaan doen.God se koninkryk
Ons is nie ‘n spesiale bediening nie, ons is geroep soos baie van ons aardse boeties en sussies om God se Koninkryk op aarde te vestig. Niks beter as niemand nie maar tog met die vermoë om die Lig van God hier op aarde te versprei. Ons bid gereeld vir visie en ons weet dat Vader vir ons elke tree sal wys. Net soos wat Hy gemaak het tot hier.
Hande vat
Ons nooi jou boetie en sussie om betrokke te raak by wat Vader deur ons wil en gaan doen. Sal julle saam hande vat en gee dit wat Vader in hierdie oomblik op julle harte lê. Is dit nou met finansies, gebed of liefde. Ons waardeer elke een. Elke stukkie omgee, elke saad wat julle in God se Koninkryk saai.
Baie dankie
Dankie dat ons hierdie oproep aan julle kan maak. Dankie dat ons kan gehoorsaam wees. Dankie dat julle gehoorsaamheid ons ook seën en ons instaat stel om te doen dit wat ons Hemelse Vader van ons vra. Ons seën julle in Jesus Naam. So ryklik. Mag ons Abba Sy seën oor julle laat reën, die wat gegee het, die wat gee en die wat saam vertrou vir hemelse reën. Liefde boetie en sussie, dankie dat ons kon deel wat in ons harte lê. ‘n Briefie van Abba Vader net om te vra wil jy deel raak. Ons glo dat Vader hierdie briefie vooruit gaan.
Pappa praat
Hy fluister … Hy sal die werk in menseharte doen. Dis waarvoor ons Hom vertrou. Dis wat ons glo.
Hemelse hoop
Liefde, liefde, liefde … mag ons saam sien hoe God se Koninkryk hierdie wêreld infiltreer en elke dag meer en meer hoop gee. Dit is ons missie hier by Anker van Hoop. Dit is waarvoor ons geroep is. Om hierdie wêreld met die hoop van Jesus Christus te klee. Amen.
Soos Abba lei
As jy op enige wyse wil betrokke raak, kontak ons gerus. Maandelikse bydrae is baie welkom. Jaarlikse bydrae. Net soos Abba jou lei. Dankie in Jesus vir jou tyd boetie, sussie. Amen.
Gaan kuier hier vir die blog
www.ankervanhoop.com
Anonieme donasies
Rekening naam : Anker van Hoop
Bank : Capitec
Rekening nommer : 1507489631
Takkode : 470010Pappa vou julle toe in Sy shalom, Amen.
-
Mooiste Ja
Vertrou My
Met jou hart en lewe kind
Vertrou My altyd
Vra Pappa-God -

Nuwejaarsbriefie
Hallo liewe vriende,
Dis so lekker om julle elkeen in 2017 te verwelkom! Hoe bevoorreg is ons om nog die geskenk van lewe te geniet. Ons is hier vir ‘n rede en saam met ons Koning kan ons die onmoontlike bereik. Moet nooit ophou om saam met ons Pappa in die hemel Efesiërs 3:20-drome te droom nie.
My gebed is dat hierdie nuwe jaar vir julle elkeen so geseënd sal wees, in alle opsigte. Ek bid ook dat dit ‘n jaar van deurbrake en oorwinning sal wees. Die lewe het sy deel van storms en potjie-tye maar hoe dankbaar is ek dat ons Vader dit trappe kan maak waarmee ons na hoër hoogtes klim.
Moenie ophou vriende om Pappa-God met die kleinste tot die grootste in jou lewe te vertrou nie. Deel dit met Hom. Hy gee waarlik om en Sy las is voorwaar lig.
Deur God se genade kan ons hierdie jaar met treë van vertroue, oorgawe en dapperheid instap want ons weet mos, wie hom alreeds so veilig in Sy hande hou. Daar is niks wat Hom ooit onkant betrap. Rus in daardie wete, elke nuwe dag van die nuwe jaar.
Vriende op net die beste wat hierdie jaar kan inhou!
Liefde in Jesus, ons Koning, Verlosser en Heer.
Letitia
-
Skatkamers
Die een wat die aandsterre
In die maanlig
In Sy hande hou?
Dit is my mooiste God