Woorde sag
Kom klop aan my hart
Hulle vertel vir my
Dat U my baie diep liefhet
Abba liefste God
Dankie vir die gerusstelling
Wat in my hart woon
Alles omdat U rerig omgee
U liefde is so sag
U liefde is so mooi
Tog het soveel mense op aarde
Dit nog nooit ondervind nie
Abba-God
Hoe dit moontlik kan wees
Weet ek nog nie
Maar hulle mis iets groot
Hulle mis die
Mooiste mooi’s wat daar
In die wêreld kan wees
Wanneer hulle vir U sê nee
Abba-God-se-kind
Kinders van My hart
Liefste-liefste kinders
Kom nader aan My hart
Baie gereeld sê Abba-God
Dat Ek in julle ore fluister
Julle hoor My nie aldag
Hoe kan dit dan wees?
Ja sê Abba-God
Aan Sy kinders
Dis hoekom Ek so gereeld vra
Kom leer My ken
As julle die mooi kon sien
Van dit voorberei
Sou julle kom
Nie ‘n minuut langer uitstel
Hoekom gebeur dit so gereeld
Sê Abba-God
Dat julle bly vra
Bly wonder of Ek julle liefhet
Kinders dis een van die dinge
Waaroor julle die minste hoef te wonder
Nee kinders want julle plekkies
Lê baie diep in My hart
Ja sê Abba-God
Ek verstaan dis dikwels seer
Sê Abba as slegte goed gebeur
Maar dis nooit omdat Ek wil beseer
Ja sê Abba-God vir Sy kinders
Sal julle asseblief leer kinders
Dat Ek groter as hierdie wêreld
En sy probleme is
Abba-God se kinders
Niks in hierdie wêreld
Is buite My beheer
Ek wil hê dat julle dit sal weet
Kom klop gerus aan My hart
Sê Abba-God
Die kere wat jy probeer
Maar net nie alleen staande kan bly
God se kinders
Buite-kinders
Wanneer gaan julle verstaan
Dis vir My ‘n eer om julle te help
Ja sê Pappa
Dit is dikwels wat Ek nie verstaan
Hoekom kom klop julle so min aan My deur
As Ek dan al die antwoorde het
Ai Abba-God se kinders
Sal julle asseblief kom leer
Sal julle asseblief wys word
Met die besluite wat julle neem
Moet asseblief nie sê Abba
Vir die wêreld vra
Wat die beste raad is
Sy gaan jou net die verkeerde rigting aandui
Kom klim liewers dieper in My hart
Liefste kinders
Kom vra vir My
Wat Ek van jou situasies dink
Ja sê Abba-God
My kinders Ek wil hê
Julle moet altyd weet
Die beste raad is by My te kry
Laat gaan asseblief
Sê Pappa-God
Van die verkeerde goed wat julle glo
En kom net nader aan My
Ja sê Abba-God
Asseblief
Nader aan My
Liefste kinders van die wêreld
Nooit ooit sê ons Abba-God
Sal Ek julle ooit verkeerd lei
Kinders dis nie wat Ek doen
Dis nie iets wat Ek kan doen
Ek weet sê Pappa-God
Dat Ek partykeer baie vra
Vir die wat veral
Altyd soveel beheer in en oor hulle lewens het
Liefste kinders
Partymaal moet julle ‘n bietjie
Van beheer laat gaan sodat julle by die
Volheid van wie Ek is deur jou kan uitkom
Ja sê Pappa
Dikwels is dit vir julle moeilik
Om hierdie kop-skuif te maak
Maar kind besef jy dat dit so nodig is?
Ai Abba-God se kinders
Asseblief kom luister vir My
Pappa wil julle op die beter pad lei
Die Een wat na My toe kom
Ja sê Pappa-God
Dis dikwels dat julle dit uit oog verloor
Ai kinders asseblief
Moet dit nie meer doen
Ek voel die wêreld vir julle
Sê Pappa-God
Die wêreld en soveel meer
Wil Ek aan My kinders gee
Dit gebeur so dikwels
Sê Pappa-God
Dat julle net vertrou tot waar julle kan sien
Asseblief moet dit nie meer doen
Nee My liefste kinders
Pappa vra
Kom vertrou My ten volle
Kom gee alles aan My oor
Liefste-liefste Pappa-God se kinders
Julle ore moet asseblief oop wees
Oop vir wat Pappa
Julle wil leer
Kinders Ek verstaan
Dikwels is dit moeilik
Maar julle moet hierdie pad
Enduit saam met julle Pappa voltooi
Ai My kinders
Pappa vra julle
Leer My ken
Kom net nader aan My
Kinders
Pappa beloof julle
As julle net nader aan My sou kom
Sou julle My soveel liewer kry
Julle sou sien sê Pappa
Dat Ek in My hart
Net die mooiste vir julle hou
Selfs al maak soveel dinge in die lewe nie altyd sin
Leer My hart ken
Kinders
Dit vra julle Pappa so gereeld
Leer ken hoe goed Ek rerig is
Sodoende sê Pappa-God
Sal julle baie dikwels
Baie minder vrae hê
Omdat julle My sal vertrou
Ja sê Pappa-God
Dikwels My liefste kinders
Dikwels wat julle vrae begin vra
Omdat julle My nie vertrou
Ek wil julle op daai plek bring
Sê Abba-God
Waar julle so min vrae vra
Want al wat julle doen is vertrou
Ja My liefste kinders
Julle Pappa kan julle altyd vertrou
Julle Pappa in die hemel kan julle nie in die steek laat
Vertrou My asseblief altyd
Vertrou My sê ons Pappa-God
Leer asseblief om My elke dag meer te vertrou
Kinders daar is soveel meer wat Ek julle wil leer
Sal julle asseblief sê Pappa-God My meer vertrou?
Ek weet sê Pappa-God
Dat julle dikwels nie antwoorde het vir julle vele vrae
Kan Ek julle troos sê Pappa
En sê dat julle eendag alles sal weet
Ja sê ons Abba-God
My kinders alles gaan dan kristalhelder wees
Julle sal alles sien
Soos dit was
Ja sê Pappa-God
My kinders julle sal sien
Nooit het Ek teruggehou
Al lyk dit nou dikwels vir julle so
Ai My liefste kinders
Dis hoekom Pappa vra
Leer My ken
Leer My hart ken
Nooit ooit sê Pappa-God
Sal Ek jou ooit
Op die verkeerde paaie lei
Weet julle dit?
Liefste-liefste kinders
Vertrou julle Pappa se hart
Kom nader
Leer My ken
Pappa se vra is dit
Leer My ken
Leer My ken
Leer My ken
Ek is soveel-soveel mooier
As wat julle dink
Sê Pappa-God
Soveel mooier as wat hierdie wêreld dink
As jou hart nog nie saamstem
Kind dis 100
Maar asseblief kan Ek vra
Kom net nader aan My
Want daar is ‘n tyd
Sê Pappa-God wat sal aanbreek
En jou hart 200% sal saamstem
As jy daarmee aanhou
Ja kind, ja
Kan Ek vra
Raak verlief
Op die mooi van wie Ek is
Mooier raak Ek altyd
Sê Pappa
Soos julle My meer en meer leer ken
Gaan vra dit asseblief vir almal wat rerig weet
Ja sê Pappa-God
Moenie vir die verkeerdes gaan vra
Moenie laat hulle jou in ‘n gat laat val
Nee gaan vra die regtes
Ai God se kinders
Pappa se kinders
Leer julle My hart darem ‘n bietjie beter ken
Deur die dinge wat Ek nou vra?
Kind dis hoekom Ek dit doen
Dis hoekom Ek bereid is
Om My hart vir julle oop te breek
As dit julle net nader aan My sal bring
Kinders asseblief
Wees en word lief vir My
Soos wat Ek vir julle is
Elke dag meer, nie minder
Dis hoe julle by die skatte in My hart
Gaan bly uitkom sê Abba
Dis hoe julle hulle gaan bly vind
As julle tyd met My spandeer
Moet nooit daarop opgee
Sê Pappa
Asseblief nie kinders, asseblief
Hou altyd daarmee aan
Amen.