Op berge & in valleie

God se kinders
God se kinders
Dit is wie Ek alle mense op planeet aarde so graag wil noem
Kinders van God

Liefste kinders van My hart
En die buite
Hoekom is julle altyd so bereid
Om julle rüe op My te draai

Ja sê Pappa-God
Baie kere dat Ek nuwe rigting aandui
En dan wil net niemand
My meer volg

Hoekom is dit altyd so
Vra Abba-God
Wanneer julle ongelukkig raak
En nie kan glo iets is van My

Ja sê Pappa-God
Daar is dikwels gevalle op planeet aarde
Wat julle geloof in My dikwels toets
Maar dis dan wat julle moet vasstaan

Ja Pappa-God se kinders
Dit gebeur gereeld
Dat julle iets in die oë staar
Wat julle glad nie kon voorsien

Ek wil hê julle moet weet
Ek verstaan
Ek verstaan lyding
Baie meer as wat julle dikwels dink

My hart was seer
Sê Pappa-God
Stukkend die dag toe My Seun
Aan die kruis sterf

Kinders dink julle ooit daaraan
Wanneer julle deur pyn gaan
Dink julle ooit
God verstaan?

Nee sê Pappa aan Sy kinders
Dit is nie iets wat gereeld gebeur
Mense is baie eerder besig
Om vertoë voor My deur te lê

Liefste kinders
Pappa verstaan
Daar is met tye vrae wanneer donker tye julle pad kom kruis
Maar sal julle asseblief nie geloof verloor

Ja sê Pappa
Dit is iets wat te gereeld gebeur
Julle begin twyfel in My liefde
En wys My dan stadig maar seker die deur

Kinders kan Ek vra
Is daar mense daarbuite
Wat bereid is om My in die valleie van die lewe
Asook die bergtoppe te vertrou

Kinders dit gebeur so, so gereeld
Ek wens Ek kon julle vertel
Wys eerder
Hoeveel mense dan hulle rüe op My draai

Ja sê Pappa-God
In die vallei-tye van die lewe
Is baie min van My kinders getrou
Hulle word nie betroubaar bevind

Kinders Ek wens dit kon anders wees
Ek wens Ek kon sê dit is nie hoe dit is
Maar dan sou Ek moes jok
Dan sou Ek moes stories opmaak

Ai kinders
Pappa se kinders
Kan Ek julle vra
Vertrou My

Vertrou My altyd sê Pappa
Asseblief
Nie net in die tye wat dit goed gaan
Nie net in die tye wat dit sleg gaan

Liefste, liefste kinders
Pappa wil julle vra
Hou My hand vas
Op die bergtoppe, ook in die valleie van die lewe

Ek weet die lewe is met tye so swaar
En dan voel jy so gereeld al wat ek doen is sukkel
Maar kinders as julle saam met My sou deurdruk
Sou julle iets so mooi sien

Julle sou sien sê Pappa
Hoe lyk geloof gesuiwer en gelouter in vuur
Deur die lesse wat die lewe leer
En dit is altyd mooi

Ai kinders
Kan Pappa vra
Rerig-rerig
Hou aan vertrou in jou donkerste dae

Kinders van My hart
Dis veral dan sê Pappa
In die dae wat jy niks verstaan
Dat jy My hand styf moet vashou

Ja My liefste-liefste kind
Moenie ooit laat gaan
Pappa vra
Vertrou My hart

Vertrou My hart
Die dae wat jy vrae het
Die dae wat jy nie verstaan
Moenie van My hand laat gaan

Kind Ek is so baie lief vir jou
En Ek wens jy kon sien
En ervaar
Hoe opreg My hart teenoor elkeen van My kinders is

Hou op vrae vra
Seblief My kind
Bly net op jou knieë
En vra My om jou sterk te maak

Een van die dae
Sê Pappa
Een van die dae sal jy sien
Ek was altyd daar

Ek gee so-so baie om vir julle kinders
En as daar iets is wat Ek kon vra sou Ek sê
Hou net asseblief My hand
Veral deur die swaar

Die hoe die swaar mooi raak kinders
Deur julle wat nie laat gaan
Deur julle wat vashou in die donker dae
Totdat die met sonskyn weer aanbreek

Kinders julle moet getrou bly
Asseblief
In die donker dae wat julle geloof so toets
Dan veral

Ja liefste kinders, ja
Julle Pappa kan julle vertrou
Julle oë altyd op My bly hou
Altyd, altyd, altyd

Ek wil hê julle moet dit weet
Saam met My kan julle altyd
Kinders van God
Weer die beter dae bereik

Ja kinders
Die slegtes bly nie
Net soos die seisoene wat aangaan
Net so met elke seisoen wat in julle lewens aanbreek

Kinders son, wind of weer
Ek wil hê julle moet altyd weet
Ek is daar
Ek sal julle nooit in die steek laat

My kan julle bly vertrou
Tot die einde van die wêreld
Want Ek sal lank daarna
Nog bly bestaan

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

2 thoughts on “Op berge & in valleie”

Leave a comment