Wat gaan in jou wêreld aan
Vra Pappa-God
Kind Ek wonder of jy weet
Dis iets wat Ek graag wil hê My kinders moet My ook partykeer vra
Ja liefste kinders
Sê Pappa
Daar is so min van julle
Wat rerig weet wat in My hart aangaan
Ja kinders
Sê Pappa-God
Dis nie iets wat gereeld gebeur
Dis min dat My kinders vra Pappa wat gebeur waar U is?
Liefste kinders
Kan Ek vra sê Pappa
Veral julle wat My beter wil leer ken
Dat julle dit meer gereeld sal begin doen
Want ja sê Pappa-God
Daar is konneksie wat Ek
So graag tussen ons harte wil bou
En dit is hoe dit gebeur
Kinders van My hart
Liefste kinders
Kom vra My asseblief gereeld
Hoe dit met My gaan
Ja sê Pappa-God
Net soos wat Ek dit gereeld doen
Net soos wat Ek vra
Net soos wat Ek omgee om te hoor
Ai kinders van My hart
Dit verstom My so gereeld
Sê Abba-God
Dat daar mense is wat dink dat Ek nie omgee
Ja sê Pappa-God
Ek weet nie
Dikwels dat Ek dink
Hulle moet dink Ek weet nie wat om My aangaan
Kinders verstaan julle
Dat daar mense is wat dink
Ek weet nie wat om My aangaan
En dat Ek hulp benodig
Ek verstaan dit nie sê Pappa
Hulle dink hulle is vêr gevorder
Tog besef hulle nie daar is boekdele
Wat Ek hulle nog oor tegnologie kan leer
Ja sê Abba-God
Dit maak My partykeer lui
Sê Abba
As Ek dink aan dit wat julle nog moet ontdek
Ai kinders, ai
Wanneer gaan julle sien
Wanneer gaan julle weet
Ek is en sal julle altyd een voor bly
Ja My kinders, ja
Kinders van die wêreld en andersom
Julle gaan My nooit iets nuuts leer
Dit sal altyd My voorreg bly
Dis maar net sê Pappa
Omdat Ek alles weet
En jy nog ten dele
Dis maar al
Ja sê Pappa, ja
Dit sal nogals vir My baie beteken
As mense in hierdie wêreld
My met die nodige respek en agting begin hanteer
Ja sê Pappa
Dis maar net omdat Ek
Dit so baie verdien
Dat Ek so iets sou vra
Ja sê Pappa-God
Dis baie kere dat julle
Aan die wêreld se mense eer betoon
Ek wonder maar net waar is Myne?
Ja sê Pappa-God, ja
Selfs al sou Ek net die bewondering en agting kry
Wat koningin Elizabeth kry
Sou dit al beter wees
Kinders julle weet nie
Sê Pappa-God
Hoe baie mense in hierdie wêreld My hanteer
Vir baie mense is Ek selfs laer as die grond
Ja My kinders, ja
Dis hoe baie mense op planeet aarde
Op My neerkyk
Selfs My Naam en ‘n spoeg word in dieselfde asem gesê
Ja My kinders
Liefste kinders
Dit breek My hart
Want dis nie iets wat Ek ooit verdien
Ja sê Pappa, ja
Ek is konstant besig om aan die wêreld
Briefies soos dié te skryf
Want Ek wil so graag hê dat hulle oë oopgaan
Wanneer dit sal wees
My kinders
Weet Ek nie
Maar Ek sal aanhou probeer
Ek sal aanhou probeer
Om die wêreld en haar verkeerde glo
In te bring
Vir haar om te bekeer
Ai My kinders
Julle wat so glo
Julle wat so so so verkeerd glo
Kom asseblief in geloof nader aan My
Ek weet dat julle dikwels nie verstaan
Ek weet dat julle dikwels vrae het
Maar kinders kan Ek julle vra
Om by My te kom leer
Ja asseblief sê Abba-God
Kom leer by My wat is verkeerd
Kom leer by My wat is reg
Laat toe dat Ek jou leer
Ek verstaan sê Vader
Dat die wêreld vol van nie-verstaan lê
Ek kan al die vrae sien
Dis hoekom Ek vra
Kinders asseblief
Gereeld, gereeld wat Ek vra
Asseblief luister na My
Hoekom doen so-so min van julle dit?
Die mooiste waarhede kinders
Wil Ek in julle harte kom inskryf
Sal julle My asseblief toelaat
Om die Wysheid van die Hemel vir julle te leer?
Julle weet dat Ek omgee
Sê julle gereeld
Maar kinders hoekom glo julle dit nie
Daarbinne waar dit saakmaak
Hou asseblief op
Sê Abba-Vader
Om dit te sê
As dit nie waarlik vir jou iets beteken
My kinders
Dis hoop wat Ek met julle deel
Hoop
Sal julle asseblief vir meer daarvan kom vra
Die mooiste hoop sê Abba
Wat Ek soos lig in jou hart wil aansteek
‘n Baken van hoop sê Abba
Om aan die mense rondom lig te gee
Ja My kind, ja
Pappa wil vra
Skyn!
Skyn aan die donker wêreld wat om jou woon
Hulle het die liggie in jou
So so nodig kind
Al sou hulle dit nooit erken
Dis mos hoe die wêreld julle leer
Kinders dis okay
Solank ons net kan weet
Die LiG in ons is gedeel
Nou kan hulle maak daarmee wat hulle wil
Ja My liefste kinders
Asseblief
Moenie ooit julle harte hard hou
Teenoor mense wat die LiG so nodig het
Hou aan uitdeel
Vra Abba-God
Hou aan uitdeel My kinders
Alles wat mooi is in julle
Die wêreld vra daarna kinders
Hulle het dit so so nodig
Asseblief sal julle dit vir hulle gee
Die warmte, hoop en liefde in julle met hulle deel?
Asseblief kinders, ja
Deel Jesus met hulle
Hulle vra
So so nodig het hulle dit
Amen.