Weet julle wie dit is
Wie ek bemin
Weet julle vir wie my hart
Altyd lofliedere sal bly sing
Kategorie: Lofprysing
-
My hart se lied
-
Enigste Een
U is die Enigste Een
Wat aan die mensehart
Hemelse vrede
Kan gee -
Beste Maatjie
Dankie Abba Vader
Dat ek altyd my hart met U kan deel
Dat ek nooit hoef terug te hou
Of bang te wees -
Singende Hart
My hart
Wil altyd sing
Lof en eer wil ek
Aan die Koning der konings bring -
Hartsbeminde
Hy is die Een
Wie my hart
Bemin
En liefhet -
‘n Tikkie hemel
Soveel vreugde
Het in my hart ingetrek
Die dag toe ek vir die
Koning van alle konings ja sê -
Elke stukkie
Dit is my diepste hartsverlange
Dat U meer en meer
In my sal woon
Vader ek wil U beter ken! -
Grote Heer
Geloof, Hoop, Liefde
Dit is wat ons ANKER bly
Om elke dag ‘n bietjie meer
Aan die Koning van die konings oor te gee -
‘n Ware Rots
Ek is so bly
Ek het my hart vir U gegee
Dat ek aan U behoort
Dat ek kon ja sê