My hart
Wil altyd sing
Lof en eer wil ek
Aan die Koning der konings bring
Wie is daar ooit soos U
Dit wil my hart bly sing
U wat groter is as die lewe self
U wat in die donkerste nag helder bly skyn
Watter voorreg is dit
Om U Koning te noem
Watter voorreg is dit
Om U rerig te ken
Vader-God my hart wil altyd sing
Van U liefde groot
U is die Een
Wie Ek altyd wil bemin
Wie is ooit soos U
Grote Koning
Wie is ooit soos U
Grote Koning
My hart wil bly sing
Vir wie U is
Wat U kom gee het
Vir my
‘n Rede om te lewe
‘n Rede vir bestaan
U is die Rede, U is die Een
Waaroor my hart nou en altyd sal bly sing
Soveel vreugde het U
In my hart ingebring
‘n Loflied wat sal bly sing
U is God o Heer
Halleluja, Amen!