Gereeld en mooi
Is hoe U werk
Gereeld en mooi
Hoe kan daar die wees wat nog vra maar waar?
Ai Abba-Vader
Ons is so blind
Dit is dikwels wat ons dink dat U nie omgee
Tog is daar so baie mense wat omgee
Ja Pappa-God
Mense verstaan verkeerd
Hulle verstaan nie
Dat U omgee in elke mens wat omgee
Ja sê Pappa-God se kind
Ek weet dis dikwels
Moeilik om te verstaan
Tog ook nie
As mense net wou verstaan
Dat God so real is
Soos ek en jy
Sou hulle sien
Ja sê Pappa-Vader
Dit is so My kinders
Ek gee om in en deur jou
Onthou emosie kom van My af
Samelewing
Voel vir jou naaste
Pappa-God se kinders
Dit is My geskenk aan julle
Ja sê Pappa-God
My kinders Ek wou julle leer
Wat is van My en wat nie
Toe gee Ek julle emosies
Ja sê Pappa-God, ja
Baie kere dat julle emosies ervaar
Wat nie goed is vir julle
Tog het Ek dit in julle gesit sodat julle kon verstaan wat dit is
Ja sê Pappa
Bitterheid en nyd
Kwaad-word is van My
Want Ek wou het julle moes verstaan wat dit is om so te voel
Ek wou julle laat verstaan kinders
Ek wou julle leer sê Pappa
Dat party emosies goed is
Maar ander baie sleg
Ja kinders Ek wou julle leer
Sê Pappa
Dat nie alles van My is
Dat daar ‘n slegte kant is waarvan julle moes weet
Ja sê Pappa
Lig en donker kinders
Moes Ek in julle sit
Sodat julle kon verstaan hoe dit is
Ja sê Pappa, ja
Julle moes leer en verstaan
Dat party emosies My eer
En ander glad nie
Om om te gee sê Pappa-God
Is wys
Dis baie wys
Dit is wie Ek is
Ja sê Pappa-God
Ek weet baie van julle
Verstaan nie die beginsel
Maar dit is hoe dit moes bly werk
Ek moes julle deelmaak
Sê Pappa
Van die warrelende emosies
Wat Ek dikwels voel
My liefste kinders
Pappa moes julle leer
Waaroor gee Ek om en waaroor nie
Toe gee Ek julle emosies
Ja sê Pappa
Ek weet dat julle dikwels vrae vra
Dat julle met tye onseker voel
Kinders somtyds ook vir My
Ja sê Pappa
Kinders het julle geweet
Ek voel gereeld so
Ek het ook al met tye vertwyfelinge in My hart gehad
Ja sê Pappa-God
Mense dink en sê so gereeld
Ek is God
Ek is in beheer
Kinders dit is so
Tog wil Ek hê julle moet weet
Dat Ek met tye onseker is
As Ek jou iets vra
Ja
Sê Pappa
Ek weet nie aldag of jy gaan ja sê
Ek weet nie aldag of jy gaan doen wat Ek vra
Ja sê Pappa
Dit is baie dikwels wat Ek bly hoop
Baie kere wat Ek wonder
Sal hulle getrou bly?
Kinders Ek het julle
Emosies gegee
Sodat julle kon verstaan
Waardeur Ek baie dikwels gaan
Ja sê Pappa-God
Ek het ook al pyn en lyding ervaar
Daar was dae wat Ek ook al gedink het
Gaan môre mooi wees?
Ai My kinders
Pappa wil julle vra om My asseblief te vertrou
Ek is baie meer soos julle
En julle soos Ek as wat julle dink
Ai kinders, ai
Kan julle nie onthou die dag toe Ons
Ek, My Seun en Heilige Gees
By Lasarus se graf sit en ween?
Kinders hoekom vergeet julle so dikwels
Dat Ek ook medelye het
Met die wie seer het
Hoekom dink julle dikwels dat Ek nie omgee
Kinders Ek wil julle vra
Om te verstaan sê Pappa
Dat emosies vanaf My voortspruit
Ja sê Pappa dis ‘n extension van wie Ek is
Ek gee om vir julle kinders
So baie, so baie
Hoe kan julle sê dat Ek nie omgee
Wanneer julle omgee?
Kinders Ek wil hê julle moet verstaan
Dat julle dikwels My emosies weerspieël
Wanneer julle, julle misnoë oor iets wys
Of wanneer julle uitbundig bly is oor iets
Ja sê Pappa-God, ja
My kinders
Ek het ook emosies
Ek wil julle vra om dit asseblief te onthou
Dikwels sê Pappa
Wat Ek kwaad raak
Onsteld
As iets gebeur wat Ek nie graag wil hê
Ai kinders sê Pappa
Ek weet dis nie altyd
Maklik om te verstaan
Maar dit is wie Ek is
Ja sê Pappa
Ek is nie altyd die een
Wat net konstant gelukkig is
En niks kan My skeel
Nee sê Pappa-God
Nee Ek is ‘n betrokke God
Dikwels wat Ek vies raak
As iets My irriteer
Ja sê Pappa-God
Ek het die vermoë om nie te sondig
Wanneer Ek toornig raak vervolmaak
Tog is dit iets wat gebeur
Ja My kinders, ja
Ek kan lag
Ek kan huil
Ek kan kwaad-raak
Ja sê Pappa, ja
Weet dit asseblief van vandag af
As jy dalk iets sien wat jou lagspiere kielie
Of jy vies raak vir iets wat jou irriteer
Besef en weet dan net
Kinders
Dit is emosies wat Ek ken
Dit is emosies wat Ek verstaan
En ja sê Pappa-God
Al gebeur dit gereeld
Dat ook Ek emosies ervaar
Moet julle weet dat Ek self die Vrug van die Gees is
Ja sê Pappa-God
Ek ken lankmoedigheid
Lank nadat jou geduld opgeraak het
Ek weet wat dit is om liefde te bly wys
Ja kinders, ja
Pa verstaan en ken
Die goed en sleg van emosies
Ek weet hoe om die kwaad onder beheer te bring
Kinders ons moet ons nie
Deur die vlees en sy begeerlikhede
Laat lei nie
Ons moet voluit deur die Gees lewe
En kinders dis wat Ek doen
So dikwels as jy sien en ervaar
‘n Emosie sleg of goed
Weet dat Ek hom ken en dat Ek hom saam met jou sal deurstap
Ja sê Pappa-God
Ja My kinders
Ek weet wat om met elke emosie te doen
Ek is Koning daaroor
Ek gee om kinders
Onthou dit asseblief
Wanneer jy vir iemand
Lief is of diep omgee
Daai emosie het Ek daar gesit kind
Sodat jy kon verstaan
Hoe dit is as Ek omgee
En dat dit net ‘n fraksie is van hoe Ek oor jou voel
Ja kind, ja
Die wêreld en sy emosies
Sou nie genoeg plek kon bevat
Om alles in te neem van die liefde wat Ek vir julle voel
Daarom sê Pappa
Het Ek ‘n plek soos die hemel gemaak
‘n Plek van volmaakte liefde
‘n Plek waar alles net mooi is
Ja sê Pappa, ja
In die hemel sal die negatiewe emosies nie meer wees
Die sleg-voel
Die sleg-wees
Nee kinders
In die hemel is alles mooi en rein
Geen iets sleg
Sal ooit daarbinne woon
God se kinders
Pappa se kinders
Julle wat partykeer sleg voel
Julle wat partykeer nie ‘n verkeerde emosie kan keer
Kom klop by My aan kind
Kom laat toe dat Pappa jou leer
Hoe om redelik te bly
Hoe bly ons in beheer
Ja sê Pappa-God se kind
Dit is te verstane
Dat ons ‘n Pappa sou hê wat elke emosie verstaan
Want Hy het dit daar gesit
Ja God se kind sê Pappa
Dit is so
Vertel dit aan My kinders
Vertel hulle dat Ek omgee
My liefde is groter
Sê Pappa-God
Baie groter as dit wat verkeerd is in hierdie wêreld
Tog wil Ek jou vra
Asseblief om te weet
Daar is goed in hierdie wêreld wat My ontstel
Daar is goeters
Wat My nie gelukkig maak
Kind Ek sal jou wys
Ek sal jou leer
As jy bereid sou wees om te vra
Pa wat maak U bly, wat maak U seer?
Wees groot daaroor My kind
Wees volwasse, wees sterk
Wees soos ‘n man
Leer jou Pappa ken
Ja kind, jy
Seun en dogter van God
Luister asseblief
Kom vra vir My
Ek sal julle leer
Julle lei
In die regte rigting
Totdat jy eendag by My is
Amen.