Vergewe gou
Is wat Daddy vra
Party mense wil nie
Hulle wil vir altyd en altyd daaraan bly vashou
Oe kinders
Sê Daddy-God
Asseblief julle moet dit nie meer doen
Al wat dit doen, is julle siek-maak van binne
Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Ek wens julle kon sien
Dit is soos glad nie goed vir julle
Daar’s party mense
Sê Daddy-God
Wat Ek verveel met My vergifnis-praatjies
Tog is dit so nodig om dit te hoor
Kinders sê Daddy
Asseblief
Om kwaad te bly vir iemand help niks
Dit maak die gif in jou net meer
Dis soveel beter sê Daddy-God
Regtig-egtig
Om ‘n kort rekening met mense te hou
Oor en verby, kom gee jou seer vir My
Liefste kinders sê Daddy-God
Ek vra nie dat ons ongedaan maak wat gebeur het nie
Nee Ek vra laat My toe om dit te genees
En vergifnis is die eerste stap
Kind Ek weet
Ek weet sê Daddy-God
Dit was baie baie seer
Ek weet jy kan nou nog nie eers terugkyk
Liefste seun
Dogter van My hart
Kan Pappa julle asseblief net aanmoedig
Bring dit vir My
Bring daai seer
Bring die teleurstelling in jou hart
Kind Ek kan sê Daddy-God
Dit met My warm-warm liefde gesond maak
Ek wil jou vandag ‘n drukkie kom gee My kind
Ek wil vir jou kom sê
Ek onthou en Ek weet
Wat is jou aangedoen
Kind sê Daddy-God
Liefste-liefste kind
Daddy weet van die diep-eina
Wat in jou hart daaroor lê
Kind Daddy sê nie vergeet
Daddy sê vergeef
Sodoende My kind
Kan Ek boustene van hoop daarmee kom maak
Ja My liefste dogter, seun van My hart
Daddy wil vir jou kom sê
Ek kan die mooiste toekoms
Van jou stukkende verlede bou
Ek het dit al vir soveel
Van My kinders gedoen
Sê Daddy-God
Dit is niks meer vreemd vir My
Kinders dit is My spesialiteit
Om gebroke verledes
Op te bou en te herstel
Sodat dit vir mense daarna soveel hoop kan gee
Kinders Ek kan herstel
Sê Daddy-God
So diep, so deeglik
Jy sal wonder was dit ooit daar
Kind die eerste stap
Die eerste stap na hierdie wonderlike lewe van oorwinning
Loop deur die deur van vergifnis
Ja teenoor jouself en ook ander
Kinders sê Daddy-God
Kinders asseblief hoor My
Hoor wat Ek vra
Dit is als vir jou voordeel
Ek vra nie vir Myself nie kind
Ek vra vir jou
Dis omdat Daddy sien
Jy is so stukkend binne-in en Daddy wil dit so graag beter maak
Oe My kind sê Daddy-God
Oe My kind
Daddy wil hê jy moet weet
Jy kan hierdie hekkie saam met My oor
Ek wil die boeie wat Satan
Om jou hart kom sit het met hierdie onvergifnis
Breek My kind
Ek wil jou vry-laat
Julle sien nie dogter, seun
Wat Ek sien
Julle sien net die natuurlike
Julle sien nie wat julle in die gees terughou
Kinders sê Daddy
Vir My is als oop en bloot
Daar is niks wat Ek nie kan doen
Ek wil jou waarlik vry hê
Kind asseblief
Sal jy My raad aanhoor
Sal jy dit ter harte neem
Sal jy toelaat dat dit jou restoureer
Kinders sê Daddy
Kinders asseblief
Sal julle hoor
Daddy gee om!
Julle maak My hart so baie bly
Julle wat bly omgee
Om van My te hoor
Julle wat bly sê Daddy ons soek U
Kinders
Dankie daarvoor
Sê Pappa
So baie dankie daarvoor
Julle het My lief
Ek eer julle daarvoor
Ek eer julle bereidwilligheid
Om My aan te hoor
Liefste kinders sê Daddy
Liefste kinders
Hou aan daarmee
Hou aan om My op te spoor
Julle gaan wonderlike dinge in julle lewens ervaar
Kinders dit is so
Slegs omdat julle ja gesê het
En My aanhou volg
Dankie liefste kind
Daddy sê dankie daarvoor
Van begin tot einde
Bly julle spesiaal in My hart
Amen.