‘n Kanaal van Hoop
Dit is wie ek is
Ek is net iemand wat Vader gebruik
Om aan hierdie wêreld hoop te gee
Al is dit ‘n vriendelike kopskud
Al is dit ‘n drukkie wat omgee
My kinders asseblief sal julle My toelaat
Om deur julle vir die wêreld hoop te gee?
Want ja sê Vader, ja
Dit is altyd My hart
Om hierdie lewe vir mense
Meer as draagbaar te maak
Ja sê Vader-God
Ek wil hê julle moet dit weet
Dat Ek ‘n God van liefde is
En nie iemand wat mense haat
Ja sê Abba-Vader
Ek weet dat dit vir julle moeilik is
Om My hart te bly vertrou
Omdat julle soveel donkerte om julle het
My liefste kinders
Ek vra julle om julle oë
Op My te hou
En nie op al die donkerte om julle
Ja sê Pappa-God
Ek kan alles nuut maak
Ek is die God van Wonderwerke
Daar is niks wat Ek nie kan doen
My liefste kinders asseblief
Ek vra julle om My hart te vertrou
Ek vra julle om te onthou
Om te onthou
Dat Ek ‘n God van Liefde is
Dat Ek ‘n God van Oorvloed is
Dat Ek ‘n God van Voorsiening is
Al wil al jou omstandighede en realiteit iets anders sê
My liefste kinders
Ek vra julle om in en deur
Die moeilike tye van hierdie lewe
Asseblief nader aan My te trek
Moenie toelaat dat die seer
Die teleurstelling
Alles wat nie sin maak
Jou van My vervreem
Asseblief My liefste kinders
Kom hoor by My
Kom hoor wat Ek
Oor jou situasie sê
Ek is ‘n goeie God sê Abba-Vader
Ek is en bly ‘n goeie God
Al wil jou omstandighede en waar jy jou tans bevind
Vir jou die teenoorgestelde sê
My liefste kinders
Geloof is om te weet
Dat Ek in die moeilike tye
Veral dan naby sal wees
Kyk na die Bybel sê Vader-God
Kyk na die stories en verhale daarbinne in vir julle nagelaat
My liefste kinders
Soveel stories in die Woord wat vir julle hoop sal gee
Weet 1 ding sê Abba
Wat Ek vir 1 mens gedoen het
Sal Ek ook vir ‘n ander doen
As julle net bereid is om julle oë op My te bly hou
Moenie van My laat gaan nie
Asseblief My liefste kinders
Hou vas en weet dat Ek die Enigste Een is
Wat ware vrede en vreugde gee
Ja sê Abba-God
Selfs in die felste storms
Selfs in die moeilikste tye
Sal Ek julle saam met My hoog laat loop
Onthou wat Ek gedoen het
Sê Pappa-God
Onthou wat Ek al gedoen het
Sê Pappa-God
Vir julle land
Vir sy mense
Onthou ‘n bietjie
Hoe vêr het ons al gekom
Dis nie nodig om julle harte
Hard teenoor My te hou
Asseblief word sag van binne vra Abba
Laat My toe om met jou hart te werk
Ja sê liefste Vader-God
Ek is en bly
Altyd-altyd in beheer selfs wanneer
Veral wanneer die wêreld die minste ja sê
Hou dan asseblief julle oë op My
Moenie moed opgee
Hou vas aan My
Met alles wat julle het
Ek gaan julle mooi maak
Sê Abba-God
Ek gaan julle nuut maak
Ek gaan alles, alles vir julle beter maak
As julle net bereid is
Om julle oë op My te bly hou
As julle net bereid is
Om vas aan My te hou
Dankie liefste kinders
Dat julle besluit het dit is wat julle gaan doen
Saam met My gaan julle hierdeur
En dat niks julle gaan onderkry
Amen.