Lamp van LiG

Skaar jouself by My en die engele
Sê Abba Vader
My kind wanneer Ek jou vra
Om die regte ding te doen

So baie kere sê Abba
In die keuses wat julle elke dag neem
Dat Ek en die engele
As verloorders bly staan

Konstant sê Abba
Wat ons julle aanmoedig, vir julle bly sê
Kinders julle kan
Julle kan vir die Lig bly opstaan

En dit My kinders
Is maar wat elke dag gebeur
Met al die keuses wat jy maak
Lig of Donker? Slegs een ken wen

Abba se kinders
Ek wil julle rerig vra om te besef
Julle lewens kan soveel harte aanraak
As julle net besluit om waarlik vir Lig te leef

Kinders asseblief kom hoor vir My
Weet of besef julle
Hoeveel respek in mense se harte groei
As hulle sien dat jy as Christen ‘n eerlike sakebesluit neem?

Of weet julle van die kere
Sê Abba
Wanneer mense op moed-verloor-se-vlakte is
En dan sien en ervaar hoe iemand rerig omgee?

Ek wens julle kon sien My liefste kinders
In die Gees
Watter verskil keuses van die Lig
In mense se harte en lewens maak

Ja My kinders
Sê Abba
Ons kan soveel impak hê
Ons kan hierdie wêreld waarlik ‘n soveel beter plek maak

Kinders Ek wil hê julle moet besef
Rerig
Een mens wat keuses vir die Lig neem
Kan so ‘n verskil maak

Abba se kinders
Ek vra julle nooit ooit
Om die pad alleen te loop of alleen te bou
Dit is waarom Ek daar is

Ek wil altyd help
Sê Abba Vader
Om Lig in gemeenskappe op te bou
Dis altyd waarmee Ek wil besig wees

Kinders van My hart
Julle moet besef
Saam met Vader kan ons ‘n verskil maak
Laat My toe om rigting aan te dui

Abba se kinders, My kinders
Luister asseblief vir My
Ek wil daagliks vir jou wys
Waarmee Ek besig is

Kinders van My hart
Sal jy gereeld kom hoor
Vader waaraan is U besig om te werk
Kan ek met ietsie help?

Vader sê
Kinders dit beteken vir My so baie
Wanneer julle aanmeld vir diens
Dit wys My julle gee ook om dat Lig vir ‘n slag bietjie wen

Abba se kinders
Dis maar al wat gebeur
Wanneer jy sê hier is ek Abba Vader
Stuur my om vir U te werk

Mense verstaan nie
Sê Abba God
Dat ons by die klein goetertjies kan begin
En dan ons weg na bo opwerk

Kinders van My hart verstaan julle
Dat vriendelikheid aan alle mense bewys
Vir My net so spesiaal is
Soos ‘n huis vol mense wat My aanbid?

Pappa se kinders
Ek wil julle leer en aan julle wys
My Lig wil Ek versprei
Wyd en syd

Vriendelik-wees het die vermoë
Om soveel mense in My Koninkryk in te bring
Ek bid rerig dat dit meer en meer
In julle lewens sal gebeur

My kinders asseblief
Moenie so stroef deur die lewe gaan
Dit wys nie vir mense dat jy iets het
Wat hulle dalk graag sal wil hê

Ja My kinders
Abba wil vra dat julle oorvloedig sal wees
In liefde, hoop en vreugde
Aan hierdie wêreld bewys

Abba se kinders
Dit is hoe mense begin sien
Dat Ek waarlik in jou leef
Nie as jy altyd nors en onvriendelik is

Wys liefde sê Abba aan almal
Dit vra Ek so gereeld in My Woord aan julle
Behandel mense met respek
Wys liefde en geduld

Kinders verstaan julle
Dat die vrug van die Gees
Rerig die kenmerk is
Dat Ek waarlik in jou leef?

Ja sê Pappa Vader
Die vrug van die Gees
Sal geen mens kan keer
Wanneer Ek rerig prioriteit nommer 1 in jou lewe is

Kind probeer dit gerus
Laat My toe om deur jou die wêreld so mooi in te kleur
Dat mense sal kan sien
Jong Ek leef rerig in jou

Ja sê Abba
My kinders dit is hoekom Ek julle vra
Om soos kinders van die Lig te leef
Sodat My Lig en wie Ek is meer mense kan bereik

Dit is sodat ons heel lande, gemeenskappe en families
Kan begin bedek met Lig
En My Koninkryk dan deur julle ‘n realiteit word
Op aarde net soos in die hemel

Dit is hoekom Ek My kinders vra
Om soos Lig te lewe
Dis hoekom Ek julle aanhou vra
Sal julle My toelaat om deur julle te skyn

Kinders van My hart
Dis nie omdat julle vir My goedheid moet werk
Dis omdat Ek wil hê die wêreld om jou moet sien
Jy aanbid ‘n God wie se Koninkryk skyn soos die son!

En dan deur dit My kinders
Kan ons hierdie wêreld vul
Met My glorieryke heerlikheid waar almal
Meer van My en My skoonheid in hulle lewens wil hê

Sien kinders
Ek wil hê dat julle so vir My Koninkryk sal skyn
Dat almal om julle
Meer van My sal wil hê

En ja sê Abba
Al gebeur dit nie met almal
Al wil nie almal hê wat jy so graag uitdeel
Sal daar genoeg wees wat besluit om nader te kom

Ja sê Abba aan My en My wonderlike Koninkryk
Aan My wat skyn in en deur jou
Asseblief My kind sal jy My toelaat om deur jou
‘n Lamp van Lig vir hierdie donker wêreld te wees

Abba se kinders
Ek is so lief vir julle
En dit maak My rerig bly
As Ek sien dat julle aanhou kom

Dankie Abba Vader se kinders
Dat julle My liefhet
Dat julle omgee
Om My hart te hoor

Kinders dankie
Dankie sê Abba
Dat Ek meer van My hart kon deel
Wie Ek is meer vir julle oopbreek

Ek bid dat julle sal begin soek
My kinders vir meer
Pappa gee so om vir julle
Sal julle dit asseblief weet

Seën vir julle
Totdat Ek weer kom
My oog sal op julle wees
En kan hom nie ooit van julle afhaal

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment