My hart is stil
Hy wag op U
Hy wil getuig
Altyd meer van U vertel
Dankie Abba-God
Dat U so wonderlik is
Dat U van ons weet elk een
Dat U ons name ken
U weet wie ons is
U weet wat ons wegsteek
Vader ons wil nie hê dat dit meer so sal wees
Ons wil U Lig bewoon
Vader Abba God
Help ons asseblief
Om elke dag ‘n bietjie nader
Aan U en wonderlike liefde te beweeg
Vader daar is niks beter
Of mooier
As U liefde
As U Lig wat in my woon
Vader ek wil bid
Ons wil vra
Elke dag
Asseblief ‘n bietjie meer
Skyn U glorie-lig Abba
Op die donker plekke in my siel
Die plekke van seer
Daar waar ons diep eina het
Vader ons wil vra
Ons wil bid
Neem weg die struikelblokke
Wat van U warm liefde skei
Vader ons wil meer weet
Ons wil elke dag groei
In U wonderlike genesing
Sal U ons asseblief help daarmee
Sal U ons harte asseblief
Sag maak vir U Lig
Dat dit inwonend sal wees
Met ons elkeen se toestemming
Vader ons wil U hart
Van liefde en genesing
Nie uithou
Ons wil U Lig heelhartig innooi
Vader sal U ons asseblief help daarmee
Om U en U wonderlike Lig
Elke dag ‘n bietjie meer te vertrou
Dankie dat U by ons is
Ons harte wil oorloop Abba-Vader
Van dankbaarheid teenoor U
Wie U is elke dag
Vir elkeen
Vader Abba God
Dankie dat U sonder gelyke is
U liefde is breed
Baie breër en blinker as die son se strale
Vader help ons asseblief
Elke dag
Om U liefde ‘n bietjie meer
In ons harte te nooi
Vader ons wil
Ons wil U deel maak
Van die diepste deel van ons
Want ons weet dis waar ons lewe kry
Vader help ons asseblief
Elke liewe dag
Meer en meer
Om U te vertrou
Om te besef
Hemelse Vader
Dat daar niks beter is
As om juis dit te doen
Om oop te maak
Om te vertrou
Om te weet
Dat U sag met ons harte werk
Geen een mens is daar ooit
Wat ons meer kan vertrou
As U die Een wat die sagste
Met die mensehart werk
Vader ek wil vertroue kom bid
Oor elkeen van die mensekinders
Wat hier lees en wonder
Sal ek ‘n kans waag
Vader asseblief
Gee vir ons genade
Om te besef en te weet
Dit is vir ons elkeen
Vader asseblief
Wys vir ons
Hoe te vertrou
U waarlik is
Vader daar is niemand soos U
Vader en ek bid dat elke mens
U waarlik ‘n kans sal gee
Om U liefde te wys
Help ons elkeen Abba
Om te begin oopmaak
Diep
Tree vir tree
U verwag nooit die onmoontlike nie
U vra net ‘n begin
‘n Hart wat oopmaak
U met ‘n skrefie innooi
Vader ek bid vir hulle
Elkeen wat U Lig nou betree
Gee hulle hoop Vader
Gee asseblief genade om aan U vas te hou
Vader dit wat U begin
Dit maak U altyd klaar
Vader dit gee ons harte hoop
Dit maak dat ons nog meer glo
Dankie Abba-Vader
Dat U ‘n waarmaker is van U Woord
Dat niks tussenin kan beweeg
U is die Ware Een
Vader help ons asseblief
Elkeen
Om die pad saam met U te loop
Tot die einde en weer
Vader dis U wat alles sin gee
Betekenis
Doel en waarde
Aan hierdie lewe
Mag elke verlore siel U vind
Mag hulle ontdek Vader
Voordat dit te laat is
Dat U opreg liefde is
Vader genade asseblief
Hoop om aan vas te hou
Nou en elke dag
Terwyl ons hier op aarde is
Amen.