Weet jy dat Ek
In jou glo
Meer as ander mense
Meer as jouself
Kind Ek weet
Dat jy saam met My
Die grootste, wonderlikste
Mooiste pieke kan bereik
Liefste kinders
Dit is wat Ek so graag
In en deur julle lewens
Kan en wil doen
Kinders asseblief
Glo vir My
Ek kan die onmoontlike
In onmoontlike situasies doen
Niks is te wonderlik
Of te groot vir My nie
Sê die Heer
Ek kan alles doen
Kind Ek glo in jou
Ek wil hê jy moet dit weet
Meer as wat enige iemand nog ooit het
Meer as wat enige iemand ooit kan
Ek weet van die potensiaal
In jou gesit
Die dag toe Ek jou aanmekaar geweef het
Toe jy gebore is in My hart
Jou potensiaal
En wat jy kan doen
Hang nie af van wat jy oor jouself dink nie
Maar van wat Ek oor jou sê
Kind jou lewe dra
Soveel ongelooflike waarde
Omdat Ek en
Niemand anders dit sê
Sal jy asseblief in jouself
Begin glo soos wat Ek in jou glo
Sal jy jouself asseblief
Deur My oë begin sien
Waardevol verby
Dit is wie jy is vir My
Nooit sal Ek jou verruil
Selfs al sou Ek die kans kry
My kinders
Ek glo in julle
Ek wil hê dit moet julle harte hoop gee
Ek wil hê julle moet dit weet
Kinders Ek glo in julle
Ek glo in julle
Hou daaraan vas
Veral wanneer die donker dae kom
Ek weet julle kan
Saam met My kan julle
Enige iets doen
Saam met My sal julle deurtrek
Kinders asseblief
Glo vir My
Doen soos Ek vra
Glo in jouself
Glo die woorde wat Ek oor jou sê
Weet asseblief altyd
Dat Ek die Antwoord is
Op alle mensevrae
Partykeer voel dit nie
Vir julle so nie
Partykeer wil julle dit nie glo
Tog is dit so
Kinders asseblief
Ek glo in julle
Ek wil hê julle moet dit weet
Altyd en altyd
Laat dit die Rots wees
Waarop jy jou huis bou
Jesus
En Sy groot liefde vir jou
Niks sal jou ooit
Van My liefde kan skei nie
Verdrukking, hongersnood of swaard
Dit staan geen kans
Hou vas liefste kinders
In die donkerste, diepste water
Hou net vaster aan My
Saam swem ons daardeur
Kinders Ek glo in julle
En Ek weet
Ek weet
Die lewe raak dikwels baie moeilik
Ek wil vra dat julle asseblief nie
Julle eie laste sal dra nie
Maar dat julle My ‘n kans sal gee
Om dit ligter te maak
Dankie liefste kind
Dat jy opstaan as oorwinningskind
Dat jy dit glo
Dat jy dit leef
Amen.