Mense is stukkend
Stukkend
Wat hulle nodig het is liefde
Pappa se liefde
Al wat mense gesond maak
Al wat hulle genees
Is Jesus se liefde
Jesus se liefde vir hulle
Ons ken nie daai liefde nie
Ons weet nie wat dit is nie
Dit is so mooi
Dit is als wat ons nodig het Pappa se kinders
My kinders dit is tyd
Dit is tyd dat julle kom
Dit is tyd dat julle My toelaat
Tyd om al daai seer in julle harte vir My bring
Liefste kinders
Kinders van My hart
Julle is so stukkend, so stukkend
Gebreek van wat hierdie wêreld aan julle gedoen het
Pappa se kinders
Ek is jammer
Ek is so jammer
Ek is so jammer oor al die diep seer wat in julle harte lê
As My kinders net wou glo
As hulle net wou kom
Ek hulle liefste hemelse Pappa
Ek kan alles genees, Ek kan alles gesond maak
My liefste kinders
Pappa wil nie meer hê
Julle moet vir julleself baklei
En opstaan nie
My liefste kinders
Ek kan sien
Ek kan ervaar hoe dit julle binneste breek
Hoe dit net aanhou breek dit wat Ek so graag wil opbou
My liefste kinders
Pappa se kinders
Hoor My hart, hoor My hart
Hoor My hart sê Pappa
Ek gee om
Ek gee so baie om
Liefste kinders dis nie My hart om julle seer te maak nie
Dit was nooit My hart nie
Liefste kinders asseblief moenie meer vir die duiwel glo nie
Asseblief My liefste kinders
Asseblief, asseblief, asseblief laat My toe sê Pappa
Asseblief om alles vir julle beter te maak
Asseblief My kinders kom nou
Kom nou
Stappie vir stappie
Tree vir tree
Asseblief My liefste kinders
Asseblief Pappa gee om
My kinders sê Pappa
Pappa gee so baie om
Pappa se kinders asseblief glo My, glo My sê Pappa
Ek is die beste Pappa wat daar ooit sal wees
Asseblief kinders van Pappa-God glo My
Kom nou so sê ons Pappa-God
Sy liefde vir ons is so oneindig groot
Ek wens, ek bid ek kon dit oorvertel
Ek wens ek kon jou laat voel
Dit wat ek nou voel
‘n Hart wat breek
Omdat Pappa so lief is vir ons
Maar ons wat glo
Dat dit net woorde is
Dit is nie
Boetie en sussie in Jesus
Dit is alles
Dit is alles
Dit is wat ons gesond maak
Dit is wat ons harte nuwe hoop gee
Krag
Dit is Pappa se liefde vir ons
Wil julle nie asseblief saam met My begin glo
In ‘n Pappa, in ‘n God wat rerig liefde is
Ons sê dit te maklik
Ons glo dit nie
Pappa asseblief-asseblief
Werk in U kinders se harte
Werk Pappa asseblief
Soos net U kan
Vergewe ons harte wat nie glo
Vergewe ons harte wat U bly uitsluit
Pappa hulle weet nie waarop hulle uitmis nie
Pappa hulle het geen idee
Pappa asseblief wys ons meer en meer
Presies hoe goed U is
Asseblief, Pappa help ons om te glo
Help ons om te sien
Aan U alleen ons liefdevolste Pappa
Aan U alleen al die lof en eer
U is Pappa, U is, alles
Ons Hoop, ons Anker, ons Rots, ons alles
Pappa dankie
Ons sê dankie
Net vir wie U is
Amen.