Plastiek Raad

Genesing van ons hartseer
Bly dikwels so vêr
Omdat ons God
Nie deel maak daarvan

Ons sê ons doen
Maar eintlik doen ons nie
Ons vertrou maar eintlik op onsself
En die wêreld se manier om alles weer beter te maak

Kinders julle moet asseblief nie so baie
Op die wêreld en haar manier staatmaak
Sy gaan julle iewers in die steek laat
Dit moet julle weet

Ja sê Abba Vader
Ek weet julle wil dikwels
Net julle sorge
In die wêreld se sorg verdrink

My liefste kinders
Julle moet weet
Dat geen ander arms
Met Myne kan vergelyk

Ja sê Abba Vader
My kinders
My sorg en liefde
Is ongeewenaar

Hou asseblief op
Om ons te vergelyk
Nee My liefste kinders
Julle moet verder kyk

Julle is so verkeerd
Sê Abba
In die manier hoe julle haar toelaat
Om julle wonde te lek

My kinders asseblief
Ek wens net julle wou My glo
Om na haar te bly draai
Is om van My genesing weg te kruip

Sal julle net nie asseblief
Veel eerder na My kyk
Sal julle My nie net toelaat
Om vir julle te wys dat ons nie eers vergelyk

Ons sit nie eers om dieselfde vuur nie My kinders
Ek wil hê dat julle dit asseblief moet weet
My en die wêreld se manier
Gaan nooit oog tot oog sien

My kinders asseblief
Luister vir My
Julle moet kom
En die egtheid van My Raad kom probeer

My kinders
My raad is eersteklas
Hare plastiek
Wat probeer beindruk

My kinders asseblief
Kyk verder, sien My
Ek is nie die een wat met ‘n rooi bord staan
Wat skreeu help my! nie, dit is jy

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment