Skeidsmuur

Als wat sleg is
Bring julle voor My troon
Julle kry nooit skaam nie
Vir My is dit afskuwelik sê die Heer

Die hoogmoed wat heers in jou
Jy wat altyd dink jy’s beter
Jou hart is ‘n blok ys
Geen gevoel kan jy wys

Julle offers maak My moeg sê die Here
Die reuk wat in My neus opkom
Is so sleg
Die wêreld stink daarvan

Liewe kind die geur van liefde
Wil Ek hê jy moet versprei
Gemeenskap, eenheid, liefde en hoop
Getrouheid tot die dood

Nie hierdie halfhartige pogings van jou nie
Sê die Heer
Vandag is dit Ek
Volgende dag ‘Kom ons kyk gou wat is daai’

Daar is so baie goed in hierdie wêreld
Wat glad nie is van My!
Snaakse goed!
Die vyand weet daarvan

Dis hy wat daar agter sit
Sy hart is om te verlei
‘n Ander wysheid sal ek aan hul gee
Goed sal dit op hulle ore val sê hy

Hulle sal hulle dit laat welgeval
Hulle hou van nuwe dinge
Beter, wyser, gebore in die eie ek
Hoogmoed bly hul val

Nooit is hul bereid
Om die knie te buig
Dit is te veel gevra
Ek weet dan alles Heer

Kind jy doen nie, Ek weet alles
Die wyshede van hierdie wêreld
Mooi en slim mag hulle dalk lyk
Maar hulle en die vyand kom van presies dieselfde plek

Hulle deel dieselfde wortel
En dit is nie Ek
Trots en altyd-beter-weet
Het geen plek in My hart

Liewe kind kom na My
Laat Ek jou help om vrugte te dra
Wat by bekering pas
Sodat almal om jou kan vra ‘Waar kom daardie lieflike geur vandaan?’

Van My sal Ek dan antwoord!
Wil jy ook hê My Seun moet leef in jou?
Wie Hy is wil Ek graag met jou deel
My Heilige Gees is gestuur om jou te lei!

Hoogmoed en trots
Dit is nie van My!
Liewe kind laat dit gaan
Dit is nie van My

Hoeveel kere moet Ek aan jou hartsdeur klop?
Hoeveel kere wil jy hê moet Ek aanhou vra?
Kind kom Ek en jy word Een
Totdat hierdie wêreld vergaan

Hou op om te draai
Na die wysheid van hierdie wêreld
Elke keer as ‘n probleem opdaag
Is Ek die laaste een na wie jy kyk

Liewe kind dit hoort nie so
Nooit draai jy na My
Totdat als gefaal het
En Ek die enigste een is wat oorbly

Liewe kind het jy ‘n idee
Hoe graag Ek jou wil help?
Uit jou verknorsing wil Ek jou red
Maar dan moet jy kom

Jy moet bereid wees
Om dinge volgens My manier te doen
My manier is Lewe
My manier is Hoop

Begin vandag vra Hy
Begin vandag om in My weë te stap
Die wysheid van hierdie wêreld
Hulle sal maar moet gaan slaap!

Omarm My Woord
Met jou hele hart
As jy dit doen sal jy ontdek
Hoe wonderbaarlik Ek met jou kan praat

Liewe kinders
Lewe en oorvloed
Dit is My hart
Dit is wat Ek gekom het om aan jou te gee

Die blydskap in My hart
Die wysheid wat woon in My
So graag wil Ek dit deel met jou
Maar dan moet jy laat gaan van dit wat ons twee bly skei.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment