Vir jou
Vir my
Vir almal het U gekom
Om aan ons die Lewe te gee
Ware Lewe
Nie die een wat die wêreld ons voorhou
Ware geluk
Ware vrede
Geluk en vrede
Wat geen geld kan koop nie
Al sit jy in ‘n paleis
‘n Hok kan dit wees nie waar?
Soos ‘n voëltjie op ‘n stok
Sit jy ingehok
Die knippie wil nie oop
Vlieg en vry-wees voel so vêr
‘n Hart gevang met vrees
Onvergifnis
Bitterheid
En seer
Sal jy ooit werklik vry kan wees?
Jy smag na vrede
Rustigheid in jou hart
Tog bly jy vasgevang
Jy sal moet laat gaan
Tjirpend soos ‘n voëltjie
In die vroeë oggend-son
So sal jy dan wees
Hierin lê jou vrede
Laat gaan van die verlede
Dit hou jou terug
Weerhou jou om te kom
As jy nie wil laat gaan
So sal dit bly
Opgesluit in ‘n koutjie
Met die keuses wat jy gemaak het sê Hy
Wees vry! Wees vry!
Dit is My hart vir jou
Toegesluit met leuens van self-regverdiging
Sonder ware vrede, dit hoef nie so te wees
Kom na My
Laat gaan van jou vrees
Ek wil jou hart genees
Vryheid wil Ek aan jou gee
So vry soos ‘n voëltjie wil jy wees
Tog wil nie vergeef?
Liewe kind
Dit hoort nie so
Laat gaan van dit wat was
Vergeef, spreek vry
Genesing sal dit vir jou bring
As jy net wou leer om te vergeef
Vergeef en vergeet
Om nooit weer daaraan te dink
Of dit op te bring
Elke keer net soos wat jy wil
Nee liewe kind
Laat gaan van die verlede
En als wat dit gebring het
Vra My om jou te genees
Laat My toe
Om in jou te woon
Als wat vry-maak
Sal Ek saambring
Die slotte sal Ek breek
Vergifnis aan jou gee
In die wind van My genade sal jy sweef
Soos ‘n arend tussen wolke van seën.