Die seer in jou
Ek wil dit so graag genees
Vir jare kruip hulle weg
En sê vir jou dit is nie meer ‘n probleem!
Liewe kind as daardie seer
Nie kennis maak met My lig nie
Gaan hulle altyd daar wees
En probleme aanhou skep
Hulle moet buig
Voor My Koninkryk en die Kruis
Die duiwel gebruik jou seer
Om sy koninkryk te bly bou
Hulle kry jou om woorde te spreek
Woorde wat bly afbreek
Woorde wat mense kraak
Positiewe woorde staan glad nie meer ‘n kans
Liewe kind
Ek wonder of jy besef
Die woorde wat jy spreek
Maak jou die meeste seer?
Soos ‘n pyl en boog
Vat die satan hul
Sit dit in sy koker
En vuur jou dan weer daarmee
Liewe kind ydele woorde moet jy nie spreek
Dis ook nie nodig om altyd ‘n opinie te wil gee
Dit is onnodig
Totaal oorbodig eintlik ook sê Hy
Kom eerder na My
Lê daai woorde neer
Die pyn van jou verlede skuil daaragter
Hoe hoop hulle jy besef dit nooit!
Hou op skinder
Hou op met lelik-praat
Liewe kind so hou jy net aan
Om die seer in jou eie hart te vergroot
Kom na My
Asseblief na My
Buig die kniee
En weet Ek wil jou so graag genees
Van al die seer
Van al die pyn
Gesond wil Ek jou maak
Sodat jy ‘n waarlike VOL LEWE kan hê.