Etiket: nuwe+hoop

  • Rescue 1

    Rescue 1

    Liewe vriende,

    Desember 2018 lees ek ‘n boek en hy tref my waar dit saak maak, diep binne. Dit vertel die lewensverhaal van Lon, ‘n jong meisie aan die buitewyke van Thailand (platteland) wat deur haar omstandighede basies geforseer is om die sekshandel-bedryf te betree en hoe dit haar lewe beinvloed het. My hart het gepyn op party plekke en ek het gedink … nee daar kan nie regtig duisende jong meisies wees wat daagliks soortgelyk ondervind wat sy het nie.

    Kortom meisies uit verskriklike arm gesinne word sodra hulle die ouderdom van ‘n graad 4 of 5 kind bereik enige finansiële ondersteuning vir verdere skoolopleiding van die regering geweier. Tog geld dieselfde nie vir seuns nie. Wat dit moeiliker maak is dat die kultuur van daai geweste boonop vereis dat die oudste dogter van die huisgesin merendeels verantwoordelik is vir die sorg van haar familie. Sodoende het vele geen keuse as om by sekswerk betrokke te raak nie.

    Maar … daar is hoop! Ons kan hande vat met mense en organisasies wat kinders soos die onder hulle vlerk neem en dan geleentheid gee om wel skool klaar te maak. Sodoende kan hulle hulself bekwaam en is die kanse vir ‘n ander en beter loopbaankeuse so moontlik. Is dit nie amazing nie? Ek dink ook so!

    Hiermee wil ek julle dan graag voorstel aan ‘n organisasie waarvan ek bewus geraak het ‘n rukkie nadat die boek my pad gekruis het. God-gestuur ek sê julle! Hulle streef hierdie presiese doel na. Om meisies wat vasgevang is in hierdie haglike toestand ‘n hoopvolle toekoms te gee. Verseker God se hart vir hulle (Jeremia 29:11 & Johannes 10:10).

    Rescue 1

    rescue 1 red verlate kinders wat in seks mensehandel vasgevang is vanuit die donkerste plekke in die wêreld. hulle voed nie net honger kinders nie maar verskaf ‘n volsorg ondersteuningsnetwerk vir slagoffers wat verskriklike trauma opgedoen het as gevolg van hulle betrokkenheid by die bedryf. rescue 1 is in ‘n paar lande aktief en ek nooi julle graag om meer oor hulle te wete te kom. Dis so mooi, dit waarvoor hulle hul beywer. hier is hulle webwerf adres: https://rescue1now.com/. die bediening waaruit hierdie organisasie gebore is: https://www.mattsorger.com/.

    Dit is ons hart hier by Liefde in Aksie om die wêreld prakties met God se liefde en deernis in te kleur. Ons glo deur by hulle betrokke te raak dit juis regkry. Die kleur van Sy liefde is so mooi!

    Ons kan Rescue 1 op die volgende maniere ondersteun:

    1. Donasies
    2. Borgskap ($50 per maand, nadat jy opgeteken het stuur hulle vir jou ‘n foto en naam van die kind wat jou borgskap red en versorg)
    3. Ambassadeur (Dit vereis onder andere dat ek buiten myself nog 5 ander maandelikse borge kry. Daarom hierdie brief! 😉 )

    Sal julle dit asseblief oorweeg om betrokke te raak? Bid daaroor. Saam kan ons ‘n verskil maak en verbetering bring in die lewens van baie van Abba se prag-dogters hier op aarde wat nie so bevoorreg is nie.

    Dankie vir julle omgee, ook vir elke donateur wat hierdie bediening ondersteun. Julle het dit vir ons moontlik gemaak om onlangs R400 aan Rescue 1 te skenk ten bate van hulle Spesiale Onderwys Fonds.

    Ek hou duime vir sponsors wat my wil join! Saam is ons sterker! 🙂 Laat weet my seblief.

    So baie seën vir julle.

    Liefde,

    Letitia

    Die boek wat ek gelees het.
  • Tronke van selfhaat

    Die begin en einde van alles
    Is Jesus
    Jesus is Sy Naam
    Die beeldskone een

    (meer…)

  • Seerste Seer

    Wat om te doen
    Met die seer wat in ons hart lê
    Wat om te doen
    Wanneer alles om ons stukkend is

    (meer…)

  • Groot gemis storie

    Is jou hart seer
    En jy weet nie waarheen
    Weet jy God gee om
    Weet jy Hy is by jou

    (meer…)

  • Verlore Hart

    Is jou hart stukkend
    Jou hart voel seer
    En dit voel asof als daarbinne
    Verlore lê

    (meer…)

  • Vertroue wen

    Ek sal U aanhou vertrou
    Al sê die wêreld nee
    Al sê die wêreld wat
    My oë op U bly hou

    (meer…)

  • Dink weer

    Ek is die Antwoord op vele probleme
    Sê die Heer
    Ek is die Antwoord waaraan die mensdom
    Gewoonlik nie dink

    (meer…)

  • God is groter

    Soms kom daar twyfel
    In die mensehart
    Of daar nog ‘n God is
    As soveel slegte goed dan gebeur

    (meer…)

  • Onsinkbaar

    Liefste kinders
    Julle moet begin luister
    Na die stem van jou hart
    Daardie deel van jou waar Ek met jou praat

    (meer…)

  • Druk deur!

    Soveel hoop het U gebring
    Soveel vreugde het U in my hart kom aansteek
    Die dag toe Ek vir U en U Koninkryk
    Ja sê

    (meer…)

  • Wonderwerke wat wag

    Ek is besig om te werk
    Sê Abba
    Selfs al kan julle dit nie sien
    Al sê die wêreld nee

    (meer…)

  • Ek weet van jou

    Weet julle dat Ek
    Die God van hierdie wêreld is
    Dat Ek die Een is
    Wat julle altyd nader nooi

    (meer…)