Druk deur!

Soveel hoop het U gebring
Soveel vreugde het U in my hart kom aansteek
Die dag toe Ek vir U en U Koninkryk
Ja sê

Dit was nie altyd so
Baie kere het ek gedink
Nee toggie die pad is moeilik
Dalk moet ek weer dink!

Vandag kan ek staan
En bely
Liewe vriend en vriendin
Daar is iets aan deur-trek!

Ja dit kos ‘n prys
Om jou lewe aan God oor te gee
Dit kom nie maklik
En is partykeer baie moeilik

Tog wil ek julle met alles in my
Kom bemoedig
Julle daar is ‘n God
En Hy is BAIE GROOT!

Groter as die lewe self
Dit is die God wie ek bemin
My lewe het Hy begin verander
Die dag toe ek vir Hom ja sê

Alles maar alles wat mooi is
Het Hy saam met Hom gebring
Alles wat goed is!
Alles wat waar is!

My liefste Pappa-God
My hart loop oor van so baie dankbaarheid
Die trane wil net vloei as ek weereens besef
Waar het U my kom haal

So stukkend
So sonder ware hoop
Sonder ‘n Anker in die Lewe
Toe het U my al gesien!

Baie, baie dankie Abba
My liefste God
Vir wie U is en
Wat U beteken vir my!

Ek wil aanhou sing
Ek wil aan U
Altyd
Alle lof en eer toebring!

Wat ons en hierdie wêreld
Sonder U en U liefde sou doen
Wat ons sonder U by ons sou wees
Daaraan wil ek nie eers dink!

Dankie dat U ons weereens
Die kans gegee het om ja te sê
Dankie dat U ons weereens
Kans gegee het om ons liefde te bewys!

Dankie Abba-God dat ons vandag
Die voorreg het om U ook Pappa te noem
Deur dit wat U Seun vir ons
Kom doen het aan die kruis!

Dankie Abba-God
Liefste God vir wie U is
Dankie dat ons ook vandag
Ons liefde vir U kan wys!

Ons doen deur die
Manier waarop ons leef
Ons kan dit doen deur die
Manier waarop ons vir die verkeerd nee sê

Dankie Abba-God
Dat U ons kom wys het
Dat ALLES maar alles
By liefde begin

U het U Seun gegee
Omdat U ons liefhet
Ons kan vandag ook
Vir U liefde terugwys

Dankie Abba liefste God
Dankie vir wie U is!
Ek gee aan U al die lof en eer
U is die Een wat my hart met alles bemin!

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment