Staan op!
Sit stil!
Dit is baie kere die beeld
Wat ons van ons Pappa-God het
Nooit sien ons Hom
As die liefdevolle Vader
Wat Sy kinders
In groot omgee wil leer en lei
Hoekom sien ons dit nie raak nie
Hoekom sien ons nie raak
Dat Hy doen presies wat
Ons met ons kinders doen
Elke dag wil ons hulle
Van die kwaad weghou
Elke dag wil ons hulle
Terughou van dit wat seer maak
Het ons rerig gedink dat
Ons Abba-God anders sou wees?
Ding is Hy weet rerig
Wat goed is vir ons!
So wanneer Hy ons vra
Om iets neer te lê
Is dit omdat Hy rerig omgee oor ons
Omdat Hy beter vir ons wil hê!
Liefste kinders Ek nooi julle
Om deur sulke oë na My te begin kyk
Ek is nie ‘n God wat straf
Ek is ‘n Pappa wat in groot liefde lei
Ek wil julle help om die
Slaggate in hierdie lewe te vermy
Ek wil julle weghou van die
Pad wat na die Dood lei!
My liefste kinders asseblief
Laat My toe om julle te beskerm
Soos ook ‘n aardse pappa
Met sy kinders doen
Julle as ouers weet
Sê Pappa-God
Dat niks julle seerder maak
As wanneer julle kinders ly
My liefste kinders
Vir My is dit presies dieselfde
Ek wil ook nie hê dat
Een van My kinders moet seerkry
Julle weet wat rebellie doen
Sê Abba-Vader
Julle weet hoe moeilik dit is
Om met so ‘n kind huis te hou
My liefste kinders
Dit is hoe dit met baie van julle is
As Ek sien hoe julle tot en met vandag toe nog
Teen My en My Woord in opstand bly kom
Julle maak dit so
Moeilik vir My
Byna onmoontlik
Om vir julle liefde te bly wys
Ek weet dis al wat bly werk
Sê Pappa-God
Maar jong het Ek al
Alles probeer
Van ‘n skreeuende ma
Tot ‘n pak-slaende pa
Alles het Ek al probeer
Nogsteeds wil niks vir julle werk
Hoe om tot julle deur te dring
Jong dit bly die vraag
Wat werk vir julle
Sê Pappa-God?
Asseblief
Gee My ‘n bietjie raad
Want jong partykeer
Weet Ek nie meer
As My kinders net wou hoor sê Pappa-God
As hulle net wou luister!
Ja Ek weet sê Vader-God
Dis iets wat julle ook baie sê
Dalk, heel moontlik
Kan ons by mekaar iets leer
Dalk weet julle iets waarvan Ek nie weet
Jong want Ek het al alles probeer
Kinders wat nie
Wil luister as jy vra
Jong Ek twyfel of daar
Enige iets is wat daarvoor werk
Om hulle oor te gee
Aan hulle rebellie
Dit bly net seer want Ek weet
Hoeveel potensiaal in hulle lê
Wat werk vir julle wil Vader weet?
Hoe maklik is dit vir julle
Om te laat gaan van die drome
Wat julle harte vir hulle koester
Dis moeilik né sê Vader-God
Dis een van die moeilikste goeters om te doen
Dit is iets wat Ek net nie
Kan regkry
Dit maak My so seer sê Abba-God
Want Ek wil so graag hê
Hulle moet vol lewens leef!
Hulle moet luister na My Raad!
Dis omdat ons al so paar goetertjies
Geleer het né sê Vader-God
Dis omdat ons al ‘n bietjie meer
As die kinders weet
Hoekom dink julle
Wil hulle ons nie glo?
Hoekom dink julle wil hulle altyd
So lank in daai tiener-stadium bly?
My liefste kinders Ek wens ook net soos julle
Dat My kinders vinnig groot sal word
En dat hulle dan besef
Ek wil net die beste vir hulle hê
Hoekom is dit so moeiik
Vir kinders sê Vader-God
Om te glo dat hulle Pappa en
Mamma rerig van beter weet
Jong Ek weet nie
Ons sal maar net moet aanhou bid
En alles in die stryd moet werp
Om tot hulle te probeer deurdring
Mag dit gou wees
Sê Abba-God
Mag dit nooit te laat wees
Dit is al wat vir My oorbly om te sê
Amen.