Wat om te doen
Met die seer wat in ons hart lê
Wat om te doen
Wanneer alles om ons stukkend is
Daar is pyn so groot
Wat ‘n mens kan laat dink
Hiervoor gaan ek nooit genesing kry
Hieroor gaan ek nooit
Hoe om dit te maak
Dit weet ek nie
God kan ek nie vertrou
Nog minder ‘n mens
Kinders van My hart
En die van die wêreld
Julle moet asseblief nooit so dink
Maar alles vir My bring
Ja sê Abba Vader
Dit is dikwels wat Ek verstaan
As Ek vir julle kyk
En dit is dat hierdie wêreld ongelooflik baie seer het
Ek weet nie of julle weet
Maar dit is die rede
Dat Ek My Seun gestuur het
Sodat mense weer genesing kon vind
Ja sê Abba Vader
Ons hart is altyd om te herstel
Om op te bou
Alles wat gesteel is
Voor tyd sê Abba
Het Ek geweet
Iets gaan ons moet doen
Om hierdie wêreld terug te kry
Daarvoor sê Abba
Het My Seun se bloed betaal
Om julle terug te bring na My
Om hierdie wêreld te herstel
Ja sê Abba
Dit bly dikwels dat mense nie verstaan
Om My lief te kry
Is so die beste ding om te doen
Daar is baie dinge
Waarmee die vyand julle verlei
Baie dinge wat Hy vir julle vertel
Om julle weg te lok van My
Nie meer nie sê Abba
My kinders julle moet verstaan
Ek is die Ewige Ek Is
Die waardige Een
Dit is al vir baie lank
Sê Abba Vader
Dat Ek julle bly nader nooi
Tog stel baie nogsteeds nie belang
Kinders julle moet asseblief weet
Julle moet besef
Daar is net een soos Ek
En daar sal nooit weer ‘n ander wees
Abba se kinders
Luister asseblief vir My
Sal julle nader kom
My Raad rerig probeer
Daar is net 1 soos Ek
Sê Abba Vader
Daar sal nooit ooit weer een soos Ek wees
Begin asseblief om jou vertroue in My te plaas
My kinders
Ek maak alles nuut
‘n Nuwe Begin
Dit is wat Ek vir almal gee in My Seun
Moet dan asseblief nie meer
Jou seer vir My terughou
Kom gee dit vir My liefste kind
Kom kyk wat Ek daarmee kan maak
Ja sê Abba Vader
Ja
My kinders dit gaan vat dat julle glo
Rerig kom probeer
Hou asseblief op met uitstel
My liefste kinders
Kom probeer veel-veel eerder
Wat Ek nou vir julle sê
Ek glo My kinders
Dat julle dit kan doen
Ek glo rerig in julle
Ek weet julle kan julle vertroue in My kom sit
Amen.