Is Ek die Enigste Een
Sê Abba
Wat glo dat hierdie wêreld
‘n Veel beter plek kan word
My liefste kinders
Julle moet My rerig toelaat
Sê Abba
Om vir julle te wys
Daar is nog hoop vir hierdie wêreld
My kinders
Julle moet dit weet
Ek is dan Hoop
Daar sal tot die einde
Altyd hoop wees
Sê Abba Vader
In My Seun sal dit altyd so wees
Ja My liefste kinders julle moet asseblief ophou
Om so pessimisties oor alles te wees
Begin asseblief raaksien
Alles wat goed en mooi is om julle
Ja My liefste kinders
Want julle het altyd ‘n keuse sê Abba
Waarop jy wil fokus
Waarop jy jou oog wil hou
Ja My liefste kinders
Sê Abba
Al gaan hoeveel seer ook nog met die wêreld gebeur
Moet julle weet dat Ek steeds in beheer bly
Hoekom My kind
Vra Vader
Bely jy dit nie eerder
Met die woorde wat jou mond sê
Abba se kind
My kind
Ek wil vra dat julle altyd sal onthou
Dat Ek groter en meer lofwaardig is as enige iets
Tot die einde
My liefste kinders
Abba se kinders
Gaan daar ook goed wees
My kinders sal julle, julle fokus
Asseblief veel eerder daarop hou
My voorsiening in donker tye
My hart wat altyd getrou bly
Ja My liefste kinders
Ek sal altyd die silwer randjie
Om elke donker wolkie bly
Onthou dit asseblief My kind
Geen storm My kind
Geen storm
Selfs tot die einde
Gaan My onderkry
Dit is omdat Ek groter is
As elke donker wolk
My kind
Dit is omdat Ek groter bly
Amen.