Soveel dinge wat ons
Van die Here skei
As ons dit net wou neerlê
En wou begin sê nee
My liefste kinders verstaan julle nie
Ek kan julle niks gee nie
Want alles in jou is opgeneem
Deur dinge nie van My
My liefste kinders
As julle rerig wou groei
In verhouding en liefde vir My
As julle meer van My wou hê
Moet julle begin nee sê
Julle moet nee sê vir dit
Wat nie van My is
Vra jouself sou Jesus dit doen?
My liefste kind
Dit is die maatstaf
Moet asseblief nie dat enige iemand
Jou verlei
My liefste kind Ek gee om vir jou
Maar Ek wil hê jy moet weet
Jy gaan nie groei in kennis van My
As jy dit nie wil toelaat
Ja sê Abba-Vader
Jy het ‘n keuse
Naby of vêr van My
Dit is en bly jou keuse
My liefste kinders
Asseblief
Begin om nee te sê vir die wêreld
Begin om nee te sê vir wat sy jou bied
Verstaan jy nie liewe kind
Dat alles wat jy doen en toelaat
Die potensiaal het om jou nader aan My te bring
Of jou van My te vervreem
Die keuses wat jy, julle elke dag neem
My liefste kinders
Weet julle
Dat hulle ewigheidswaarde dra?
Ja sê Abba-God
Dit is waar
Maar My kinders wil dit nooit glo
Hulle dink hulle kan
Doen wat hulle wil
Glo wat hulle wil
Sien wat hulle wil
En nogsteeds reg hoor
My liefste kinders
Luister vir My
Om My te hoor
Moet jy naby aan My leef
Julle staan die kans
Om die verkeerde goed te hoor
As julle nie
Naby aan My leef
Naby aan My leef beteken dat jy
Vir My tyd maak in jou besige skedule
Dit beteken dat jy My liewer
As alles en almal om jou het
My liefste kind
Moet asseblief nie vir jouself vertel
Dat jy van Pappa-God hoor
As jy nie rerig vir My leef
Ja sê Abba-Vader
Ja
Ek praat met baie van My kinders
Op baie maniere
Maar nie een gaan jou verder van My af weg neem
Ja sê Abba-Vader
Ek gaan nie vir jou ‘n ding vertel
As Ek weet dat dit skeiding tussen ons bring
My liefste kind
Jy moet seker maak jy hoor die regte stem
Nie die Een wat jy altyd
So graag wil glo
Ja sê Abba-Vader
Daar is baie stemme wat met julle praat
Dis hoekom julle beheer daaroor moet neem
Met die Woord en Bloed van My Seun
Soveel kere wat Ek met julle praat
Soveel kere is dit Ek
En dan sien Ek hoe julle
My stem uitdoof
My liefste kinders
Sien en weet julle dat dit My seermaak
Daar is niks wat Ek meer graag wil hê
As dat My kinders van My hoor
My liefste kinders
Ek verlang sê Pappa-God
Na verhouding met jou
Hoekom, hoekom wil julle nie vir My tyd en plek maak?
Soveel dinge van hierdie wêreld
Wat konstant bo My wen
Soveel dinge en dan wil jy jouself
Nog ‘n kind van Pappa-God noem?
My liefste kinders verstaan julle nie
Hoekom verstaan julle nie
Julle kan nie deel wees van alles wat die wêreld bied
En dan nogsteeds sê dat Ek in jou leef
My liefste kind
Hoe kan Ek
Daar is geen plek vir My
Hoe wens Ek dit kon anders wees
Dit kan sê Abba-God
Dit kan rerig verander
As jy net wou kom
En begin tyd maak vir My
Asseblief My liefste, liefste kinders
Maak tyd vir My en sien
Hoe Ek alles wat mooi is in die Gees
Vir jou kan gee
My liefste kinders
My mooi-wees wil Ek oor jou uitstort
Hoe hoop en wens Ek net
Dat dit binne sal kan bly
Want soveel kere sê Abba-God
Wat Ek dit met jou deel
Maar geen vastrapplek kan hulle kry
Geen grond as Anker waarop Ek ‘n vaste huis kan bou
My liefste kinders
Asseblief begin tyd maak vir My
Begin tyd maak vir alles
Wat is van My
Laat toe
Dat My hart en lewe
My waarheid
Die van joune besny
My liefste kinders asseblief
Dit is waar LEWE lê
As julle begin hoor
Wanneer Ek vra
My liefste kinders
Ek seën julle met meer van My
Mag julle harte daarna begin vra
Mag julle lewens daarna streef
Meer en meer van My
Dit is alles wat Ek julle wil gee
Asseblief liefste kinders maak plek vir My
Sodat Ek en My Koninkryk waarlik in jou kan leef
Dankie My liefste kinders
Vir julle wat kom
Vir julle wat hoor
Baie, baie dankie daarvoor
My God en Koning
Aan U alleen al die lof en eer
Mag U woorde verandering meebring
Groot verandering in die wie sê dat hulle U liefhet
Amen.