U is die Een
Wat ons in die storms van die lewe geanker hou
U is die Een
Wat ons harte bemin
Abba-God baie dankie
Vir wie U is
Dankie dat U ons die kans gegun het
Om U te leer ken
Hoe meer ek van U leer
Hoe meer wil ek U ken
U het die goudste hart
U is so ongelooflik baie mooi
Abba dankie vir die voorreg
Om U te ken
Dankie vir die voorreg
Om te weet U is elke oomblik by ons
Hierdie wêreld is so vlugtig
So vlietend
Wanneer ons dink aan dit
Vir ons in die hemel voorberei
Abba-God, Pappa-God
U is die mooiste God
Ons harte verlang Abba
Hulle verlang om vir altyd by U te wees
U het ‘n hart van Goud
En hoe bly is ek my hart het U S’n gevind
U is die mooiste mooi
o Abba God
Dankie Abba-God dat U
Ons die voorreg gegee het om U te leer ken
Dankie dat U
Ons gemaak het vir verhouding met U
Dit bly die mooiste geskenk
Om U ons Abba-God te noem
Om te weet U is naby
En dat U ons nooit sal verlaat
Abba-God ons wil nog meer
Van U weet
Ons wil nog baie meer
Van U leer
U wil, U weë
U manier
In wie ons is
In wat ons doen
Ons wil U net liewer hê Abba-God
Ons wil U net liewer hê
Ons wil U met al ons harte
Heel bemin
U is so goed ons Pappa-God
U is net wonderlik
Abba-God maak dit asseblief ons grootste begeerte
Om U hart meer en meer te ontdek
Daar is soveel mooi in wie U is
Ek kan dit skaars glo
En tog weet ek
Ons het maar net die begin binne getree
U is die mooiste God
En Abba ek weet
Daar is soveel
Soveel meer!
U is Lewe
U is Lig
U Koninkryk skyn soos die son
Watter voorreg om deel daaraan te hê
Abba-God dankie
Dankie vir die voorreg wat ons het om U te leer ken
Vir die voorreg wat ons het
Om meer van U te ontdek!
Dit bly ‘n groot vreugde
Die grootste vreugde van my hart en lewe
Is om te ontdek
Wie U rerig is
Soveel mense
Wat al deur die eeue
So verkeerd oor U was
Omdat hulle verkeerd glo
Omdat hulle die leuens van die vyand
Soos soetkoek opeet!
My liefste God U het alles gegee
U doen elke dag alles in U vermoë sodat ons U kan vind
Ek weet nie hoe mense
Dit nie sien nie
Ek verstaan nie hoe hulle
U kan bly wegwys
Ai my Vader-God
Ai
Dis omdat ons U nie ken nie
Dis omdat ons nie verder as ons neuse wil kyk
As ons net bereid is om die Woord te begin optel
As ons net bereid is om elke liewe dag
5-minute met U te spandeer
Sal ons U wragtie vind
Abba-God liefste God
Dit is die harte wat U vind
Harte wat bereid is om op te spoor
Harte wat nie in hoog-heit op U bly neerkyk
Sulke harte gaan U nooit vind nie
Liefste God
Sulke harte gaan vir altyd
Vêr van U bly
Ons moet daai hard-heit
Uit ons harte haal
Ons moet dit laat sag word
Anders gaan ons nooit by U uitkom
Abba sal U ons asseblief
Help daarmee
Sal U ons asseblief
Help om U waarlik te kom vind
Abba dis asof ons partykeer
Die leuens van U wil bly glo
Sodat ons nie self ‘n vinger
Na ons verkeerd hoef te wys
Dis altyd makliker
Om ander te blameer
As om verantwoordelikheid
Vir ons eie swakhede te neem
My liefste kinders
Glo My asseblief
Glo My as Ek vir julle sê
My hart was en is nooit om julle te beseer
Ja sê Abba-God
Daar is baie lelike goed
Wat in hierdie lewe gebeur
Alles omdat mense My nie wil ken
Mense bly wegdraai van My
Hulle bly wegdraai van wie Ek is
Die waarheid
Wat Ek hulle wil wys
As mense net wou begin doen
Wat My Woord sê
As hulle net daarvolgens wou leef
Sou soveel dinge beter wees
Ja My liefste kinders
Ja
In-an-instant
Sou julle al ‘n verskil kon sien
Hou op om My
Vir die wolwe te gooi
Rerig liefste kinders, rerig
Daar is soveel meer wat Ek verdien
Ek verdien julle oorgee
Ek verdien julle bewondering van My
Liefste kinders rerig
Julle het net geen idee
Julle weet nie wie Ek is nie
Julle het sover geval
My liefste kinders asseblief
Kom luister vir My
Ek is die Ewige EK IS
Ek het jou gemaak
Ek verdien die 1ste plek
En nie jy of andersom
Ek het julle gemaak
Met ‘n rede
Met ‘n doel
Om in My Ware Lewe en vervulling te vind
Abba se kinders
Luister vir My
Julle gaan op geen ander plek
Die vervulling vind wat Ek julle bied
In julle Gees
Moet julle aan My behoort
Dit is wat Pappa-God sê
In julle gees moet julle Myne wees
Asseblief liefste kinders
Asseblief maak so
Maak My jou alles
Maak My weë die enigstes wat jy bereid is om te loop
My liefste kinders asseblief
Daar is soveel LEWE in wat Ek van julle vra
Soveel LEWE sê Pappa-God
As julle net wou begin doen wat Ek vra
Hoekom spandeer julle nooit tyd saam met My nie
Sê Abba-God
Hoe kan jy jouself
‘n Kind van My bly noem
My liefste kinders
Ek is baie, baie meer
As jy wat nou en dan in ‘n sin
Aan jouself as ‘n Christen verwys
Ek is soveel meer
Liefste kinders
Ek is soveel meer!
Wie gaan omgee om My te kom vind?
As jy jou lewe vir My gegee het
Sê Pappa-God
As jou lewe aan My Seun behoort
Is jy op die beste pad wat ‘n mens ooit kan vind!
Dis op die beste pad
Dis die pad na Lewe
Dit is die pad na My!
Liefste kinders asseblief
Begin oorgee
Alles wat jy het
Alles wat jy is
Begin in My weë te loop!
Abba-God U is so goed
U is so mooi
Abba sal U ons help
Elkeen van U kinders om op U weë te loop
Abba sal U ons help
Sal U ons asseblief altyd leer
U weë is mooi
Ons wil daarop loop
Partykeer voel dit vir ons te veel gevra
Partykeer voel dit moeilik
Tog besef ons
Dat Ware Lewe daarbinne lê
Abba sal U ons asseblief kom help
Altyd meer en meer
Om waarlik vanuit die hart
Aan U oor te gee
Dit moet ‘n daaglikse ding wees
My liefste kinders
Om met My te gesels
Om jou weë neer te lê
Hoekom is dit
In baie van My kinders se lewe
Nie so?
Dit wil ons HemelVader weet
My liefste kinders
Ek weet julle is besig
Tog moet julle vir My
Tyd maak
Julle moet Tyd maak
Vir dit wat die belangrikste
In julle lewens behoort te wees
Dit is Ek en ‘n liefdesverhouding met My
Ek wil die beste verhouding in jou lewe wees
Sê Abba-God
Die beste een!
Die 1ste een!
My liefste kinders
Daar kan niks of niemand bo My wees
Ek moet 1ste bly
Nou en veraltyd
My liefste kinders
Ek gee so baie om vir julle
Al is julle lojaliteit so baie misplaas
Wil Ek tog hê dat julle altyd sal weet
My liefste kinders
Ek gee om vir julle
Ek kan dit nie genoeg sê
Want Ek wil so graag hê julle moet dit rerig hoor
Sal julle jul lewens
Op die altaar van oorgawe plaas
Sal julle wie julle is
Julle alles vir My kom neerlê
My liefste kinders
Daar is soveel Lewe
In oorgawe aan My
Dit is ware vryheid
Ek wil hê liefste wêreld
Dat julle My sal begin glo
Julle is so, so verblind
Ek weet nie waar kry Ek My voet in die deur
Julle verwerp My
Al het julle My nog nie gevind
Julle verwerp My
Op die grond van wat die wêreld en sy leuens vir jou vertel
Wêreld, wêreld
Jy is so verkeerd
Ek wil hê dat jy
Dit sal begin weet
Almal wat nie glo in My
Almal wat nie van My wil weet
Ek wil weet wat gaan jou antwoord
Op die einde wees
Geen van die redenasies
En verkeerde glo
Waaraan jy nou so vashou
Gaan dan van enige waarde wees
My liefste kinders
Julle glo verkeerd
Julle glo so verkeerd
Oor My
Is daar mense daarbuite
Wat die waarheid rondom My wil hoor?
Is daar mense daarbuite
Wat hulle lewens vir My wil gee?
My liefste kinders asseblief
Glo vir My
Ek het vir die gebreektes
Ek het vir die stukkendes gekom
My hart is sag
Sê ons liewe Heer
So, so bitter sag
Ek is nie wie julle dink Ek is
Ek is God van Regverdigheid
Ja Ek is ‘n God van geregtigheid
Dit sê ons Abba-God
Dit is waar, dit is so
Ek dink dit is waarmee mense
Die grootste probleem het
Dat hulle nie vir My en hulle sonde
Ewe hard kan bely en dien
Want sien op My pad
Gaan net 1 wen
Dis of Ek en My weë
Of jy en jou sonde
Het jou sonde jou nog nie
In genoeg probleme bevind
Het jou sonde jou nog nie
Vêr genoeg van My af verwyder
Liefste wêreld
Hoor My mooi
Ek en sonde is nie een
En dit sal nooit so wees
Sonde is alles wat sleg is
Ek is alles wat mooi is
Hoe kan ons dit vermeng
Ons gaan net iets leliks daaruit kry
Nee My liefste kinders
Nee
Dink maar weer
Dink maar mooi
Ek is bly dat Ek
Skoon en heilig is
Ek is bly dat mens
Alles wat geliefd is in My sal kry
Ek wil nie verander nie
Sê Pappa-God
Dit sal ook nooit gebeur
Ek wil wees wie Ek is
Wat ‘n wonderlike ding
Sê Abba-God
Om te wees wie Ek is
Om te wees wie Ek altyd sal bly
Ek love wie Ek is
Sê Abba-God
Ek is alles wat mooi is
Wie sal dit dan nie wil wees
My liefste kinders
Dis hoekom Ek julle vra
Lê neer
Lê neer alles wat nie van My is
Ek het jou van sonde gered
Jou My weë kom wys
Sodat julle op hulle kon loop
‘n Lewe van vervulling kan leef
Daar is geen ware vervulling sonder My nie
Sê Abba-God
Ek is die EEN wat WARE LEWE
Ware vreugde en blydskap gee
Ek is alles wat mooi is
Sê Pappa-God
Alles
Alles wat mooi is
Jou sonde het Ek vergeef
My liefste kind
Sodat Ek ook vir jou mooier kan maak
Mooier as wat jy ooit sal kan wees
Met My in jou is alle dinge moontlik
Sê Pappa-God
Daarom moenie die heeltyd kyk na wat nog fout is nie
Kyk deur My oë na jou
My oë sê jy kan
My oë sê Ek glo in jou
My oë sê probeer net weer
My oë sê Ek sal jou altyd op-help
My liefste kind
Ek gee om vir jou
En al wat Ek vra is ‘n pad van oorgee aan jou kant
Al is dit tree vir tree
My liefste kind
Ek gee om vir jou
Sal jy asseblief luister en doen
Dit wat Ek van jou vra?
Kom na My
Sê Abba-God
Kom net na My
Met alles in jou
Laat toe dat jou hart laag buig
Sê Abba-God
Laat toe dat Ek jou
Met My hart en wese vervul
My liefste kind
Ek is diep lief vir jou
Ek wil hê jy moet weet
Ek het jou vergeef al wat jy moet doen is vra
Vra dan vandag na My vergifnis
Sê Abba-God
Vra dan asseblief vandag
Na alles van My
My liefste kind
Ek gee so baie om vir jou
So, so baie
Al wat Ek wil hê is vra
Vra My vandag
Om in jou hart te kom woon
Vra My vandag
Om alles vir jou te wees
My liefste kind
Genade op genade
Wil Ek aan jou bewys
Sal jy asseblief daarvoor kom vra
Ek maak alles nuut sê Pappa-God
Ek maak alles nuut
Met die bloed, prys en kruis
Van My Seun
Almal wat in Hom glo
Sal eendag hemel toe gaan
Almal wat Hom gedien het
Almal wat Hom waarlik liefhet
Liefste kinders
Julle moet weet
Julle moet weet dat Ek
Die Anker van hierdie lewe is
Daar is niks
My liefste kinders
Daar is niks maar niks
Wat Ek nie sal vergeef
Die grootste, swartste
Vuilste sondaar
Was Ek witter
Dan die witste sneeu
My liefste kind
Daar is Hoop vir jou
Hoor die Woord van God
Asseblief kom nader aan My
Kom gee My
Jou hart en lewe
Kom laat toe dat Ek
Alles in jou lewe nuut maak
Dit is veronderstel
Om ‘n reis tot op die einde te wees
Dit is veronderstel
Om heerlik te wees
My liefste kinders asseblief
Glo in My
Asseblief glo in My
Ek glo in jou dit sê ons Abba-God
My liefste kind
Ek wil alles vir jou
Nuut maak
Dit is My grootste begeerte
Hou asseblief op
Om al die verkeerd oor My te glo
Kom nader
Kom vind self uit wie Ek rerig is
As jy nog nie uitgekom het
By die mooi van wie Ek is nie
Dan het jy My
Nog nie waarlik gevind nie
Kom dieper My liefste kind
Kom nader
Nader
Aan My hart
Ek is lief vir jou
Met ‘n ewigdurende liefde
Ek wil hê dat jy
Dit altyd sal bly glo
Niks maar niks in hierdie lewe
Kan jou ooit
Van My liefde skei
Ek is ewig lief vir jou
My liefste kind
Ek nooi jou nader
Ek nooi jou asseblief
Om waarlik, waarlik te kom vind
Sal jy oorgee aan My
Sal jy waarlik kom en My kom vertrou
Sal jy glo dat Ek is
Wie Ek vir jou sê Ek is
As die Skepping wat Ek gemaak het
So mooi is sê Pappa-God
Dink net vir jouself
Hoe mooi moet die Skepper nie wees
My liefste kinders asseblief
Kom nader aan My
Kom gee oor
Kom vertrou asseblief My hart
In My hart sal jy die waarheid
Oor wie Ek is vind
Daarom wil Ek vra
Moenie ophou tot jy nie daar uit kom
My liefde vir jou
My liefde vir jou
Dit is so groot
Al wat Ek vra is dat jy jou lewe en begeertes vir My sal neerlê
My liefste kinders
Dit wat Ek julle in die plek daarvan gee
Is in elk geval soveel meer
Julle sal dit skaars kan glo
Kom volg na My hart
Vra Pappa-God
Kom volg My hart na
Met alles in jou
Oorgawe van hart
Dit is My grootste begeerte vir jou
Daar jy waarlik alles
Wie jy is sal oorgee aan My
Liefste kinders
Liefste kinders
Glo in My
Asseblief glo in My
Doen wat Ek vra
Kom nader aan My hart
Kom vind uit wie Ek waarlik is
Sodat jy rerig nou en ook in die Ewige Lewe voluit sal kan leef
Amen.