Tyd leer altyd

Ek is so bly
My hart het Hom ingenooi
Ek is so dankbaar
Ek kon ja sê

Daai tyd het ek nie geweet
Of rerig besef
Wat ‘n wonderlike besluit ek het geneem
Maar jong het die tyd geleer

Ja sê Abba
Tyd leer altyd
Of Ek getrou is in My weë
Of Ek is wie Ek sê Ek is

Tyd leer altyd sê Abba
Of Ek My Woord hou
Tyd leer altyd
Of Ek omgee vir jou

Ja dikwels sê Abba
Wat dit vir vele net woorde bly
Want hulle begin nooit
Om rerig ‘n pad saam met My te loop

Ja My kinders
Dit is wat Ek vra
Die dag as jy My in jou hart innooi
Dat jy sal groei in My en nooit My hand sal los

Vir mense is dit dikwels
Moeilik om te verstaan
Dat die pad saam met My
Eers by die Kruis begin

Want ja sê Abba
Van daar af is jy veronderstel
Om daagliks in geloof saam met My te groei
Maar dit is nie wat altyd gebeur

Baie mense, meeste sê Abba
Sien dit oor
Hulle word nie stil om tyd met My te spandeer
Hulle dink dit is maar hoe dit is

Nou en dan kerk-toe-gaan
Nou en dan van God hoor
Dan behoort ek op die regte pad te bly
Dan behoort ek te wees wie ek kan wees

Liefste kinders asseblief
Verstaan julle nie
Die pad begin eers by die kruis
Jy moet asseblief nie so aangaan

Maak My ‘n prioriteit vra Abba
Asseblief
Nie net nou en dan
Maar altyd

Ja sê Abba, ja
Ek glo in jou kind
Ek weet jy kan dit doen
Word net stil en wag vir My

Ek wil julle meer gee kinders
Maar dit gaan neem
Dat julle rerig ‘n bietjie tyd opoffer
Tyd wat julle saam met My spandeer

Dit is hoe al die mooi dinge in My hart
Julle s’n vind
My kinders
As ons tyd maak vir mekaar

Ja sê Abba
Net soos wat ‘n aardse verhouding
Tyd en werk benodig om te groei
So ook ons s’n

Julle kan nie aanhou dink
Vader se kinders
Dat nou en dan se tyd met My spandeer
Enigsins voldoende is

Nee My liefste kinders
Julle is die Bruid
Ek die Bruidegom
Ons moet meer intimiteit in ons harte bou

Asseblief My kinders
Asseblief
Luister vir My julle Abba-God
En weet dis omdat Ek die beste vir julle wil hê

Dis nie harde werk nie My kinders
So sal julle agterkom
Wanneer julle die vrugte begin pluk
Van tyd saam met My spandeer

Abba se kinders
Luister asseblief
En het nodig dat julle kom
En bietjie meer by My kom stilsit

Dis in daai stilte sê Abba
Wat julle harte sag word
En julle besef
Maar wow my God wag vir My

Ja sê Abba, ja
Ek doen altyd
Niks maak My blyer
As om tyd saam met My kinders te hê

Die lewe is so lig
My kinders
Wanneer julle besluit
Om dit net saam met julle Pappa te doen

Ek is lief vir julle
En Ek wil vra dat julle dit rerig sal begin weet
Raak net stil vir ‘n slag
En begin om My teenwoordigheid in jou te geniet

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment