Ek is by jou
Liewe kind
Hoor jy as Ek vra
Asseblief vertrou My hand
My hand werk gewoonlik
Waar niemand dit sien nie
Agter die skerms
Totdat die gordyne weggetrek word
Ek weet so baie mense
Hulle wil eers sien voordat hulle sal glo
Tog wat My hart so bly maak
Is kinders wat bly glo
Selfs wanneer hul niks sien nie
Veral wanneer hul net op My Woord gaan
Veral wanneer hul glo dat Ek meer weet
En dan nogsteeds kies om te bly vasbyt
Liewe kind Ek weet dit is nie altyd maklik
Ek weet dit voel soos ‘n woestyn-pad
Tog My kind bly glo, moenie opgee nie
Ek belowe jou hart sal jy nie verloor
Hou aan om te vertrou
Hou aan om vas te glo
Ek hou jou hand, Ek ken jou naam
Ek weet presies wat Ek van jou vra.