Ek wil hê dat My manier van leef
Joune moet word vra Vader
Vir te lank speel jy liewe kind
Met dit wat rerig saak maak
Liewe kind
Lewe is kosbaar
Lewe is spesiaal
Jy kry net 1 kans om werklik hier op aarde te leef!
Ek wil en kan alles vir jou beter maak
Alles
As jy net wou kom
As julle net wou begin
Om My te glo
Om My te begin vertrou
Julle glo My nie
Julle glo eerder dat Ek die Oorsaak is
Liewe kind Ek is nie die Oorsaak
Van al jou pyn nie
Ek is Lewe en Hoop
Nie alewige pyn
Nie al die pyn en lyding in jou lewe
Begin by My nie sê Vader
Hoe kan Ek jou alewige pyn veroorsaak
As Ek die einste Een is wat My Seun gegee het sodat jy waarlik kan leef?
Liewe kind dis tyd dat julle
Die leuens van die vyand ophou glo
Hy is die einste een wat konstant vir julle vertel
Ek is die Oorsaak van al jou pyn, hoe verskriklik jy hom glo!
Liewe kind Ek vra dat jy begin verantwoordelikheid neem
Vir jou eie lewe, jou keuses
Die manier
Hoe jy kies om elke dag te leef
Hoe kan Ek blameer word vir die manier waarop jy leef
Hoe kan Ek
Wanneer jy kies om nooit enige van My Raad te volg
Hoe kan Ek liewe kind, hoe kan Ek?
Julle vertrou My nie rerig nie
Eintlik niks nie
Ek vra liewe kind, Ek vra
Hoe kan Ek blameer word vir die pad van seer wat jy kies om elke dag te loop?
Ek kan en Ek wil alles vir jou beter maak
Tog elke liewe dag
Kies jy die pad wat jy wil loop
Bo My pad van Ewige Hoop
Ek raak moeg liewe kind, stadig maar seker
Moeg vir die leuens wat julle elke dag so rondstrooi
Hoe werk dit liewe kind, hoe?
Jy wat sê jy glo in die Een wat Waarheid is
Hoe kan jy sê jy glo in My
Tog hou jy aan om ‘n LEUEN te leef
Liewe kind hoe werk dit?
Dit is mos nie hoe dit hoort
Sê My liewe kind, sê My
Wanneer gaan My manier van leef
Joune word vra Vader
Dis al, dis al wat dit als beter vir jou gaan maak
Wanneer, o wanneer
Gaan jy My pad begin volg?
Dit bly vir jou so, so lekker
Om op die pad van Satan te loop
Liewe kind! Liefste kind!
Skrik wakker!
Sy pad, sy pad loop na die Ewige Dood
Verstaan jy nie, verstaan jy nie, hoekom nie?
Hoe kan jy kies
Om elke dag van die boom van dood te eet
As Ek, die Brood van die Lewe
Elke liewe dag op jou wag?
Ek wag vir jou liewe kind
Ek wag vir jou
Om alles vir jou beter te maak
As jy net wou kom en dit begin glo
Liewe kind Ek kan nie verantwoordelik gehou word
Vir die keuses
En besluite wat jy elke dag neem
Dit is jou lewe, dit sê jy gereeld
Doen dan soos jy wil sê Vader
Doen dan soos jy wil
Al breek My hart
Al sien Ek hoe val alles in en om jou lewe uitmekaar
Ai liewe kind, ai
Hoe om jou oë oop te maak
Jy kies konstant die dood
Tog bly dit in jou vermoë om My daarvoor te blameer
Hoe liewe kind, hoe bly dit moontlik
Om My te blameer vir dit wat jou eie vry keuse is
Ek is nie deel daarvan nie
Ek was nie eers daar toe jy die besluit geneem het nie
Jy weet as Ek nog deel was van jou besluit
As jy My raad kom vra het
Voordat jy als en almal om jou begin glo het
Dan liewe kind, dan was dit ‘n ander saak
Hoe kan Ek blameer word vir keuses
Wat ek nie eers geneem het nie vra Vader
Hoe kan dit My skuld wees liewe kind
Al die seer wat op jou verkeerde keuses volg?
Ai liewe kind, ai dit bly so maklik
Om My daarvoor te blameer
Hoe werk dit, hoe werk dit?
Jy hou aan met blaam uitdeel tog weet Ek niks daarvan
Ek wens so jy wou kom
Ek hoop so jy wou hoor
Ek wens jy wou die balk uit jou eie oog haal
Voordat jy hom in Myne kom probeer vind
Jy gaan niks daar vind nie liewe kind
Dis omdat Ek nie te blameer is vir al jou foute
En die verkeerde keuses
Wat jy elke dag maak
Nee liewe kind Ek is HOOP
Ek is die EEN
Die Antwoord wat wag
Om alles vir jou beter te maak
Liefste kind wanneer gaan jy begin glo
Ek is LEWE, Ek is EWIGE HOOP
Nie ewige dood of die pad van verkeerde keuses
Waarop jy kies om elke dag te loop
Liewe kind, liefste kind
Wanneer, wanneer gaan jy kom
Wanneer gaan jy My lewe, My manier van doen
‘n Kans in jou lewe gee?
Hoe lank
Vir hoe lank nog
Gaan jy KIES om hierdie pad te bewandel?
Want liewe kind dit is ‘n keuse
Jy kies om elke liewe dag van My en die Antwoord
Wat alles vir jou kan en wil beter maak weg te loop
Eina liewe kind
Eina.