Ek wil My lewe aan jou gee
Lewe
Hoop
Wat, wat om te doen as jy dit nie wil glo?
As jy aanhou weier om te kom?
Liewe kind dalk weet jy nie
GEEN deur kan Ek oopdwing
As jy nie wil kom
Hoe moet Ek jou hart oopkry
As jy hom konstant toe hou?
Jy maak dit so moeilik
So bitter-moeilik
Vir jou en ja ook vir My
Liewe kind jy weet
Ek kan sien en Ek weet
Hoe bitter-baie
Jy My nodig het
Tog sal Ek myself nooit afdwing
Beleefd, hoeveel kere
Hoeveel kere staan Ek en wag
Wanneer, wanneer
Gaan jy jou hartsdeur oopmaak?
Saam met My sal NUWE LEWE volg
‘n Nuwe manier van dink
‘n Nuwe manier van loop
‘n Manier wat alleenlik
Net na die LEWE LOOP
So loof My vra Vader
Loof en prys My vir die pad
Wat Ek elke dag maak
Om verlore siele in te bring
Vir mense om die boodskap van die Koninkryk te hoor
Abba Vader ons loof en prys U grote Naam
Ons sê dankie
U is en U bly
Ons Enigste WARE HOOP!
Dankie vir Wie U is
Ons harte bly bely
U is, U is
U is voorwaar die Lewe self vir ons!