Elke probleem se antwoord

Weet jy hoeveel kere wil Ek jou help
Liewe kind
Weet jy?
Maar nooit wil jy My toelaat

Weet jy hoe graag
Wil Ek alles beter maak?
Maar jy wil My nie toelaat
Die deur hou jy altyd toe

Dis asof jy nie glo nie
Dis asof jy nie weet
Liewe kind Ek kan alles
Maar alles in jou lewe beter maak

Van jou kinders wat konstant
Op mekaar skreeu
Tot jy en jou man se huweliksprobleme
Wil en kan Ek beter maak

Liewe kind wanneer gaan jy besluit
Om My manier te probeer?
Hoekom wil jy net nie glo
Ek is die Antwoord op elke probleem?

Liewe kind, hoekom?
Hoekom wil jy nie glo nie
Van die kleinste tot die grootste
Ek is met als van jou bekend

Liewe kind
Dink jy dit is vir My maklik om te sien
Al die swaarkry
In jou hart en lewe?

Liewe kind Ek wil dit so graag beter maak
So graag
Maar Ek kan nie
Want jy weier om My waarlik in te nooi

Liewe kind Ek soek nie net
Mooi woorde
Ek soek ‘n hart wat dit wat jy sê
Rerig glo

Wanneer, o wanneer
Gaan jou hart begin glo
Dat Ek waarlik die enigste antwoord
Die Ware Oplossing vir al jou probleme is?

Liewe kind Ek wil hê
Jy moet dit glo
Ek wil hê jy moet
Dit waarlik jou eie maak

Liewe kind Ek soek nie terughou nie
Asseblief liewe kind GLO
Ek kan en wil alles in jou lewe beter maak
Wanneer, o wanneer gaan jy My die kans gun?

Wanneer liewe kind, wanneer?
Ek wag al so lank
Besef jy hoe dit voel?
Elke liewe dag sien Ek hoe dit in jou lewe gaan sonder om enige iets daaraan te kan doen

Wanneer, wanneer gaan jy begin vra?
Liewe kind ASSEBLIEF
Ek kan ALLES maar ALLES in jou lewe beter maak
Dit hang af of jy bereid is om te vra

Wanneer gaan jy begin vra liewe kind?
Ek wil jou oplossings gee
Ek wil die antwoorde stuur
Sal jy hulle aanhoor?

Sien liewe kind dit help nie net
My Raad en Woorde val op ‘n dowe oor
Dit help nie jy hoor dit
Maar is nie bereid om hulle te volg

Dit gaan nie help nie liewe kind
Dit gaan niks help nie sê Vader
My Raad moet jy kies om te begin volg
Lewe liewe kind, LEWE sal dit vir jou bring

Wanneer liewe kind
Wanneer?
Asseblief laat toe dat Ek jou aanmoedig
Asseblief laat My toe om alles vir jou beter te maak

Liewe kind
Ek kan nie oor jou wil klim nie
Maak nie saak
Hoe graag Ek wil nie

Wanneer, wanneer
Gaan jy My Raad aanvra?
Wanneer, wanneer
Gaan jy bereid wees om dit aan te hoor?

Wanneer gaan jy
In My voetspore begin volg?
Wanneer gaan jy toelaat
Dat Ek jou lewe omtoor?

Ek wil so graag liewe kind
EK WIL
Asseblief GLO DIT
En kom na My wanneer Ek vra

Sien liewe kind om in My weë te begin loop
Gaan verandering van jou vra
Is dit die probleem?
Is jy nie bereid om die minste te wees?

Sien liewe kind jy moet verstaan
Deur jou kan Ek die wêreld rondom jou draai
Jy is al wie Ek nodig het liewe kind
AL EEN

Liewe kind asseblief sal jy kom
Sal jy glo
Sal jy die minste wees
Sodat jy die meeste kan word?

Sien liewe kind dit is
Wat My Woord van julle vra
Om te dien
En nie te wag vir ander om te bedien

Ek wil hê jy moet die verandering
Word en wees
Waarna jy verlang
Ek wil hê jy moet die een wees na wie andere kan opkyk

Ek wil hê My LEWE
Moet in jou LEEF
Ek wil hê My alles
Moet aan jou behoort

Maar liewe kind dan moet jy kom
Jy moet bereid wees
Om My Raad aan te hoor
En daarvolgens te leef

Sal jy liewe kind
Sal jy?
Is jy bereid
Om die 1ste stap vir jou familie te gee?

Moenie wag dat eers jou man kom nie
Moenie wag dat eers jou vrou verandering wil ondergaan
Begin vandag vra Vader
Kom ons begin by JOU

Hou op! Asseblief hou op
Om hande en vingers na ander te wys
Is jy perfek?
Is jy foutloos?

Kom ons werk aan die imperfeksies
In jou hart en lewe
Kom ons fokus vir NOU
Net op JOU

Hou op vinger wys na ander mense
Begin vandag ‘n vinger na jouself wys
Waar het ek verkeerd gegaan Vader?
Sal U my die regte rigting wys?

Liewe kind Ek wil jou leer
Ek wil jou ‘n BAIE BETER manier wys
Ek wil hê jy moet hoor
Ek wil hê jy moet omgee

Liewe kind moenie bang wees om te verander
Liewe kind Ek belowe jou
Alle skaafwerk aan My kant
Maak jou net mooier aan die binnekant

Is dit nie ook hoe jy wil hê dit moet wees?
Liewe kind
So bring ons net die mooi in jou
Na voor

Liewe kind My manier is altyd beter sê Vader
Altyd
My begeerte vir jou om te kom
Is soveel groter as wat jy kan dink

Kom, kom vra Vader
Kom leef vir My
Los die dinge wat jy in die donker doen
Kom gee dit als vir My

Sien liewe kind
Die goed hou aan om ons twee te skei
Kom vra Vader
Kom

Wanneer gaan jy hoor
Of is jy bereid om nog so aan te karring?
Liewe kind julle moet besef niks gaan verander
Als gaan so bly as julle nie bereid is om daaraan te werk

Liewe kind kom, kom nou!
Hoor wat Ek vir jou sê
As julle die werke van die vyand nie nou breek nie
Gaan dit net erger raak

Is dit wat jy wil hê
Vra Vader
Dat jou hart en lewe
In nog 10-duisend meer stukkies moet breek?

Liewe kind
Ek wil hê jy moet weet
Dit is nie My hart vir jou nie
Ek wil baie beter vir jou hê

Wat om te maak
As jy dit nie glo nie
Wat om te maak
As jy dit nie jou eie maak

Liewe kind julle gaan so aanhou
Totdat alles om julle breek
Hoekom wag julle altyd eers dat die hele huis inmekaar tuimel
Voordat julle bereid is om My waarlik in te nooi?

Liewe kind dalk besef julle nie
Jare voor dit het Ek alreeds aan jou deur kom klop
Toe maak julle vir die vyand oop
En kry hy toe sy voet in die deur

Moenie dink hy gaan nie
Elke stukkie opening wat jy hom gee gebruik nie
Hy gaan sê Vader
Natuurlik gaan hy

Daarom, daarom liewe kind vra Ek
Vir jou en jou huis se welvaart
Wanneer gaan jy My toelaat in jou lewe
En My vra om alles beter te maak?

Want Ek wil sê Vader
Ek wil so graag
Maar dan moet jy kom
En jy moet GLO

Jy moet GLO Ek is
Jy moet GLO Ek wil
Jy moet GLO Ek is naby jou
Jy moet GLO – waarlik glo – dat Ek die Enigste Antwoord is

Ai dit breek My hart so
Om te sien hoe julle sukkel
En te weet – soos wat Ek weet – Ek is DIE ANTWOORD
Maar julle, julle weier om dit te GLO

So Ek vra weer liewe kind
Wanneer, wanneer gaan jy vra?
Dit is die vraag
Die toekoms van jou gesin hang alles af van hierdie antwoord

Jy sê Ek is die Antwoord
Tog wil jy nie kom
Hoekom, hoekom is dit so?
Asseblief, asseblief kom en onthou om alles oor te gee.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment