Julle gooi My weg sê Vader
Julle gooi My weg
As mense na julle kyk
Sou hulle ooit kon sien Ek is jul God?
Liewe kinders dis tyd dat
Die woorde wat uit jul mond kom
Die dinge wat julle doen
Dat dit My rerig bely
Liewe kinders Ek wil hê
Dat die wêreld moet kan sien Ek is jul God
Hulle moet kan sien
Ek is die Een wat jy bely
Liewe kinders daar is nie meer tyd
Vir lou lewens leef
Liewe kinders dis hulle wat agterbly
Het jy geweet?
Liewe kind dis hoekom Ek hier sit
My hart met jou deel
Liewe kind daar is g’n tyd meer
Om van dit – die ewigheid – ‘n speletjie te maak
Liewe kind asseblief kom, asseblief
Jy kan nie aanhou om soos die wêreld te praat
Maar jouself nogsteeds
‘n Kind van God noem
Liewe kind jou mond kan nie aanhou
Om alles wat braak is voort te bring
Maar nogsteeds dan en wan sê
‘U is my God’
Liewe kind Ek soek ‘n hart wat oorgee
Totale oorgawe
Ek soek kinders wat bereid is
Om in alles soos Jesus te leef
Wat help dit jy sê jy is ‘n Christen
Maar jy lieg en bedrieg mense om elke hoek en draai
Kyk altyd waar jy mense kan indoen
Vir daai ekstra winsie?
Dis asof julle glad en geheel
Nie geloof het
Dat Ek in totale beheer is
En dat Ek van alles weet?
Liewe kind hoe lank gaan jy aanhou
Om dit te doen
Waarvan jy dink niemand
‘n Enkele ding weet?
Daardie pornografiese foto op jou foon
Daardie woorde wat jy dink niemand hoor
Dalk vergeet jy liewe kind in die gees is alles oop en bloot
Daar is nie ‘n enkele ding waarvan Ek nie weet
Ek wil hê jy moet kom
In sak en as en met groot berou bely
Ek het gedink ek weet beter
Tog het ek vergeet U is die Skepper-God
Vir hoe lank vra Vader
Vir hoe lank gaan julle Christene aanhou bely Ek is jul God
Maar nogsteeds elke liewe dag alles doen
Wat die duiwel en die wêreld bly maak?
Liewe kind dis tyd dat jy slegs woorde begin praat
Wat jy weet Jesus sou praat
Sou Hy elke dag vuil vloekwoorde uiter?
Sou Hy mense agter hulle rug beskinder?
Nou hoekom liewe kind, hoekom doen jy dit?
Dit is vrugte van jou gebroke hart
Stukkend is jy binne
Maar jy weier om dit te glo of iets daaraan te doen
Elke dag sê jy ‘Dit is my lewe’
‘Ek kan doen net wat ek wil’
Liewe kind dis waar, moet asseblief net nie vergeet
Die einde van die pad wat jy kies om te leef is Ewige Dood
Vir hoe lank gaan jy aanhou glo dat Ek nie beter weet as jy?
Vir hoe lank liewe kind?
Ek wil hê jy moet weet
Die duiwel het jou so verblind
Jy sou die waarheid nie herken
Selfs al kom klop dit aan jou deur
Is dit hoe jy wil hê dit moet bly liewe kind?
Is dit hoe jy wil hê dit moet wees?
Dis tyd dat julle gedagtes, woorde en dade My vereer
Julle kan nie liewe kind, hoor My Woorde
Julle kan nie sê julle is My kinders
Maar aanhou om soos die wêreld te leef
Die dag wat jy jou hart vir My gegee het
Was ‘n dag van groot verandering
Ek het alles in jou kom nuut maak
Jou sonde is vergeef
Hoekom, hoekom gaan jy dan weer terug
Hou aan om soos ‘n sondaar te leef?
Nee liewe kind daai dag was veronderstel
Om die 1ste dag van ‘n lewe van verandering te wees
Liewe kind jou gedagtes moet vernuwe word
Jy moet soos Ek begin dink oor dinge
Soos ‘n kind van God begin leef
Dit begin deur jy wat jou Bybel lees
Het jy geweet die bybel leer jou van dinge
Wat hierdie wêreld nie weet?
Het jy geweet jou bybel breek die kettings om jou hart
Dit neem weg die sluier voor jou oë
Dit is hoekom liewe kind, dit is hoekom jy moet bybel-lees
Dis omdat die Woord en My Gees
Die leuens in jou lewe konfronteer
En die autoriteit daarvan gevange neem
Liewe kind dis hoekom jy moet bybel-lees
Dit is waar jy meer van My en My manier leer
Jy kan nie deur hierdie wêreld gaan, sê jy is My kind
Maar nooit My Woord oopmaak?
Het jy geweet die Bybel is gegee
Vir jou om waardevolle waarhede te leer
Vir jou om te weet watter slaggate om te vermy
Om jou die pad na die Ewige Lewe aan te dui
Het jy geweet dis vir jou voordeel dat jy kom?
Het jy geweet Ek het dit vir jou gedoen?
So baie kere dat julle leef en dink julle bewys My ‘n groot guns
Ai liewe kind wanneer gaan jy sien Ek het gekom om jou te red?
Daarom liewe kind vra Ek
Hou op om My weg te gooi
Hou op daarmee, julle neem My aan as Verlosser
Maar gee dan nie om, om soos My kind te leef
Mense moet kan sien jy is My kind
Deur die woorde wat jy elke dag sê
Deur jou skoon en rein dade
Die jou liefde vir My wat brand in jou hart
Hoe lyk die liefde
Wat jy in jou hart vir My voel?
Brand dit maar flou
Of is die vlamme baie hoog?
Dit is heel moontlik die probleem
Jy is nie lief genoeg vir My
Jy is liewer vir die wêreld
En sy dinge wat jou omring
Word liewer vir My vra Vader
Word liewer vir My
Dink en bereken die prys
Van My Seun aan Golgota
Dink daaroor liewe kind
Ons het dit gedoen
Sodat Ons en jy
Hier en nou verhouding kan bou
My Seun se bloed het jou skoon gewas
Vir jou dade en woorde om dieselfde pad te loop
Julle moet smag om die lewe soos Ek aan te pak
Ek het julle beloof alles wat julle nodig het
My Ewige Woord
Die Heilige Gees
Konneksie met My elke dag
Liewe kind hoe kan jy dit aanhou weg-wys?
Die tyd is nou vra Vader
Die tyd is nou
Vir jou om te kom
Sodat ons die spasie tussen ons kan oorbrug
Ware Lewe
Ware Vreugde
Ware Hoop
Sal jy alles in My vind
Hou op om My hand weg te wys
Hou op om met My genade te speel
Asseblief liewe kind
Dit hoort nie so
Die vrede in My hart
Wil Ek so graag met jou deel
Wanneer, wanneer
Gaan jy plek daarvoor maak?